AfriForum-tak in Bethal herstel slaggate


Die AfriForum-tak in Bethal het die afgelope week begin om slaggate in Hoëveldlaan, Van der Stellaan, Van Riebeeckstraat, Wichtstraat, Malherbestraat en Nestlé-hoek, asook Simonstraat te herstel.
Die tak beplan volgende om slaggate in Du Plooystraat, waar die dorp se tehuis vir bejaardes geleë is, reg te maak.

“Ons hoop om met dié projek ’n positiewe verskil in ons gemeenskap te maak en te verhoed dat paaie verder agteruitgaan,” sê Ingrid Human, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethal.
“AfriForum sal deur die loop van die jaar soortgelyke projekte ten gunste van die dorp en die gemeenskap aanpak waar die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit versuim om sy pligte teenoor inwoners na te kom,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Skoon” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings