AfriForum-tak in Delmas vat hande met plaaslike polisie


Die AfriForum-tak in Delmas en Sundra het hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is op 6 Februarie 2017 aan die stasiebevelvoerders van dié twee stasies te oorhandig.
Die ooreenkoms is oorhandig aan kol. Bheki Shazi, bevelvoerder van die SAPD in Delmas, asook aan kapt. Salomé van der Westhuysen, bevelvoerder van die SAPD in Sundra.

“Ons is baie opgewonde oor dié ooreenkoms, wat ten doel het om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Hierdie ooreenkoms gee aan ons die vermoë om nog ’n groter verskil in ons gemeenskap te maak en ons moedig plaaslike inwoners aan om betrokke te raak in die bekamping van misdaad. Saam kan ons misdaad beperk, ongeag die organisasie waaraan jy behoort,” sê Carel Botha, voorsitter van die AfriForum-tak in Delmas.
“Ons gemeenskap se veiligheid hang nie van een persoon alleen af nie; ons moet saamstaan om Delmas, Sundra en Eloff te beveilig,” voeg Gys Taute, deel van die tak se veiligheidstruktuur, by.

Soortgelyke plasings