| |

AfriForum-tak in Klerksdorp koop hommeltuig aan om stad te beveilig

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 27 Januarie ’n hommeltuig wat die tak aangekoop het, aan die opgeleide hommeltuigvlieёniers oorhandig vir gebruik in die bekamping van misdaad in die stad.

Hommeltuigtegnologie is van onskatbare waarde in die bekamping van misdaad, daarom het die buurtwag reeds verskeie lede bemagtig deur hulle vir hommeltuigopleiding te stuur. Klerksdorp spog met twee vlieёniers, Anton Oosthuizen en Theo Gresse, wat deur AfriForum opgelei is. Hulle is by SACAA geregistreer as volwaardige RPL vlieёniers. Die Klerksdorp-tak beoog om in 2022 nog lede te stuur vir hommeltuigopleiding om sodoende die bestaande kapasiteit uit te brei.

Frans Roos, die takvoorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp bedank elke AfriForum-lid in Klerksdorp, wat met ’n glimlag elke maand ’n bydrae maak om die tak te bemagtig om die gemeenskap te beveilig. “Hierdie lede maak dit ook moontlik dat die buurtwagte in die area toegerus kan word met die nodige toerusting. Hierdie hommeltuigtegnologie gaan ’n groot verskil maak in die opspoor van verdagtes en gesteelde goedere, veral in die landelike gebied om Klerksdorp,” het Roos afgesluit.

“Wanneer buurtwagte met die nuutste tegnologie toegerus kan word, maak dit my baie opgewonde. Ek is ook baie dankbaar vir lede wat bereid is om die intensiewe opleiding te ondergaan,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Mense wat wil betrokke raak, kan vir Frans Roos skakel by 083 378 8826.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS Klerksdorp na 45344 (R1)

Soortgelyke plasings