AfriForum-tak in Delareyville rig stoptekens op


As deel van AfriForum se Maand van Selfstandigheid het die AfriForum-tak in Delareyville die dorp beveilig deur verlore en moeilik sigbare stoptekens te vervang.

“Die plaaslike tak het die stoptekens verskaf en die munisipaliteit het pale bygedra. Dit is verblydend om te sien dat mense self inspring en help om hul dorp ’n beter plek te maak,” sê Pierre du Plessis, bestuurslid van AfriForum se Delareyville-tak.
“Daar is reeds ses tekens opgerig en die tak beoog om die dorp deurlopend deur aksies soos hierdie te help beveilig. Dit is uiters gevaarlik, veral vir vreemdelinge wat deur die dorp ry, as daar nie behoorlike verkeerstekens is nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by AfriForum se Delareyville-tak betrokke: SMS “Stop” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings