AfriForum-tak en gemeenskap in Bethal maak dorp skoon


Die AfriForum-tak in Bethal het verlede week in samewerking met plaaslike besighede en gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek in dié dorp geloods.
Boere en plaaslike besighede het gratis arbeid en toerusting verskaf. Die span het 20 sakke vullis en onkruid weggery, gras gesny, papiere opgetel en die dorp se hoofstraat, sypaadjies langs die spruit en die area om die dam skoongemaak.

“Die projek was ’n reusesukses. Mense sien die verskil raak en ons wil die gemeenskap só aanmoedig om hul woongebiede self skoon te hou. AfriForum bedank ook graag die gemeenskap vir hul bydrae tot die projek,” sê Ingrid Human, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethal.
“AfriForum sal gedurende die jaar soortgelyke projekte aanpak om te verseker dat Bethal nie agteruitgaan nie. Al versuim die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit om hulle pligte na te kom, kan ons nie langer net toekyk nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Skoon” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings