AfriForum-tak in Middelburg woeker voort

Die AfriForum-tak in Middelburg het op Saterdag 22 Januarie die gras by die Gebedsoond gesny. Hierdie aksie volg ná die tak ’n paar weke gelede die houtkruise wat beskadig was verwyder het.


Benewens die natuurlike elemente wat skade aan die kruise aangerig het, het die munisipaliteit ook versuim om die gras te sny en die area oor die algemeen in stand te hou.


Lede het vroegoggend aan die werk gespring en die gras gesny en netjies gemaak. Daar sal nou ’n aansoek gerig word vir die oprig van ’n meer permanente monument wat makliker onderhou kan word.

“Hierdie area is glad nie onderhou nie en die Gebedsoond het onversorgd gelyk, dit het ook die impak van die kruise gedemp. Dit is een van die redes waarom ons nou aansoek om ’n meer permanente oplossing te kry,” sê Vic Boshoff, AfriForum se takvoorsitter in Middelburg.


Sluit vandag aan by AfriForum se Middelburg-tak, SMS “Middelburg” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings