AfriForum-tak in Bethal loods fase twee van skoonmaakprojek


Die AfriForum-tak in Bethal het verlede week in samewerking met plaaslike besighede en gemeenskapslede fase twee van hul skoonmaakprojek van stapel gestuur.
Gemeenskapslede en plaaslike besighede het arbeid en toerusting verskaf om die N17 vanaf die polisiestasie tot by die Total Janmari-vulstasie skoon te maak.

“Selfdoenprojekte maak ’n groot verskil in ons gemeenskap en dit is verblydend om te sien dat mense bereid is om saam te staan om die dorp ’n beter plek vir almal te maak. Die tak beplan ook om in Julie ontbrekende stoptekens op te rig,” sê Ingrid Human, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethal.
“Die Govan Mbeki-munisipaliteit versuim hul pligte en ons kan nie langer terugstaan nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Skoon” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings