| | |

AfriForum-tak in Potchefstroom ondersteun tehuise tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 19 Mei 2020 100 drielaagmateriaalgesigmaskers by die Ons Hulde-tehuis vir bejaardes afgegee en 25 liter handreiniger by Huis Hebron afgelewer om dié inwoners teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm.

’n Gemeenskapslid het die gesigmaskers aan AfriForum geskenk om na goeddunke te gebruik en die tehuis se bestuur het dit entoesiasties ontvang. Die gesigmaskers sal gemerk en aan die inwoners uitgedeel word.

Huis Hebron was ook baie dankbaar vir die handreiniger aangesien hulle nie werklik geld het om sulke noodsaaklikhede aan te koop nie. Die AfriForum-span is hartlik ontvang en vir ’n vinnige toer geneem. Huis Hebron ontvang graag enige skenkings van die publiek – van kos tot items waarvan mense ontslae wil raak. Huis Hebron het werkwinkels en gebruik enige item om iets uit niks te vervaardig.

“Dit maak ’n mens se hart warm om iets kleins aan instansies te gee en dan is die waardering daarvoor so oorweldigend. Daar is soveel nood daar buite – voedselnood, maar ook ander nood. Kom ons maak ons oë en harte oop en gee uit oorvloed,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Skakel Leanie van Ronge by 072 314 1774 en word deel van hierdie inisiatief.

Soortgelyke plasings