AFRIFORUM-SUKSESSE: Mei 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

 Algemeen

AfriForum se Groter Pretoria-takke het tot dusver hulppakkette aan 73 Gautengse skole oorhandig en beplan om nóg sulke pakkette aan talle ander skole te skenk.

Bronkhorstspruit

  • Die tak het 135 gesinne met kospakkies gehelp tydens die inperking en is steeds besig met dié kospakkieprojek.

 Moot

  • Die tak het kospakkies ter waarde van R10 000 aan behoeftige mense in hul gemeenskap versprei tydens die inperking en sorg in samewerking met die Matteus 14-omgeeprojek dat ±240 gesinne kospakkies ontvang tydens die inperking.

Oos-Moot

  • Die tak het reeds R62 150 ingesamel en aan Solidariteit Helpende Hand geskenk. Die tak het ook 16 ton groente, twee rooibokke en twee blouwildebeeste na behoeftige mense vervoer.
  • Die tak het danksy sy Helpende Hoender-projek al meer as 200 gevriesde hoenders ingesamel en aan Solidariteit Helpende Hand geskenk om onder behoeftige mense te versprei.
  • Die tak het AfriForum-lede bygestaan wat by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe gestrand was ná repatriasie uit die VSA.
  • Die tak het ’n funksie bekend as AfriForum-Bot op die Telegram-toep ontwikkel wat ledeadministrasie outomatiseer.
  • Die tak het ’n funksie bekend as AfriForum-Bot op die Telegram-toep ontwikkel wat patrollielogs outomatiseer en alle geo-inligting van patrollies stoor.
  • Die tak het ’n funksie bekend as AfriForum-Bot op die Telegram-toep ontwikkel om ondersteuning aan gemeenskappe tydens die inperking te bied.
  • Die tak het ’n Telegram-groep bekend as “Koop direk by die boer” vir inwoners van Pretoria en Centurion geskep. Dié groep het reeds meer as 800 lede.
  • Die tak het drinkwater by die AA-woonbuurt afgelewer nadat die inwoners deur munisipale watervoorsieningsprobleme geteister is.

 Wes-Moot

  • Die tak het kospakkies ter waarde van R10 000 aan behoeftige mense in hulle gemeenskap versprei.

Rayton-Cullinan

  • Die tak het in samewerking met ander gemeenskapsorganisasies reeds meer as 213 kospakkies aan behoeftige mense voorsien tydens die inperking.

Roodeplaat

  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap reeds meer as 100 kospakkies aan behoeftige gesinne voorsien tydens die inperking.

WES-RAND

Vanderbijlpark

  • Die tak het reeds meer as 495 voedselpakkies en voedsel ter waarde van R270 000 aan behoeftige mense in die gemeenskap voorsien.

 OOS-RAND

 Alberton

  • Die tak het ’n skenking van 30 ton spanspek aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakkies opgemaak vir behoeftige mense.

Benoni

  • Die tak het 1 350 kospakkies aan behoeftige gesinne voorsien tydens die inperking.

 Boksburg

  • Die buurtwag se blitsige reaksie het tot die arrestasie van kabeldiewe gelei.
  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike GPF ’n gesteelde BMW opgespoor.
  • Die buurtwag het bystand gelewer met die arrestasie van twee persone wat by ’n onderneming ingebreek het.

Brakpan

  • Die tak het in samewerking met die N.G. Kerk Dalpark elke tweede dag 40 kospakkies aan behoeftige mense uitgedeel.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-huisprojek wat behuising verskaf aan mense wat nie tans ’n tuiste het nie.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-woefprojek wat hondekos verskaf aan mense wat dit nie tans kan bekostig nie.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-kapelaandiens wat mense emosioneel bystaan tydens die staat van inperking.
  • Die tak het klere aan behoeftige mense versprei.

Edenvale

  • Die tak het 200 kospakkies aan behoeftige gemeenskapslede uitgedeel tydens die inperking.
  • Die tak het daagliks gevriesde sop aan 200 behoeftige mense voorsien tydens die inperking.

 Germiston

  • Die tak sien tans om na 75 gesinne deur kospakkies aan hulle te voorsien tydens die inperking.
  • Die tak het weekliks kos aan die Remme-Los Sentrum vir Kwadrupleë en Parapleë geskenk tydens die inperking.

Kempton Park

  • Die tak het ’n skenking van 270 brode ontvang wat onder behoeftige mense versprei is.
  • Die tak het hulp verleen aan ’n motoris wie se voertuig onklaar geraak het nadat die voertuig as verdag aangemeld is.
  • Die tak het ’n gemeenskapslid bygestaan met die rig van ’n versoek dat gras gesny word ná ’n inbraak.
  • Die tak het persoonlike beskermingstoerusting aan die Elim-rehabilitasiesentrum geskenk.
  • Die tak het gehelp om ’n skenking van 7 ton lemoene te versprei.
  • Die buurtwag het bystand gelewer om ’n poging tot motordiefstal te fnuik.
  • Die buurtwag het in samewerking met MML Sekuriteit drie verdagtes wat oor mure gespring het aangekeer en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het bystand op ’n ongelukstoneel verleen deur mediese dienste en die Ekurhuleni-metropolisie te ontbied, asook die verkeer te reguleer.

 Springs

  • Die tak het tot dusver 163 kospakkies aan behoeftige mense verskaf tydens die inperking.

MPUMALANGA-WES

 Piet Retief

  • Die tak het ’n skenking van R16 000 aan die dorp se voedselhulpfonds gemaak.
  • Die tak het gehelp met die aankoop van ontsmettingsmiddels en masjinerie om die dorp se skole te ontsmet.

Standerton    

  • Die tak het ’n skenking aan die ouetehuis op die dorp gemaak.
  • Die tak het met voedselverspreiding gehelp.
  • Die tak het ’n skenking aan die voedselprojek gemaak.
  • Die tak het hand bygesit met die ontsmetting van skole op die dorp.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding.
  • Die tak het skenkings aan Solidariteit Helpende Hand se voedselprojekfonds gemaak.
  • Die tak het ’n ouetehuis gehelp met die installasie van ’n drukpomp vir die watertenk. Die watertenk sal dan ook gelyktydig as ’n noodwaterpunt dien.

Delmas 

  • Die buurtwagte en takke in Delmas, Eloff en Argent het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp.

 Witbank  

 Die tak het met voedselverpakking en -verspreiding in die gemeenskap gehelp.

 Ermelo   

 Die tak het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp.

MPUMALANGA-OOS

Algemeen

 AfriForum se distrikskoördineerders het met die ontsmettingsproses by skole gehelp ter voorbereiding vir die heropening. Die volgende skole is bygestaan:

– Laerskool H.M. Swart

– Laerskool Marietjie van Niekerk

– Bethal CVO

– Jim van Tonderskool

– Laerskool Kalie de Haas

– Standerton Akademie

– Laerskool Jeugkrag

– Amajuba CVO

– Hoërskool Secunda

 Witrivier

  •  Die tak het gehelp om kos vir Solidariteit Helpende Hand se Witrivier-tak in te samel.
  • Die tak het hulppakkette by verskeie skole in die dorp afgelewer.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Witrivier-tak voedsel na verskeie gebiede versprei waar daar nood is.

Nelspruit

  •  Die tak het kos ingesamel vir Solidariteit Helpende Hand se Nelspruit-tak.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Nelspruit-tak kospakkies help versprei.
  • Die tak het hulppakkette aan skole in die Nelspruit-omgewing versprei.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het hommeltuigpatrollies uitgevoer.

 Bethal

  •  Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het die gras rondom die polisiestasie gesny.
  • Die tak het die driehoek by die Nestlé-brug skoongemaak.
  • Die tak het slaggate voor die Silwerjare-ouetehuis opgevul met behulp van ’n kontrakteur.
  • Die tak het die polisiestasie ontsmet.
  • Die tak het fase 2 van ’n voedingskemaprojek voltooi. Hierdie projek gaan dit moontlik maak om kos vir behoeftige mense te verbou. Die grondvoorbereiding is voltooi en oprigting van die infrastruktuur kan begin.
  • Die tak het weekliks 30 asdromme in die sentrale sakekern gediens.
  • Die tak het gehelp om kos vir Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank in te samel. Hierdie kos is gevolglik na ander gebiede versprei wat in nood verkeer.
  • Die tak het gehelp om kos vir behoeftige mense in Hendrina en Morgenzon in te samel.
  • Die tak het in samewerking met Pretchem en Safety Solutions ’n fondsinsameling gehou om ’n ontsmettingstonnel vir die Laerskool Marietjie van Niekerk aan te koop.

Lydenburg

  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole geskenk.

 

Machadodorp

  •  Die tak het verseker dat drinkwater aan inwoners beskikbaar is tydens ’n onlangse munisipale werkerstaking. Hulle het self die opgaartenks se waterpompe aan- en afgeskakel soos nodig.

 Middelburg

  •  Die tak het meer as 20 ton vars kos vir Solidariteit Helpende Hand ingesamel. Al die kos is geborg deur boere in die omgewing.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kos aan mense in nood versprei.

 

 LIMPOPO

Ellisras

  •  Die tak het bystand gebied tydens die stigting van ’n plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak.

Naboomspruit

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van skolehulppakkette.

Nylstroom

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van skolehulppakkette.

Thabazimbi

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan die gemeenskap.

Warmbad

  • Die tak het gesigmaskers aan die Talje-ouetehuis geskenk.

Marble Hall

  • Die buurtwag het ’n sitrusdief vasgetrek wat met 2 ton lemoene op die vlug wou slaan.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens ’n poging tot inbraak by ’n plaaslike onderneming.
  • Die tak het verskeie skole ontsmet ter voorbereiding van die heropening van skole.

Phalaborwa

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan die gemeenskap.

Tzaneen

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan die gemeenskap.

Pietersburg

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan die gemeenskap.
  • Die tak het verskeie skole in Pietersburg en Potgietersrus ontsmet.

SENTRAALSTREEK

 VRYSTAAT

HOOGLAND

Frankfort

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 40 gesigmaskers aan die Wilgerus-ouetehuis geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker.

Kroonstad

  • Die tak het skenkings aan Solidariteit Helpende Hand se Kroonstad-tak gemaak om te help met die verpakking en verspreiding van kospakkies in die gemeenskap. Hierdie skenkings sal Helpende Hand in staat stel om gesinne wat deur die staat van inperking geraak word, te ondersteun.

 Steynsrus

  • Die tak het skenkings aan die N.G. Kerk Steynsrus gemaak om te help met die verpakking en verspreiding van kospakkies in die gemeenskap. Hierdie skenkings sal die kerk in staat stel om gesinne wat deur die staat van inperking geraak word, te ondersteun.

 Welkom

  • Die tak het strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit ingedien nadat rou riool inwoners van die Doorns-, Lakeview- en St. Helena-woongebied se erwe op sommige plekke oorspoel het. Die tak het daarop aangedring dat die munisipaliteit die probleme moet oplos en ’n plan voorlê om te verseker dat hierdie probleem volhoubaar opgelos word. Die munisipaliteit het egter tot op hede nog geen terugvoer verskaf op enige van AfriForum se skrywes of versoeke nie.
  • Die tak het verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings – 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte – is aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in Welkom en omliggende dorpe gedryf word.
  • Die tak het ’n verdere 5,5 ton se voedselskenkings in behoeftige gemeenskappe versprei met die hulp van verskeie organisasies. Voedsel is onder meer in Welkom, Hennenman, Allanridge, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia afgelewer.

Senekal

  • Die tak het kospakkies aan 18 behoeftige gesinne in dié dorp voorsien. Die tak het saam met die Woel, werk en wen-organisasie, asook die Senekal-dienssentrum gewerk om die kospakkies te versprei. Die voedselnood neem geweldig toe en dié kospakkies het verligting gebring vir behoeftige gesinne in die dorp, asook aan inwoners wat weens die inperking hul werk verloor het en nou geen inkomste het nie.

 MOOIRIVIER

Heilbron

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van kospakkies aan ten minste 35 gesinne.

Parys

  • Die tak het hand bygesit met die verspreiding van mieliemeel aan behoeftige gesinne.

Sasolburg

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand mense in nood bygestaan met allerlei behoeftes – van voedsel tot volwasse doeke.

NOORDWES

 STELLALAND

 Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike SAPD verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 Vryburg

  • Die tak het die situasie by die vullisterrein deurgaans gemoniteer om te verseker dat die munisipaliteit sy belofte nakom om die vullisterrein op standaard te bring.
  • Die tak het voedselpakkies aan behoeftige mense in die gemeenskap geskenk.
  • Die buurtwag het twee arrestasies gemaak.
  • Die tak het hulppakkette aan drie plaaslike skole geskenk.

 Christiana

  • Die tak het 100 liter handreiniger en 50 gesigmaskers aan die plaaslike hospitaal en ouetehuis geskenk.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand gehelp met die vervoer van kospakkies.
  • Die tak het ’n hulppakket aan die plaaslike gekombineerde skool geskenk.

 Hertzogville

  • Die tak het kospakkies aan minderbevoorregte gesinne geskenk.
  • Die tak het gesigmaskers en handreiniger aan die plaaslike ouetehuis en polisiestasie geskenk.

 Schweizer-Reneke

  • Die tak het 100 gesigmaskers aan behoeftige mense geskenk.
  • Die tak het ’n hulppakket aan die plaaslike skool oorhandig.

 Bloemhof

  • Die tak het ’n hulppakket aan die gekombineerde skool geskenk.
  • Die tak het die gekombineerde skool help ontsmet voor die heropening daarvan.
  • Die tak het voedsel aan 50 gesinne uitgedeel.
  • Die tak het komberse en klere ingesamel en aan behoeftige mense geskenk.
  • Die tak het ’n winterprojek in samewerking met die Hope Foundation geloods en sorg só dat behoeftige mense daagliks van kos voorsien word.

 MARICO

 Rustenburg

  • Die tak het 352 gesinne met voedselpakke voorsien. Die voedselpakke is só saamgestel om voedsel aan ’n gesin van vier vir een maand te voorsien. Die tak het al meer as 10 ton se voedsel versprei.
  • Die tak het R30 000 vir sy noodhulpfonds ingesamel en die geld aangewend om gesinne in nood met voedsel te voorsien.
  • Die tak het herstel- en instandhoudingswerk by die woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat gedoen. Die werk wat gedoen is behels hoofsaaklik die vervanging van geisers en hoëdrukkleppe, asook die herstel van waterpyplekkasies.
  • Die tak het hulppakkette aan drie skole verskaf sodat hulle betyds kon heropen.

Lichtenburg

  • Die tak het hulppakkette aan vier skole geskenk om hulle gereed te kry om te heropen.

Coligny

  • Die tak se veiligheidstruktuur het ’n ooreenkoms met die SAPD gesluit wat buurt- en plaaswagte in staat stel om weer patrollie te ry.
  • Die tak het 100 gesigmaskers vir lede van sy veiligheidstruktuur aangekoop om hulle teen COVID-19 te beskerm.

Zeerust

  • Die tak het kos aan ongeveer 380 gesinne verskaf weens die nood wat ontstaan het tydens die staat van inperking.

Brits

  • Die tak het R5 000 aan Hospice geskenk sodat dié welsynsorganisasie kon voortgaan om voedsel aan behoeftige mense te voorsien tydens die nasionale inperking.
  • Die tak het vier skole van hulppakkette voorsien sodat hulle op ’n veilige wyse kon heropen.

 

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan instansies versprei wat ’n behoefte daaraan het.
  • Die tak het R40 000 aan ’n instansie geskenk wat voedsel in die Kosh (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein)-gebied versprei.

Potchefstroom

  • Die tak het tydelik kospakkies aan behoeftige gesinne voorsien totdat Solidariteit Helpende Hand by hulle kon oorneem.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om aandag aan verskeie kwessies in die dorp te gee.
  • Die tak het kospakkies aan meer as 200 gesinne in nood versprei.

Orkney

  • Die buurtwag het gehelp om nagenoeg 60 kospakkies per week te versprei.

Ventersdorp

  • Die tak het in samewerking met verskeie gemeenskapsorganisasies voedsel versprei aan behoeftige mense in dié dorp en omliggende omgewing.

Wolmaransstad

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand blikkieskos aan kerke geskenk om in voedselpakkies te verpak.

 KWAZULU-NATAL

Vryheid

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Paulpietersburg

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Newcastle

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Pongola

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Richardsbaai

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.
  • Die tak het skole bygestaan tydens die ontsmettingsproses sodat sowel leerders as onderwysers veilig kon terugkeer.

Hluhluwe

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Margate

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

Utrecht

  • Die tak het gehelp met kosverspreiding in dié dorp en omliggende gebiede.
  • Die tak het hulppakkette aan verskeie skole in die dorp oorhandig.

 

SUIDSTREEK

 NOORD-KAAP

Kamieskroon

  • Die tak het gehelp met die konstruksie van ’n nuwe varswaterpyplyn, asook die oprigting van pale vir kragkabels wat tot gevolg sal hê dat die dorp ná vier jaar weer toegang tot vars water sal hê.

Kathu

  • Die tak het handreiniger aan werkers by die Sishen-myn uitgedeel.
  • Die tak het vier voedselpakke aan behoeftige gesinne geskenk.

Keimoes

  • Die tak het vier voedselpakke aan behoeftige gesinne geskenk.
  • Die tak het gehelp met die herstel van ’n gebarste varswaterpyp in die dorp se hoofstraat.
  • Die Grootoog-buurtwag het bystand gebied nadat verskeie wonings se alarms afgegaan het.

 Kuruman

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 16 voedselpakke aan behoeftige mense versprei.
  • Die tak het ’n ouetehuis met pakkies van hoop – wat kouse, lekkers en ’n mooi gebed op ’n boekmerk insluit – bederf.
  • Die tak het handreiniger aan ouetehuise en noodsaaklike werkers in die dorp uitgedeel.

Upington

  • Die tak het handreiniger aan die Laerskool Oranje-Noord geskenk.
  • Die tak het die munisipaliteit geskakel in verband met gevaarlike kragdrade op ’n plaas. Die munisipaliteit het dit gevolglik herstel.
  • Die tak het huiswerkboeke en skryfbehoeftes aan behoeftige skoliere geskenk.
  • Die tak het klere vir Solidariteit Helpende Hand ingesamel.
  • Die tak het 18 voedselpakke aan gesinne in nood versprei.
  • Die tak het 20 liter handreiniger, bottels en plakkers aan Kuruman se AfriForum-tak geskenk.
  • Die tak het 100 inwoners van die Oranjehof-ouetehuis met sjokolade bederf op Moedersdag.
  • Die tak het 30 bottels handreiniger aan die Olifantshoek SAPD en die plaaslike verkeersdepartement geskenk.
  • Die tak het ’n voedselpakkie in Kenhardt laat aflewer.
  • Die tak het voedsel by die Mispa Kinderhuis in Keimoes afgelewer.

 

Vaalharts

  • Die tak het 46 voedselpakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het vitamienaanvullings aan 90 inwoners van die Namakwaland-ouetehuis geskenk.

 OOS-KAAP

 Jeffreysbaai

  • Die tak het ’n tweede skenking van 28 ton aartappels ontvang en self fondse bewillig om die vervoerkoste daarvan tot in Jeffreysbaai te betaal. Dit bring die tak se totale aartappelvoorsiening op 56 ton te staan. Die vrag is binne 48 uur afgelaai en versprei.

 

WES-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand in die Kaapse metropool en die Overstrand van stapel gestuur waartydens verskeie ouetehuise nartjies ontvang het. Nagenoeg 3 ton nartjies is in Meimaand geskenk.
  • Nartjies is reeds in die volgende gebiede afgelewer:
  • Die Kaapse metropool
  • Overstrand
  • Swellendam
  • Hessekwa
  • Calitzdorp
  • Oudtshoorn
  • De Rust
  • Mosselbaai
  • George

 George

  • Die tak het ’n skenking van 28 ton aartappels van die AfriForum-tak in Jeffreysbaai ontvang. Taklede het hande met ander liefdadigheidsorganisasies geneem en saam die logistieke reëlings verbonde aan die aflaai, verdeling en verspreiding van die vrag aartappels hanteer. Die aartappels is binne 48 uur aan verskeie honger gesinne versprei om ’n verskil in hul lewens te maak.

 Hessekwa

  • Die tak het fondse bewillig en 600 kg groente aangekoop wat aan Badisa oorhandig is om die kospakkies wat dié welsynsorganisasie versprei gebalanseerd en meer voedsaam te maak.

 Overstrand

  • Die tak het 22 kospakkies aan die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak geskenk vir doeleindes van verspreiding onder behoeftige mense in die gemeenskap.

Mosselbaai         

  • Die tak het 400 kg groente as skenking van ’n boer in die Grootbrakrivier-omgewing ontvang. Die tak het dit weer op hul beurt aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig om onder behoeftige gesinne in die omgewing te versprei. Fondse is ook bewillig waarmee kospakkies aangekoop en ook aan Helpende Hand oorhandig is vir verspreiding. Die tak se karavaan is ook steeds in gebruik as mobiele toetsstasie, wat die kapasiteit van die mediese dienste aansienlik vergroot.

Oudtshoorn

  • Die tak het ingespring en hulp aan Solidariteit Helpende Hand verleen om voedselpakkies op te maak en te versprei. Meer as 20 behoeftige gesinne is bereik.

Velddrif

  • Die tak het sowat 25 kospakkies aan behoeftige gesinne in die gemeenskap geskenk.

 

Vredendal

  • AfriForum se Koekenaap-plaaswag, wat deel vorm van die organisasie se Vredendal-tak, het in samewerking met die plaaslike SAPD ’n verdagte dwelmsmokkelaar vasgetrek en gearresteer.

 

Soortgelyke plasings