AfriForum-tak in Christiana dui rooi aan vir riool  


Die AfriForum-tak in Christiana het besluit om die voortdurende rioolprobleme in die dorp onder die Lekwa-Teemane Munisipaliteit se aandag te bring deur ’n rooi lint of iets soortgelyks aan ’n voorwerp vas te bind wat so na as moontlik aan die rioolprobleem is. ’n Bestuurslid van die AfriForum-tak en ’n verteenwoordiger van die munisipaliteit ry dan deur die dorp en herstel enige rioolprobleme.

Verskeie probleme is al op hierdie wyse opgelos. Inwoners het ook aan die munisipaliteit wenke gegee oor hoe om die probleme aan te spreek.

“Dit is verblydend om te sien hoe goed die gemeenskap en die munisipaliteit saamwerk,” sê Bernard Loots, voorsitter van die AfriForum-tak in Christiana.

’n Skrywe met voorstelle sal ook later aan die munisipaliteit gestuur word om ’n kostedoeltreffende langtermynoplossing vir die dorp se rioolprobleme te probeer vind.

“Christiana se gemeenskap is ’n sprekende voorbeeld van inwoners wat bereid is om met die munisipaliteit saam te werk en hul dorp ’n beter plek te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Christiana” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings