|

AfriForum-tak en -buurtwag in Stilfontein deel van slaggatherstelprojek

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Stilfontein het die afgelope twee Saterdae inwoners van die dorp in samewerking met die Vryheidsfront Plus gehelp om talle slaggate in die dorp gevul. Altesaam 461 slaggate is reeds gevul danksy skenkings vanuit die gemeenskap. Hierdie inisiatief wat deur die inwoners van stapel gestuur is, staan bekend as die Stillies Pothole-projek.

Die organisasies bedank die gemeenskap vir die skenkings wat reeds ontvang is, asook die lede van die gemeenskap wat hulle tyd op ’n Saterdag opgeoffer het om ’n verskil in die dorp te maak. Die projek gaan voort en die gemeenskap sal op hoogte gehou word.

“Dit is lekker om te sien dat gemeenskappe toenemend eienaarskap van hulle dorpe neem. Dit is ook lekker om te sien dat instansies hande vat om van hierdie projek ’n sukses te maak. Ek wil ander organisasies, politieke partye en individue uitnooi om ook hulle gewig by hierdie projek in te gooi. Saam sal ons ’n verskil maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy by dié slaggatprojek betrokke wil raak, kontak vir Marius Trollip by 082 494 4123.

Soortgelyke plasings