|

AfriForum-tak in Parys plant bome vir boomplantmaand

AfriForum se Parys-tak het op 28 September vyf bome geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek. Die bome is onderskeidelik by die Sonskyn-tehuis vir bejaardes en die Dome Primary School geplant. Albei dié instansies is baie dankbaar vir die aanplant van die bome op hulle terreine.

“Om ’n boom te plant wys dat ’n mens geloof in die toekoms het. Al gaan jy dalk nie die vreugde van die boom geniet nie, het jy die geloof dat jou nageslag dit wel sal kan geniet. Ek wil mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings