AFRIFORUM-SUKSESSE: SEPTEMBER 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • AfriForum het die Tshwane-metro hof toe geneem om sy begroting tersyde te stel.
  • AfriForum het ’n skrywe aan die Tshwane-metro gerig rondom die haglike toestand van oorlaaistasies in die stad.
  • AfriForum se buurtwagte in die Groter Pretoria-gebied het aan dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Altesaam 496 gemeenskapslede en 259 AfriForum-buurtwaglede het in 349 voertuie aan die patrollie deelgeneem. Die lede het 10 145 km tydens die patrollie afgelê en agt voorvalle hanteer.

Centurion

  • Die tak het voortgegaan om die Montague Kneen-park en die sentrale sakekern in Valhalla skoon te maak en talle gemeenskapslede het hand bygesit.

 

Bronkhorstspruit

  • Die tak het as deel van Erfenisdagvieringe monumente in die gebied skoongemaak en opgeknap.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n skietvoorval bygestaan nadat ’n gewapende rooftog skeefgeloop het.

Moot

  • Die tak het twee spruite tussen Hertzog-, Haarhoff-, Meyer- en Louis Trichardtstraat skoongemaak om onder meer veiligheid in dié gebied te bevorder.
  • Die tak het twee vermeende kabeldiewe vasgetrek.

 

WES-RAND

Roodepoort

  • Die buurtwag het deel gevorm van ’n sukses onder leiding van die polisie toe ’n verdagte in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde kragkabels.

Vereeniging

  • Die tak het 4,5 ton teer geskenk om slaggate in die dorp op te vul.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het patrollie by die plaaslike begraafplaas gehou om die gemeenskap die geleentheid te gee om hul afgestorwe geliefdes se grafte veilig te besoek.

Heidelberg

  • Die buurtwag het ’n arrestasie in samewerking met die SAPD uitgevoer.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het gehelp om drie vermiste persone suksesvol op te spoor.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Roodepoort-buurtwag gehelp om ’n drie weke oue vermiste kind op te spoor.

 

 

OOS-RAND

 Algemeen

  • AfriForum se buurtwagte aan die Oos-Rand het aan dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Altesaam 234 AfriForum-lede en 308 ander patrolleerders het 13 869 km in 219 voertuie afgelê. 25 voorvalle is tydens die patrollie hanteer.

Benoni

  • Die tak het tyd by Sinethemba Hope House (’n plaaslike kinderhuis) deurgebring waartydens taklede die kinders gehelp het om vyf vrugtebome wat aan die kinderhuis geskenk is te plant.
  • Die kinderhuis huisves 24 kinders en AfriForum is reeds regdeur die COVID-19-inperking aktief by die kinderhuis betrokke met die voorsiening van voedsel, asook ander noodsaaklike benodighede.
  • Die kinderhuis is ook tydens die inperking ontsmet om die kinders se veiligheid te verseker.
  • Die tak se SNIPR-projek het die volgende suksesse opgelewer:
  • Daar is in samewerking met die SAPD beslag gelê op sewe gesteelde voertuie. Die vermeende verdagtes is in hegtenis geneem vir ondervraging.

Kempton Park

Tydens AfriForum se #VegEnBou-maand in Kempton Park het die tak die volgende projekte aangepak:

  • Die tak het in samewerking met die jeugportefeulje van AfriForum se Oos-Moot-tak opknappingswerk by die plaaslike DBV gedoen. Die lede het buitebande geverf en plantjies daarin geplant; hulle het ook plaveisel van 12,5 m² gelê en ’n afdak afgebreek.
  • Die tak het sowat 500 kg hondekos aan die DBV geskenk.
  • Die tak se jeugportefeulje het opknappingswerk as deel van hul uilhuisprojek verrig. Dié projek is reeds in 2019 van stapel gestuur en vyf uilhuise is reeds opgerig.
  • ’n Kareeboom is by die uilhuise geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.
  • Die tak het ’n mobiele gesondheidsentrum geopen wat ’n reuseverskil gaan maak in die lewens van inwoners wat nie gereelde toegang tot mediese sorg het nie. 46 bejaardes van die Linitas-ouetehuis het op die eerste dag reeds van die gesondheidsentrum se dienste gebruik gemaak.
  • Nadat die mobiele gesondheidsentrum van stapel gestuur is, het die tak ’n gesondheidsprojek in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) aangebied.
  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek watertoetse uitgevoer, waarvan die uitslae later vanjaar bekend gemaak sal word.
  • Ná volgehoue druk en skrywes aan die Ekurhuleni-metro kon die tak daarin slaag om die Highveld-oorlaaistasie te laat skoonmaak.
  • Ongeveer 500 onwettige plakkate is van lamppale en stoptekens verwyder, terwyl die tak ook 26 slaggate in Kempton Park opgevul het.
  • Die #VegEnBou-week is afgesluit met die inoefening van ’n veiligheidsplan waarby verskeie rolspelers betrokke was. Twee hommeltuie is tydens die inoefening gebruik.

Springs

  • Die tak het 100 gesigmaskers en 45 liter handreiniger aan die Sanel-sentrum geskenk.
  • Die tak het ontbyt vir die bejaarde inwoners van die Makville-woonstelle voorberei nadat dié inwoners weens kabeldiefstal reeds ’n dag sonder krag was.
  • Die tak het gehelp om voedsel aan plaaslike bejaardes te verskaf tydens verlengde kragonderbrekings.
  • Die buurtwag het talle veldbrande help bestry.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle arrestasie van ’n vermeende huisrower uitgevoer.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep met betrekking tot vermeende kabeldiewe en sodoende die onderbreking van kragtoevoer in die gebied verhoed.

 

MPUMALANGA-WES

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het aan die burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Nagenoeg 340 AfriForum-patrolleerders het saam met 359 patrolleerders van ander strukture aan die patrollie deelgeneem. Die patrolleerders het meer as 21 411 km in 395 voertuie tydens die patrollie afgelê.

 Piet Retief

  • Die tak het sy eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in dié dorp opgerig sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Standerton    

  • Tydens AfriForum se #VegEnBou-maand in Standerton het die tak die volgende projekte aangepak:
  • 300 sakke teer is gebruik om die paaie op te knap.
  • Padtekens rondom die Laerskool Standerton is nuut oorgeverf om die veiligheid van leerders te verseker.
  • Die Bethal-Standerton-kruising is beveilig met katogies wat aangebring en padtekens wat opgerig is.
  • Die tak se jeugvleuel het die omgewing rondom die kruising skoongemaak en die Voetsporemonument buite die dorp opgeknap.
  • Betonstraatnaamblokke is vervang.
  • Tak- en jeugvleuellede het ’n groot skoonmaakprojek by die Rivierpark gehou en meer as 25 bome by vyf skole in die dorp geplant.
  • ’n Patrollie is gehou waartydens 18 patrolleerders sowat 115 km afgelê het en veiligheidsoudits is by drie skole uitgevoer.
  • Die tak het ook plaaslike ondernemings met middagete bederf en 160 boereworsrolle by die Kosmos-tehuis vir bejaardes uitgedeel.
  • Die buurtwag het hulp verleen met die bestryding van veldbrande in en om Standerton.
  • Die buurtwag het gehelp om voorbrande te maak.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)  

  • Die buurtwag het hulp verleen met die bestryding van veldbrande in en om Secunda.
  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding.
  • Die tak het hulp verleen by die Davieshof-ouetehuis deur opknappingswerk te doen en veiligheidsrisiko’s uit die weg te ruim
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Witbank 

  • Die tak het as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek 137 bome aan verskeie skole en instansies in dié dorp geskenk en gehelp plant.

 Ermelo  

  • Die buurtwag het patrollietoerusting ontvang wat glimbaadjies, magnete en ligte insluit.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Delmas   

  • AfriForum se Delmas-, Argent-, Eloff- en Sundra-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Leandra   

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Middelburg    

  • Die tak het drie outomatiese wasmasjiene aan die SAVF-tehuis vir bejaardes op dié dorp geskenk nadat dit onder ’n brand deurgeloop het.
  • Die plaas- én buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

 

MPUMALANGA-OOS

Witrivier

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het protospanopleiding vir lede aangebied wat op basiese handwapenhantering fokus.

Nelspruit

  • Die Nelspruit- en Malelane-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Malelane-buurtwag het twee hommeltuigvlieëniers in Orania opgelei. Dié vlieëniers gaan die AfriForum-buurtwagte in die Laeveld voortaan met veiligheidsprojekte ondersteun.

 Bethal

  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig wat 30 000 liter water aan inwoners beskikbaar kan stel wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word. Plaaslike boere vul dié watertenks gratis.
  • Die tak het onderneem om die sentrale sakekern skoon te maak en het ook 30 asblikke uitgeplaas. Kaka-Lai is aangestel om dié asblikke weekliks leeg te maak.
  • Die tak onderhou die Nestlé-driehoek deur dit gereeld skoon te maak en die gras daar rondom te sny.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om straatnaamblokke nuut oor te verf. Dié projek is reeds voltooi in strate wat na bokke vernoem is en word nou in die omgewing van die Hoërskool Hoogenhout uitgerol. Die projek is daarop gemik om nooddienste se doeltreffendheid te verhoog.
  • Die tak werk tans aan ’n volhoubare groenteverbouingsprojek om instansies soos Bethal se sopkombuis te ondersteun. Ongeveer 1 000 m² grond is geoormerk om onder skadunet aangeplant te word.
  • Die tak het slaggate in Clerq-, Malherbe-, Tsibitso Sibanyoni- en Kleynhansstraat opgevul.
  • Die tak het tien inheemse bome aan die Morgenzon Landbou Akademie geskenk.

 Lydenburg

  • Die buurtwag het protospanopleiding ontvang.
  • Die buurtwag het toerusting ontvang.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Machadodorp

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

LIMPOPO

Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 184 AfriForum-buurtwaglede het in 179 voertuie aan dié patrollie deelgeneem.

 Marble Hall

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n plaasaanval.

Naboomspruit

  • Die tak het as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek tien bome in die gemeenskap geplant.
  • Die tak het in samewerking met die SAPD en die Limpopo Verkeersdepartement ’n padblokkade gehou.

Ellisras

  • Tydens AfriForum se #VegEnBou-maand in Ellisras het die plaaslike tak die volgende projekte aangepak:
  • Die tak het 30 bottels handreiniger aan die SAVF Maroela Oord geskenk om die bejaardes en personeel teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm.
  • Die tak se jeugvleuel het opknappingswerk by die plaaslike DBV gedoen en hindernisbane vir die diere gebou.
  • Die munisipaliteit het, nadat AfriForum skrywes en emmers onverwerkte riool na die munisipaliteit geneem het, gereageer en ’n munisipale werker is na die pompstasies gestuur.
  • Opknappingswerk is by die plaaslike brandweer- en polisiestasie gedoen en lemoen- en mangobome is op die onderskeie persele geplant.
  • Die tak het die SAVF Maroela Oord ontsmet en instandhoudingswerk gedoen.
  • Die buurtwag het ’n veiligheidsoudit by die SAVF Maroela Oord uitgevoer om die veiligheid van die bejaardes te evalueer sodat die nodige veranderings aangebring kan word.
  • Die R33-plaaswag se bestuur is gevestig om die veiligheidstrukture in Ellisras te versterk.
  • Die buurtwag het aan ’n SAPD-operasie deelgeneem wat ten doel het om landelike veiligheid te bevorder.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en GPF die plaasgebiede noord van die dorp tot by die Botswana-grens gepatrolleer.
  • AfriForum se R33-plaaswag het in samewerking met die SAPD en boere ’n padblokkade op die R33 tussen Ellisras en Vaalwater gehou waartydens voertuie gestop en deursoek is. 50 voertuie met 101 insittendes is afgetrek en deursoek.
  • Die buurtwag het in samewerking met die GPF, Monster Sekuriteit en noodpersoneel ’n padblokkade op die Stokpoort-pad gehou waartydens voertuig- en bestuurslisensies gekontroleer is en daar ook vir onwettige wapens gesoek is. 21 lede het aan dié blokkade deelgeneem waartydens 207 voertuie afgetrek en deursoek is. Drie inhegtenisnemings is uitgevoer.
  • AfriForum het op 1 September amptelik sy beheerkamer vir die noordstreek in Ellisras geopen. Dié beheerkamer sal AfriForum se buurtwagte in die noordstreek 24 uur per dag, sewe dae ’n week met operasionele take bystaan, asook tydens noodgevalle.

 Potgietersrus

  • AfriForum het sowel ’n tak as buurtwag in dié dorp gestig.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die arrestasie van ’n vermeende voertuigdief.

 Pietersburg

  • Die tak het tien bome aan skole in die gemeenskap geskenk.

 

VRYSTAAT

 MOOIRIVIER

 Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem: Bothaville, Parys en Sasolburg.

 Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat dit opgelos word.
  • Die tak het slaggate opgevul en 4 ton teer daarvoor gebruik.
  • Die tak het nuwe stoptekens in die dorp opgerig.
  • Die tak het lede van die publiek gehelp met die bestryding van brande.
  • Die tak het bome by die Dome Primary School en die Sonskyn-aftreeoord geplant.

 Sasolburg

  • Die tak het gras gesny en vullis opgetel.
  • Die tak het gehelp om slaggate op te vul.
  • Die tak het gehelp om warm etes op Sondae te versprei.
  • Die tak het steeds voedsel en klere aan mense in nood voorsien in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.
  • Die tak het gehelp met instandhouding en die installering van ligte by die Angel Wings-tehuis in Vaalpark.
  • Die tak het 8 800 m² gras/bossies/rante by Mosega, Magersfontein en De Wildt gesny.
  • Die tak het drie vragte vullis by Oliviershoek verwyder.

 

ROSESTAD

 Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het vullisverwyderingsdienste van stapel gestuur.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het projekte van stapel gestuur met betrekking tot die verf van straatname.

 Langenhovenpark

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in ’n veld in Langenhovenpark gehou.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om met skoonmaakprojekte te help.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van veldbrande.

Wilgehof-Gardeniapark

  • Die tak het ses veldbrande help bestry.
  • Die tak het in samewerking met Gardeniapark Spar nege sakke teer gebruik om vyf groot slaggate in ’n besige toegangsroete van Gardeniapark op te vul.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Pellissier

  • Die tak het ’n bewusmakingsveldtog in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en nooddienste (Sektor 5) gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in ’n parkie in Pellissier gehou.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur met betrekking tot die verf van straatname.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Fichardtpark

  • Die tak het ’n bewusmakingsveldtog in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en nooddienste (Sektor 5) gehou.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur met betrekking tot die verf van straatname.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Hospitaalpark

  • Die tak het ’n bewusmakingsveldtog in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en nooddienste (Sektor 5) gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Uitsig

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het bystand op ’n ongelukstoneel gebied.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Rayton-Heuwelsig

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

 

KWAZULU-NATAL

 Newcastle

  • Die tak het druk op die Valke geplaas om antwoorde te verskaf oor die klagtes teen ’n voormalige burgemeester.

Utrecht

  • Die tak het met noodvoedselverspreiding gehelp.
  • Die tak het verdere druk op die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om elektrisiteitsprobleme op te los.

 Vryheid

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy kliniek verder uitgebrei.
  • Die tak het ’n velkankerbewusmakingsdag by sy gemeenskapsentrum gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Paulpietersburg

  • Die buurtwag het verskeie patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Pongola

  • Die tak het verskeie bome in Pongola geplant.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om straatligte te herstel.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het verskeie patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereël dat die begraafplaas op Sondae beveilig word vir besoeke.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie suksesse behaal, waaronder die konfiskering van gesteelde voertuie en smokkelgoedere.

Richardsbaai

  • Die tak het verskeie geboue teen COVID-19 behandel.

Margate

  • Die tak het bome aan die gemeenskap geskenk tydens boomplantmaand.

 

 

NOORDWES

 MOOIRIVIER

 Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem: Ellaton, Hartbeesfontein, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney en Ventersdorp.

 Klerksdorp

  • Die tak het voortdurend skrywes aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig oor probleme binne die munisipaliteit se jurisdiksie.

 Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ’n bejaarde gehelp om sy/haar woonstel droog te maak nadat dit oorstroom het.
  • Die buurtwag het water aan inwoners verskaf nadat die dorp se watertoevoer onderbreek is.
  • Die buurtwag het die SAPD met behulp van hul hommeltuig gehelp om ’n verdagte voertuig op te spoor.
  • Die buurtwag het ’n vuurvegter van Supaginja, ’n plaaslike onderneming, ontvang en 11 brande in die omgewing help blus. Vyf buurtwaglede het ook opleiding in basiese brandbestryding ontvang.

 Potchefstroom

  • Die tak het hulpbehoewende gesinne met kospakkies bygestaan totdat Solidariteit Helpende Hand hierdie gesinne verder kon ondersteun.
  • Die tak het 63 sakkies teer gebruik om 125 slaggate op te vul.
  • Die buurtwag was voortdurend op ’n gereedheidsgrondslag om brande te bestry.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou.
  • Die tak het die administrateur op ’n toer deur die dorp geneem om die rioolprobleem aan hom uit te wys, waarna die partye ooreengekom het dat werk daarvan gemaak sal word.

 Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit uitgeoefen om probleme in die dorp op te los.

Orkney

  • Die buurtwag het gesinne in nood met kospakkies bygestaan.

Ventersdorp

  • Die tak vorm deel van ’n netwerk van organisasies wat voedsel aan drie gesinne in nood versprei het.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n voorval van huishoudelike geweld, asook om ’n voertuig op te spoor.
  • Die buurtwag het besoek aan skole afgelê saam met die kinderbeskermingseenheid.
  • Die tak het ’n skrywe aan die administrateur gerig rakende elektriese probleme.

 

MARICO

 Rustenburg

  • Die tak was die hoofborg van Solidariteit se Trapsaam-inisiatief in die dorp. Die tak het die kostes vir die fondsinsameling gedek en het ook finansiële bydraes tot elke skool gemaak wat deelgeneem het. Die fondsinsameling is gehou om fondse te bekom vir beheerliggaamposte wat in gedrang is as gevolg van die inperking. Die skole wat deelgeneem het is Laerskool Proteapark, Laerskool David Brink en Laerskool Rustenburg.
  • Die buurtwag het veiligheidsmonitering by die Departement van Binnelandse Sake gedoen. Groot getalle mense besoek dié departement op Saterdae en dit het vroeër vanjaar veiligheidsinsidente tot gevolg gehad. Die buurtwag het die gebied van 08:00 tot 14:30 gemoniteer en geen voorval is aangemeld nie.

Lichtenburg

  • Die tak het in samewerking met Noordwes Koöperasie (NWK) en Shukran Furniture ongeveer 1 ton noodsaaklike voedsel ter waarde van R15 000 aan die Hoërskool Lichtenburg se hart-en-handeprojek geskenk. Dié projek ondersteun behoeftige gesinne in die dorp.

 

STELLALAND

 Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Delareyville

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die tak het ’n petisie teen die munisipaliteit se swak dienslewering opgestel.
  • Die tak beplan om ’n parkie in die dorp aan te neem en te onderhou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Vryburg

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die tak het voortgegaan met sy suksesvolle slaggatherstelprojek.
  • Die tak het ’n petisie teen die munisipaliteit se swak dienslewering opgestel.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het vier bome by die begraafplaas en die monument geplant.

 Christiana

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die tak het 100 kg wildsvleis verpak en onder minderbevoorregte gesinne versprei.
  • Die tak het bome by die gekombineerde skool geplant.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

 Hertzogville

  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.

 

Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het nuwe patrolleerders vir Amalia geaktiveer.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor swak dienslewering.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Bloemhof

  • Die tak het in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie voedsel aan 30 gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselprojek.
  • Die tak het die plaaslike polisiestasie en kliniek ontsmet.
  • Die tak het ’n voedselsekerheid-en-werkskeppingsnetwerkprojek van stapel gestuur.

 Sannieshof

  • Die tak het gereorganiseer en gevolglik ’n tussentydse bestuur verkies.

 

NOORD-KAAP

 Bo-Karoo

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur bome by Gannabos te plant.
  • Die tak het ’n inligtingsdag gehou.

 Kamiesberg

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand voedsel aan 15 hulpbehoewende families uitgedeel.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

 Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het kospakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur 119 bome by nege laerskole en 25 bome by twee kerke te plant.

 Kimberley

  • Die tak het spekbome aan ouetehuise geskenk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Kuruman

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou en bystand gelewer waar nodig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag se brandspan het gehelp om brande by twee huise te blus.
  • Die tak het gehelp met onderhoudswerk aan Die Oog-fontein.
  • Die tak het parke skoongemaak en vullis wat rondlê verwyder.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakke aan gesinne in nood uitgedeel.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Upington

  • Die tak het die middedorp skoongemaak.
  • Die tak het klere aan Solidariteit Helpende Hand se plaaslike Ons Winkel geskenk.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakke aan hulpbehoewende families uitgedeel.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen met betrekking tot varswaterlekkasies.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die rioolstelsel in ’n werkende toestand te kry.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die tak het tesame met BB Spares hand- en oppervlakreiniger aan die Laerskool Oranje-Noord geskenk.

 Warrenton

  • AfriForum het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om moontlike datums vir ’n vergadering aan te vra. Die munisipaliteit het terug geantwoord met datums.

Williston

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het handreiniger aan plaaslike skole en ondernemings geskenk.

 

OOS-KAAP

 Elliot

  • Die tak het met die Chris Hani Distriksmunisipaliteit oor waterkwessies vergader.

 Gamtoosvallei

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur tien bome te plant.

Port Elizabeth

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur 20 bome te plant.
  • Die tak het op Erfenisdag as ’n inisiatief van sy jeugportefeulje ’n kranslegging by die konsentrasiekampgedenksteen gedoen ter viering van die Afrikaner se erfenis. Dirk Burger, takvoorsitter, het ook die simboliek agter die uitleg van die gedenksteen aan besoekers verduidelik.

 

WES-KAAP

 George

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur bome in die parkie wat aan Newtonstraat in George-Suid grens, te plant.

 Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur twee witstinkhoutbome by die Somerset-Wes Primêre Skool te plant.
  • AfriForum se Wes-Kaapse immuunstelselinisiatief het na die Helderbergkom uitgebrei en die plaaslike tak het 400 kg nartjies aan verskeie ouetehuise en aftreeoorde in die gebied geskenk.

 Hessekwa

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

 Kaapstad-Noord

  • Die tak het vergader en ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die Bellville-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog.
  • Die Bellville-buurtwag het twee hommeltuigvlieëniers in Orania opgelei.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek afgeskop deur ses bome by The Lucky Lucy Foundation buite dié dorp te plant.

Mosselbaai         

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur ’n verskeidenheid bome in die parkie in Heiderand te plant. Die projek is ondersteun deur raadslid Dirk Kotze, die waarnemende burgemeester, asook verskeie ander raadslede en direkteure verbonde aan die munisipaliteit.

Oudtshoorn

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.

Overstrand

  • AfriForum se Alfa-, Fisherhaven- en Gansbaai-buurtwag het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog.
  • Die Alfa-buurtwag het ’n hommeltuigvlieënier in Orania opgelei.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur vyf wildevy- en waterpeerbome by die Hoërskool Hermanus te plant.

 Vredendal

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur nartjiebome aan verskeie skole en instansies in die Matzikama-distrik te skenk en te help plant.
  • AfriForum se nege veiligheidstrukture in die Matzikama-streek het in samewerking met die SAPD en die plaaslike verkeersdepartement hul omgewing beveilig as deel van die organisasie se nasionale massapatrollie.

Worcester

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog.

Soortgelyke plasings