AfriForum-tak in Christiana hou skoonmaakaksie


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Christiana-tak het die afgelope naweek dié dorp skoongemaak. Die huidige toestand van die dorp is te wyte aan ontoereikende onderhoud en swak dienslewering deur die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit.
Taklede het onder meer die eiland by die ingang van die dorp skoongemaak, slaggate in Forsmanstraat gevul, asook ’n trekker en bossiesnyer gebruik om sypaadjies netjies te maak.

“Dit is verblydend dat lede van die gemeenskap self hand aan die ploeg slaan en die dorp mooi maak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe beter sal die dorp lyk,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Christiana” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings