|

AfriForum-tak hou Sasolburg netjies

Die AfriForum-tak in Sasolburg gaan vanjaar voort om parke en groen stroke in Sasolburg en Vaalpark netjies te hou en die gras te sny nadat die tak in 2019 met dié inisiatief begin het. Die tak het op 25 Januarie 2020 langs die onderwysdepartement se kantoor in Totiusstraat, in President Swartweg en in Lethabostraat skoongemaak. Die tak het ook bome gesnoei wat onnet was.

Dié AfriForum-tak het tot dusver drie grassnytrekkers aangekoop en het in 2019 ongeveer 127,3 ha gras daarmee gesny. Dit word deur vrywillige lede van die plaaslike tak gedoen, hoewel die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit soms brandstof voorsien het.

“Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe inwoners eienaarskap van hul dorp neem en nie bereid is om in die slordige omstandighede – wat ook ’n veiligheidsrisiko is – te woon nie. Hierdie tak bewys net weer dat selfdoen beter is as niksdoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Soortgelyke plasings