AFRIFORUM-SUKSESSE: JUNIE 2020

NOORDWES

 STELLALAND

Biesiesvlei

  • AfriForum se Biesiesvlei-buurtwag het verhoogde sigbaarheid deur middel van patrollies gehandhaaf in samewerking met die plaaslike polisie.

 Delareyville

AfriForum se Delareyville-buurtwag het verhoogde sigbaarheid deur middel van patrollies gehandhaaf in samewerking met die plaaslike polisie.

  • Die tak het ’n brief aan Eskom en die munisipaliteit gestuur om te verhoed dat die kragtoevoer onderbreek word. Eskom het die tak in kennis gestel dat hulle gaan nie die krag afsit nie.

Vryburg

  • AfriForum se Vryburg-buurtwag het verhoogde sigbaarheid deur middel van patrollies gehandhaaf in samewerking met die plaaslike polisie.
  • Die tak het voortgegaan met die suksesvolle slaggatprojek.
  • Die tak het ’n vergadering met die munisipale bestuurder gehou om ’n goeie werksverhouding te

 Christiana

  • AfriForum se Christiana-buurtwag het verhoogde sigbaarheid deur middel van patrollies gehandhaaf in samewerking met die plaaslike polisie.
  • Die tak het 100 kg wildsvleis verpak en aan minderbevoorregte gesinne

 Hertzogville

 Die AfriForum-tak in Hertzogville het kospakkies aan minderbevoorregte gesinne geskenk.

  • Die tak het ook die plaaslike begraafplaas skoongemaak.

 Schweizer-Reneke

  • AfriForum se Schweizer-Reneke-buurtwag het verhoogde sigbaarheid deur middel van patrollies gehandhaaf in samewerking met die plaaslike polisie.

 Bloemhof

  • Bloemhof se AfriForum-tak het handreiniger aan die ouetehuis, hospitaal en polisiestasie geskenk.
  • Die tak het voedsel aan 30 gesinne geskenk as deel van hulle volhoubare voedselprojek in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie.
  • Die tak het ook ’n brandblusser aangekoop.

 KWAZULU-NATAL

 Newcastle

  •  AfriForum se Newcastle-tak het voedsel aan verskeie gesinne versprei om voedselnood te verlig.
  • Die tak het verdere druk op die
  • munisipaliteit geplaas om eiendomsbelasting te verlaag.
  • Die tak het ook skolehulppakkette oorhandig om COVID-19-risiko’s te verminder.

Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het voedsel in samewerking met ander organisasies
  • Die tak het ’n skrywe gerig aan die Emadlangeni Munisipaliteit oor die onwettige GOP-proses.

Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het skolehulppakkette oorhandig om COVID-19-risiko’s te verminder.
  • Die tak het druk op die Abaqulusi Munisipaliteit geplaas om rioolstorting te keer.

Paulpietersburg

  •  AfriForum se Paulpietersburg-tak is saam met ander organisasies by voedselnoodverligting betrokke.
  • Die tak het proaktiewe patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ook skolehulppakkette oorhandig om COVID-19-risiko’s te verminder.

Pongola

  • AfriForum se Pongola
  • -tak het die Pongola-begraafplaas opgeruim.
  • Die tak het verskeie areas se vullis opgeruim en verwyder.
  • Die tak het maskers uitgedeel aan lede van hul
  • Die tak het hul munisipaliteit op terme geplaas oor
  • Die tak het druk op munisipaliteit geplaas om rioolstorting te keer.

Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het verskeie skole en kerke met ’n meganiese sproeier
  • Die tak het skolehulppakkette oorhandig om COVID-19-risiko’s te verminder.

Margate  

  • AfriForum se Margate-tak het saam ander organisasies voedsel aan verskeie gesinne

Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het aan twee skole handreiniger en skolehulppakkette verskaf.
  • Die buurtwag het verskeie operasies in samewerking met SAPD afgehandel, waartydens onwettige sigarette en twee gesteelde voertuie teruggevind is. Ses veediewe is ook in hegtenis geneem.

 MOOIRIVIER

 Bothaville

  • Die AfriForum-tak in Bothaville het COVID-19-skolepakkette aan ses Afrikaanse skole in die omgewing geskenk.

 Heilbron

  • Die AfriForum-tak in Heilbron het COVID-19-skolepakkette aan die plaaslike hoër- en laerskool geskenk.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor die gebrek aan brandweertoerusting.

 Parys

  • Die AfriForum-tak in Parys het groente en vrugte aan verskeie ouetehuise in die dorp verskaf.
  • Die tak het water versprei waar daar nood was.
  • Die tak was betrokke by die blus van drie brande.

Klerksdorp

  • Die AfriForum-tak in Klerksdorp het handreiniger en gesigmaskers aan instansies versprei wat behoefte het.
  • Die tak het COVID-19-skolepakkette aan skole in die gemeenskap uitgedeel.
  • Die tik rig skrywes aan Eskom en die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit oor die kragtoevoer wat afgesit word weens

 Hartbeesfontein

  • Die buurtwag in Hartbeesfontein verskaf sowel drinkwater as water vir toilette aan inwoners tydens herstelwerk aan die hoofwatertoevoer na Hartbeesfontein.

 Potchefstroom

  • Die AfriForum-tak in Potchefstroom het gesinne met kospakkies ondersteun totdat Helpende Hand kan oorneem.
  • Die tak het COVID-19-skolepakkette aan verskeie skole in die dorp geskenk.
  • Die tak het slaggate herstel.

 Stilfontein

  • Die AfriForum-tak in Stilfontein se plaaslike regeringsverteenwoordiger het volgehoue druk op die munisipaliteit geplaas om foute te herstel.
  • Die tak het kospakkies aan gesinne in nood versprei.
  • Die tak het COVID-19-skolepakkette aan verskeie skole in Stilfontein en Orkney versprei.

 Orkney

  • Die AfriForum-buurtwag in Orkney het gehelp om ongeveer 60 kospakkies per week te versprei.

Ventersburg

  • Die AfriForum-tak in Ventersdorp het COVID-19-skolepakkette aan twee skole in die dorp versprei.
  • Die buurtwag het ondersteuning en beveiliging tydens onluste gebied.
  • Die tak vorm deel van ‘n organisasie wat voedsel versprei aan mense in Ventersdorp en omgewing wat in nood verkeer.

 Wolmaransstad

  • Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het ’n COVID-19-skolepakket aan ’n Afrikaanse skool in die dorp geskenk.

 Sasolburg

  • Die AfriForum-tak in Sasolburg het doeke verskaf aan ’n gesin in nood.
  • Die tak het handreiniger aan ’n naskoolsentrum geskenk.
  • Die tak het COVID-19-skolepakkette aan skole in die gemeenskap uitgedeel.
  • Die tak het ’n suksesvolle skoonmaakaksie in Vaalpark geloods.
  • Die tak verskaf steeds voedsel aan mense in nood saam met Helpende Hand.

 Rustenburg

Algemeen

  • Die volgende takke het deelgeneem aan die nasionale versetpatrollie: Rustenburg, Coligny, Zeerust, Brits en Mooinooi.
  • Die buurt- en plaaswagte in Rustenburg, Brits, Hartbeespoort, Mooinooi, Zeerust, Koster en Coligny is weer aktief en ry gereeld patrollie.

 VRYSTAAT

 Bloemfontein

  •  Die Bloemfontein-takke het COVID-19-skolepakkette versprei.
  • Die takke het ook 650 sakkies lemoene aan honger gesinne versprei.

Hoogland-distrik

 AfriForum se Welkom-tak het ’n waterlek herstel al vir langer ’n maand deur die munisipaliteit oopgelos is.

TAKSUKSESSE: JUNIE 2020 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

 Hopetown

  • Die tak het ’n skolehulppakket aan die Hoërskool Hopetown geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.

Kamiesberg

  • Nadat die tak vier jaar lank aanhoudende druk op die munisipaliteit geplaas het, is Kamieskroon se varswaterprobleem uiteindelik opgelos.
  • Die tak het ’n skolehulppakket aan die Laerskool Kamieskroon geskenk om te verseker dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.

Kathu

  • Die tak het toetse op die dorp se varswater laat doen, waarna die uitslae bevestig het dat die water geskik is vir menslike gebruik.
  • Die buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

 Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.
  • Die tak het vier kospakkies aan behoeftige gesinne uitgedeel.

 Kimberley

  • Die tak het skolehulppakkette aan sewe plaaslike skole geskenk.
  • Die Modderrivier-plaaswag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

 Kuruman

  • Die tak het skolehulppakkette aan vier plaaslike skole geskenk.
  • Die buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.
  • Die tak het begin om die middedorp te ontsmet. Dit is drie keer per week vir drie weke lank gedoen.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n veldbrand te blus.

Orania

  • Die tak het skolehulppakkette aan twee plaaslike skole geskenk.
  • Die buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Prieska

  • Die tak het ’n skolehulppakket aan die Hoërskool Prieska geskenk.
  • Die tak het met die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die belastingtariewe.

Springbok

  • Die tak het skolehulppakkette aan drie plaaslike skole geskenk om te verseker dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die tak het kospakkies aan behoeftige gesinne in Concordia uitgedeel.

Strydenburg

  • Die buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Upington

  • Die tak het skolehulppakkette aan twee plaaslike laerskole geskenk om te verseker dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die tak het lekkernye by die Jogebed-kinderhuis uitgedeel.
  • Die tak het handreiniger aan AfriForum se Keimoes-buurtwag geskenk.
  • Die tak het hand bygesit tydens die openingsdag van Solidariteit Helpende Hand se plaaslike Ons Winkel deur goedere te verskaf.
  • Die tak het 50 kg aartappels aan die Oranjehof-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het kospakkies aan behoeftige gesinne geskenk.

 Vaalharts

  • Die buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

 Williston

  • Die tak het ’n skolehulppakket aan die Williston Junior Kollege geskenk.

 OOS-KAAP

 Aliwal-Noord

  • Die tak het skolehulppakkette aan Holy Cross Primary en Flamingo Primêrgeskenk om te verseker dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.

 Elliot

  • Die tak het waterpype laat herstel deur volgehoue druk op die munisipaliteit uit te oefen.
  • Die tak het lig op munisipale probleme gewerp deur aan ’n onderhoud op YouTube deel te neem.

 Gamtoosvallei

  • Die Patensie- en Kirkwood-buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die tak het skolehulppakkette aan plaaslike skole geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die tak het gewerskaf met die aflewering en verspreiding van voedsel en só die reuse- logistieke uitdaging om hulpbehoewende mense te bereik, suksesvol aangepak.

WES-KAAP

 George

  • Die tak het skolehulppakkette aan plaaslike skole geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die Geelhoutboom-plaaswag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Helderbergkom

  • Die tak het skolehulppakkette aan vier skole in die omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaamvir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

 Hessekwa

  • Die tak het skolehulppakkette aan plaaslike skole geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

 Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 12 hulppakkette aan skole in die gebied versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.
  • AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief voortgesit waartydens verskeie ouetehuise in Kuilsrivier nartjies ontvang het.
  • AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief voortgesit waartydens verskeie ouetehuise in Brackenfell nartjies ontvang het.

Kaap Agulhas

  • Die tak het sy eerste projek met groot sukses afgehandel deur deel te neem aan die immuunstelsel-inisiatief wat AfriForum regoor die Wes-Kaap geloods het. Nartjies is aan verskeie tehuise, aftreeoorde en organisasies wat na bejaardes omsien gelewer om te help met die bewusmaking van vitamien C se rol in die geveg teen die COVID-19-pandemie.
  • Die tak het skolehulppakkette aan plaaslike skole geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.

Mosselbaai         

  • Die tak het skolehulppakkette aan plaaslike skole geskenk om seker te maak dat leerders veilig kon terugkeer skool toe.
  • Die Herbertsdale-plaaswag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand voortgegaan met die insameling en verspreiding van kos aan diegene wat hulp verlang.

Overstrand

  • Die tak het skolehulppakkette aan twee skole in die omgewing voorsien as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.
  • Die tak het ’n boekoorhandiging gehou waartydens ’n afskeidsgeskenk aan Greg Hassenkamp, die Hoërskool Hermanus se hoof, oorhandig
  • Die Alfa-buurtwag het die SAPD in Hermanus gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind en vyf verdagtes vas te trek nadat ’n lid van dié buurtwag wat patrollie gery het, ’n verdagte Isuzu-bakkie gewaar het.
  • Die Alfa-buurtwag het in samewerking met ander buurtwagte en organisasies ’n rol gespeel in die opsporing van ’n vermiste minderjarige.
  • Die Alfa- en Fisherhaven-buurtwag het weer begin patrolleer en het ook aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die tak het ’n dringende opvolgskrywe aan Anton Bredell, die Wes-Kaapse Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, gerig nadat daar met kommer kennis geneem is van die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit se voorneme om ’n gedeelte van die Papegaaiberg Natuurreservaat af te sny, te hersoneer en te skenk aan diegene wat tans besig is om die grond onwettig te beset.

Vredendal

  • AfriForum se Matzikama-plaaswagte het aan die organisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan vyf skole in die Matzikama-distrik geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaamvir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Worcester

  • Die tak het skolehulppakkette aan vier skole in die omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaamvir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

TAKSUKSESSE: JUNIE 2020 – NOORDSTREEK

 GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.
  • AfriForum se buurtwagte het landwyd nasionale patrollie gehou.
  • Die Groter Pretoria-takke het 58 skolehulppakkette aan skole in die distrik oorhandig.

 Bronkhorstspruit

  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het bystand aan behoeftige mense gebied deur kospakkies uit te deel.
  • Die tak het 80 komberse aan behoeftige mense geskenk.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens die blus van twee veldbrande.
  • Die buurtwag het bystand aan winkeleienaars en die publiek gebied tydens ’n protesaksie.
  • Die buurtwag het hulp verleen op ’n ongelukstoneel deur die verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het grondeienaars bygestaan tydens grondgrype.

 Moot

  • Die tak het hulppakkette aan talle skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Oos-Moot

  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het ’n verdagte wat onder die invloed van alkohol was gearresteer nadat dié persoon ’n patrolleerder naby die spruit aangeval het.
  • Die tak het die brandweer bygestaan tydens die blus van ’n brand in die Colbyn-vleiland.
  • Die tak het die brandweer gehelp om ’n brand by ’n privaat woning in East Lynne te blus.
  • Die buurtwag het sekuriteitsmaatskappye bygestaan met die agtervolging van gewapende rowers.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n inligtingsgedrewe operasie geloods wat daartoe gelei het dat die SAPD op ’n stroop-en-verspreidingsnetwerk met betrekking tot koperkabels kon toeslaan.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand gehelp om voedsel na sy Josef Silo’s te versprei.
  • Die buurtwag het kapers van ’n RAM-afleweringsvoertuig agtervolg.
  • Die tak het tydens die inperking ’n funksie bekend as AfriForum-Bot op die Telegram-toep ontwikkel wat gemeenskapslede in staat stel om misdaad, munisipale probleme en vele meer aan te meld.

 

Wes-Moot

  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het kospakkies ter waarde van R7 000 aan behoeftige mense uitgedeel.

Rayton-Cullinan

  • Die tak het hulppakkette aan talle skole in die omgewing oorhandig.

Roodeplaat

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Pretoria-Wes

  • Die tak het hulppakkette aan talle skole in die omgewing oorhandig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie

Pionier

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n verdagte tydens ’n huisbraak gearresteer.
  • Die buurtwag het ’n verdagte wat besig was om tuinligte te steel, in hegtenis geneem.
  • Die tak het in samewerking met die SAPD ’n operasie uitgevoer en hul hommeltuig gebruik vir verkenningsdoeleindes.

Apiesrivier

  • Die buurtwagte het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Hennopsriviervallei

  • Die buurtwagte het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

WES-RAND

Algemeen

  • AfriForum se plaaslike takke aan die Wes-Rand en in die Vaaldriehoek het meer as 2,5 ton voedsel aan 1 806 behoeftige gesinne uitgedeel.
  • AfriForum se Wes-Rand-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem.
  • Die AfriForum-takke in die Vaaldriehoek het 19 skolehulppakkette aan talle skole in die omgewing oorhandig as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek.
  • AfriForum se Wes-Rand-takke het 36 skolehulppakkette aan verskeie skole in die gebied oorhandig as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek.

Westonaria

  •  Die tak het ’n lekkende waterpyp herstel.

Randfontein

  •  Die Groen Skerpioene se saak teen die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit is in die Randfontein-landdroshof na 15 Julie 2020 uitgestel, terwyl ’n terreininspeksie op 6 Julie 2020 gehou is. Die tak het reeds in 2016 ’n strafregtelike klagte teen die munisipaliteit ingedien vir die wanbestuur van rioolaanlegte wat tot grootskaalse rioolstorting gelei het.
  • Die tak het ses mangate met betonblokke bedek nadat verskeie mangatdeksels gesteel is.

Roodepoort

  •  Die buurtwag het behoorlik skoonskip gemaak onder misdaad in die gemeenskap.

Krugersdorp

  •  Die buurtwag het ’n plaaspatrollie van stapel gestuur om sigbaarheid in landelike gebiede te verhoog.

Vanderbijlpark

  •  Die tak het reeds meer as 665 voedselpakkies en voedsel ter waarde van R365 750 aan behoeftige mense in die gemeenskap uitgedeel.

 OOS-RAND

 Alberton

  • Die tak het gereorganiseer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het drie skolehulppakkette aan skole in die omgewing oorhandig.

Benoni

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het weekliks ’n kinderhuis met 24 kinders ondersteun.
  • Die tak het kospakkies aan 200 behoeftige gesinslede geskenk.
  • Die buurtwag het ’n opruimingsaksie in die BAH-gebied gehou en onwettige advertensieborde verwyder.
  • Die tak het ’n skolehulppakket aan ’n skool in die omgewing oorhandig.

Boksburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens ’n huisbraak.
  • Die buurtwag het mediese hulp verleen aan ’n persoon wat aan epilepsie ly.
  • Die buurtwag het gehelp met die opspoor van ’n vermiste persoon in Pomona.
  • Die tak het skolehulppakkette aan vyf skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het die SAPD na ’n toneel ontbied nadat verdagtes wat by ’n huisroof betrokke was hulself as SAPD-lede voorgedoen het.
  • Die buurtwag het bystand verleen met die opspoor van ’n verdagte voertuig wat by ’n sakeroof betrokke was.

Brakpan

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan vyf skole in die omgewing oorhandig.
  • Die buurtwag het ’n misdaadtoneel in Anzac beveilig.
  • Die tak het ’n tuiste aan verskeie behoeftige mense gebied danksy hulle Fakkel-herbergprojek.
  • Die tak het met herstelwerk by Tweedy Park gehelp.

Edenvale

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Germiston

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het weekliks 50 pakkies groente aan behoeftige gemeenskapslede uitgedeel.
  • Die tak het skolehulppakkette aan twee skole in die gebied oorhandig.

Kempton Park

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het bystand verleen aan ’n dame wat probeer selfmoord pleeg het. Mediese dienste is na die toneel ontbied, asook ’n berader vir geestelike bystand.
  • Die buurtwag het hulp gebied op ’n toneel waar ’n dame beswyk het ná ’n asma-aanval.
  • Die buurtwag het bystand verleen nadat ’n gesteelde voertuig as vermis aangegee is.
  • Die buurtwag het ’n boodskap ontvang oor ’n verdagte wat met ’n vuurwapen in die straat opgemerk is. Die buurtwag, protospan, verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en die EMPD het gereageer en ’n verdagte gearresteer vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n toneel waar twee persone geskiet is. Een persoon is in die kop geskiet en op die toneel dood verklaar.
  • Die tak se voorsitter en jeugleier het voedselpakkies aan behoeftige gesinne versprei.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens ’n huisbraak, waarna een verdagte gearresteer is. Twee ander verdagtes het egter op die vlug geslaan. Die gesteelde goedere is in ’n voertuig gevind, asook verskeie vervalste nommerplate.

Springs

  • Die tak het gereorganiseer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan vier skole in die omgewing oorhandig.

 

MPUMALANGA-WES

 Piet Retief

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag en die tak het gehelp om skole te ontsmet.

Standerton    

  • Die buurtwag het hulp verleen met die blus van veldbrande in en om die dorp.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.

 

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het hulp verleen met die blus van veldbrande in en om die dorp.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die gebied oorhandig.
  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan behoeftige gemeenskapslede.
  • Die buurtwag het ’n radioherhaler ontvang om kommunikasie te verbeter ten einde die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n waterpunt opgerig.

Delmas 

  • AfriForum se Delmas-, Argent- en Eloff-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.

 Witbank 

  •  Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die gebied oorhandig.
  • Die tak het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp.
  • Die tak het handreiniger aan skole en ouetehuise geskenk.

 Ermelo  

  •  Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die omgewing oorhandig.
  • Die tak het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp.

 

 MPUMALANGA-OOS

 Algemeen

  •  AfriForum se Mpumalanga-distrikskoördineerders het in samewerking met AfriForum Onderwys skolehulppakkette aan verskeie skole in dié provinsie oorhandig.

 Witrivier

  •  Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Witrivier-tak voedsel na verskeie gebiede versprei waar daar nood was.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Nelspruit

  •  Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Nelspruit-tak kospakkies help versprei.
  • Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die omgewing oorhandig.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

 Bethal

  •  Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het slaggate opgevul voor die Silwerjare-ouetehuis.
  • Die tak het slaggate in Buffelstraat opgevul.
  • Die tak het slaggate opgevul in die dorp se sentrale sakekern.
  • Die tak het Bethal EMS se kantore en voertuie ontsmet.
  • Die tak het weekliks 30 asdromme in die dorp se sentrale sakekern gediens.
  • Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.

 Lydenburg

 Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die gebied oorhandig.

 Machadodorp

 Die tak het gehelp om veldbrande op plase te blus.

 Middelburg

  •  Die tak het meer as 10 ton kos vir Solidariteit Helpende Hand se plaaslike Josef Silo ingesamel.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kos versprei na mense in nood.

  

LIMPOPO

 Algemeen

  •  AfriForum se Limpopo-takke het gehelp met die oorhandiging van skolehulppakkette aan talle skole in die provinsie.

Potgietersrus

  •  Die buurtwag het gehelp om twee gesteelde voertuie op die N1 vas te trek.

Pietersburg

  •  Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.
  • Die buurtwag het gehelp om twee gesteelde voertuie op die N1 vas te trek.

Phalaborwa

  •  Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die gebied oorhandig.

Tzaneen

  •  Die tak het skolehulppakkette aan verskeie skole in die omgewing oorhandig.

Marble Hall

  •  Die tak het skolehulppakkette aan talle skole in die gebied oorhandig.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n inbraak by ’n sakeperseel te voorkom.
  • Die buurtwag het weer patrollie begin ry.

 

 

Soortgelyke plasings