AfriForum-strukture op bystand in die Wes-Kaap


Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor die dreigende storm aan die Wes-Kaapse kus wat volgens die weerburo beloof om die ergste in 30 jaar te wees.

“AfriForum-takke en -buurtwagte in die Wes-Kaap is reeds op bystand om hulp aan die owerhede te verleen waar nodig,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

Die publiek kan die Kaapstadse rampbestuursentrum by 080 911 4357 skakel of ’n plaaslike munisipaliteit se noodbeheerkamer. Lede van die publiek word aangeraai om plaaslike noodnommers op hul selfone te stoor.

“Mense moet sover moontlik binnenshuis en van die paaie af bly,” sluit Van Dalen af.

Soortgelyke plasings