|

AfriForum-tak in Kimberley beveilig Konsentrasiekampmonument

Die AfriForum-tak in Kimberley het die afgelope week hul projek om die Konsentrasiekampmonument te beveilig voltooi. Die tak het die lemmetjiesdraad, wat aan die heining aangebring is, geborg.

Dit het in Januarie vanjaar onder die tak se aandag gekom dat hierdie monument ’n gewilde slaapplek vir haweloses geword het en die monument loop ook gereeld deur onder vandalisme. Die tak het besluit om te help om die monument te beveilig aangesien dit vir AfriForum as organisasie belangrik is dat erfenisterreine en monumente bewaar moet word. Die monument was reeds agter ’n heining maar dit het nie die vandale gehinder om by die monument uit te kom nie, daarom het die tak op lemmetjiesdraad as oplossing besluit.

“Dit is nie ideaal om die monument so onder slot en grendel te moet sit om mense te ontmoedig om die monument te beskadig nie maar op die einde van die dag moet ons doen wat ons kan om monumente soos hierdie vir ons nageslagte te bewaar,” sê Lize-Mari van der Linden, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Karoo.

Die Kimberley-tak is gereeld besig met aksies wat die omgewing en die gemeenskap bevoordeel en om die dorp veilig, netjies en aantreklik te hou.

Raak vandag nog by die AfriForum-tak in Kimberley betrokke deur “Kimberley” te SMS na 45350 (R1 per SMS). Jou betrokkenheid maak ’n reuseverskil.

Soortgelyke plasings