AfriForum-tak herstel slaggate, straatoppervlak by Laerskool Tygerpoort teen R160 000

 

Die AfriForum-tak in Pretoria-Oos het die afgelope twee weke die padoppervlak rondom Laerskool Tygerpoort teen ’n koste van sowat R160 000 herstel. Dit behels ’n area van meer as 4 000 m2.

“AfriForum word deur gemeenskappe genader om in te gryp waar munisipaliteite versuim om hul diensleweringspligte na te kom. Die herstel van slaggate en die instandhouding van paaie is vir AfriForum ’n groot prioriteit en ons sal voortgaan om soortgelyke projekte aan te pak,” sê Lambert De Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

De Klerk sê voorts dat dit die tweede grootskaalse projek van sy soort in Pretoria is. Die organisasie het onlangs ook slaggate rondom Hoërskool Waterkloof teen ’n koste van meer as R100 000 herstel.
Roadchem is deur die organisasie gekontrakteer om die herstelwerk van albei projekte te verrig.
AfriForum doen ’n beroep op inwoners om slaggate in hul omgewings by die organisasie aan te meld.
Raak vandag betrokke deur “Slaggat” na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings