AFRIFORUM-SUKSESSE: JANUARIE 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

  • AfriForum het ’n kostebevel teen die Tshwane-metro in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria verkry rakende onwettige tariefheffings. Dié kostebevel het gevolg nadat AfriForum die hooggeregshof in 2019 genader het oor elektrisiteitstariefheffings wat geïmplementeer is sonder die nodige goedkeuring van Nersa.
  • AfriForum het ’n opvolgskrywe aan Nersa gerig rakende die versuim van die Tshwane-metro om terugbetalings aan koopkragverbruikers te maak nadat die kostebevel toegestaan is.

Bronkhorstspruit

  • Die tak het in Desembermaand in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakaksie geloods om die dorp op te knap.

Oos-Moot

  • Die buurtwag, inwoners van Waverley en Moot Crime Stop Security het ’n misdadiger vasgetrek.

 Moot

  • Die tak het sy eerste volhoubare noodwaterpuntprojek amptelik by die Laerskool Pierneef in Pretoria bekend gemaak.

 

WES-RAND EN OOS-RAND

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag is ontbied om ondersoek na ’n moontlike huisbraak in te stel. Die buurtwag het ’n verdagte naby Koos de la Reystraat opgespoor en in hegtenis geneem.

Roodepoort

  • Die buurtwag het sy eerste maandelikse misdaadvoorkoming-en-massapatrollie gehou. Vier soek-en-reddingspanne, vier SAPD-voertuie, drie mediese uitroepeenhede en twintig sekuriteitsmaatskappye het ook aan die patrollie deelgeneem.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, TTR24 en die Valke se mensehandel-afdeling kragte saamgespan om ’n vermiste persoon op te spoor.

Kempton Park

  • Die tak het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye ’n vermiste meisie opgespoor en haar veilig aan haar ouers terugbesorg.
  • Die tak het bystand verleen tydens vyf gewapende rooftogte.
  • Die tak het ondersteuning gebied op drie ongelukstonele.
  • Die tak het hulp verleen tydens ’n huisbrand.
  • Die tak het bystand gebied tydens vier arrestasies.
  • Die tak het ondersteuning gebied tydens twee aanrandingsvoorvalle.
  • Die tak het hulp verleen tydens ’n huisbraak.
  • Die tak het bystand gebied tydens die beslaglegging op 100 onwettige vuurwerke.
  • Die tak het ’n gekaapte voertuig in Tembisa opgespoor.
  • Die tak het ondersteuning gebied aan ’n slagoffer van ’n gewapende rooftog deur berading te gee.
  • Die tak het hulp verleen ná ’n plaasaanval in Pietersburg deur AfriForum se nasionale beheerkamer te kontak.
  • Die tak het bystand gebied tydens ’n tref-en-trap-voorval.
  • Die tak se jeugvleuel het hulp verleen tydens die redding van ’n valkie en ’n swaeltjie.
  • Die tak het ondersteuning gebied tydens die herstel van kragtoevoer na ’n kompleks in Edleen.

Germiston

  • Die tak het verskeie waterlekke en straatligte in die dorp herstel.

Benoni

  • Die tak het bystand gebied na afloop van ’n motorongeluk.

 

MPUMALANGA

  • AfriForum se distrikskoördineerders vir die Laeveld en Hoëveld het bystand verleen tydens ’n operasie in Standerton waartydens veediewe vasgetrek is.

Witrivier

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.
  • Die buurtwag het gekaapte Brasiliaanse toeriste bygestaan nadat hulle deel geword het van die land se misdaadstatistiek.

 Nelspruit

  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.
  • Die tak het twee parke skoongemaak. Die aksie is saam met WeCare4Nelspruit aangepak en vind maandeliks plaas.

 Bethal

  • Die tak het ’n volhoubare slaggatprojek in Wicht- en Van der Stelstraat voortgesit.
  • Die tak se waterpunt is opgegradeer om die kapasiteit daarvan te verhoog. Die watertenks kan dus gebruik word om die watertekort in die gemeenskap te help verlig.
  • Die tak diens steeds weekliks 30 asblikke in die dorp se sentrale sakekern.
  • Die tak het gedurende Desember en Januarie twee keer die Bethal-polisiestasie se gras gesny om sodoende die stasie netjies te help hou.
  • Die tak het die gras langs Scheepersstraat (N17) skoongesny.
  • Die tak het die gras by die Nestlé-brug gesny.
  • Die tak het die driehoek by die Nestlé-brug netjies gemaak.
  • Die tak het die gras gesny op die hoek van Buffelstraat en Davelweg.
  • Die tak het meer as 30 straatnaamblokke herstel en oorgeverf. Al die strate in Bethal wat na boksoorte vernoem is se naamblokke is oorgedoen. Dié projek word as volhoubaar beskou.
  • Die tak het ook met die Bethal Business and Property Association vergader om beplanning vir die komende jaar agtermekaar te kry.

 Lydenburg

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.
  • Die buurtwag se protospan het opleiding rondom wapenhantering ontvang.

 Machadodorp

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

 Middelburg

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

Secunda

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n kamer by die Davieshof-ouetehuis oorgeverf.
  • Die tak het gehelp om ’n slaggatprojek suksesvol saam met ander organisasies af te handel.

Standerton

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak se jeugvleuel het die gebied rondom die Voetsporemonument skoongemaak.
  • Die buurtwag het in samewerking met lede van Bethal se STIC (Stock Theft Information Centre)-tak veediewe vasgetrek.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

Witbank

  • Die tak het ’n projek voltooi waartydens slaggate opgevul is, terwyl padtekens ook oorgeverf en ontbrekende padtekens vervang is.

Delmas

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

 

LIMPOPO

Thabazimbi

  • Die Matlabas-plaaswag het drie gesteelde voertuie suksesvol opgespoor.

 Ellisras

  • Die tak het bystand gebied tydens ’n brand by die Tswana Lodge.

 Phalaborwa

  • Die tak het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd; dit het tot gevolg gehad dat nie een insident tydens dié tydperk aangemeld is nie.

 

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Sowel die buurtwag as die plaaswag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

 Delareyville

  • Die tak het die plaaslike park skoongemaak.
  • Die tak het gereeld vullis in die dorp verwyder.

Vryburg

  • Die tak het sy volhoubare slaggatprojek voortgesit.
  • Die tak het vullis en rommel in die dorp verwyder.
  • Die buurtwag en die tak het met Stella se polisiemag vergader om misdaad en huisinbrake stop te sit.

 Christiana

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou in samewerking met die plaaslike polisiemag.

 Hertzogville

  • Die tak het gehelp bou aan die ouetehuis se braai-en-ontspanningsarea.

 

MOOIRIVIER

Sasolburg

  • Die tak het verskeie groenstroke se gras gesny.
  • Die buurtwag ry gereeld patrollie en het ook ekstra patrollies tydens die feesseisoen gery waartydens ’n arrestasie vir poging tot inbraak gemaak is.

Parys

  • Die tak het teer aan die munisipaliteit geskenk om slaggate op te vul.

Potchefstroom

  • Die tak is besig om ’n verslag oor die rioolkrisis saam te stel.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

Stilfontein

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.
  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger plaas konstant druk op die munisipaliteit om probleemareas in die dorp aan te pak.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

Klerksdorp

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies in Klerksdorp, Ellaton en Hartbeesfontein gehandhaaf tydens die afgelope feestyd.

 

VRYSTAAT

 BLOEMFONTEIN

Wilgehof

  • Mia Dromme was verantwoordelik vir vullisverwydering.

Heuwilsig/Rayton

  • Mia Dromme was verantwoordelik vir vullisverwydering.

 

HOOGLAND

Winburg

  • Die tak het dringende skrywes aan die munisipaliteit gerig – sonder enige terugvoer – na aanleiding van die kragprobleme in Desember 2019 wat omtrent die helfte van die dorp se inwoners sonder elektrisiteit gelaat het. Die tak het ingespring en die kragkabel begin opgrawe om die fout op te spoor. Nadat die fout opgespoor en ’n las ingevoeg is om die kabel reg te maak, is die kragtoevoer na die dorp gevolglik herstel.

 

KWAZULU-NATAL

Vryheid

  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om die probleme rakende die vullisterrein aan te pak.
  • Die tak het ’n PAIA-aansoek teen die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit ingedien om ’n afskrif te bekom van die vullisterreinkontrakteur se kontrak.
  • Die tak het opknappingswerk aan die Wesstraat-brug gedoen.
  • Die tak het verskeie veiligheidsaksies verrig om hul gemeenskap te beveilig.

Pongola

  • Die tak se jeugvleuel het geskenkpakkies aan die aftreeoord oorhandig.
  • Die tak het onkruid in die begraafplaas met onkruiddoder gespuit.
  • Die tak het druk op die distriksmunisipaliteit uitgeoefen om lekkasies reg te maak.
  • Die tak het die plaaslike munisipaliteit op terme geplaas om herstelwerk by die toetsgronde te doen.
  • Die tak se volgehoue druk op die munisipaliteit het tot die herstel van die vullisterrein se heining gelei.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas om slaggate op te vul.

Paulpietersburg

  • Die buurtwag het verskeie proaktiewe patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.

Hluhluwe

  • Die buurtwag het verskeie operasies in samewerking met die polisie gehou waartydens ’n hele paar arrestasies gemaak is en heelwat gesteelde goedere teruggevind is.

Utrecht

  • Die tak het korrupte bedrywighede deur die munisipaliteit by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen om watertoevoer na die dorp te herstel.

 

 

Soortgelyke plasings