|

AfriForum-tak in Warmbad neem deel aan #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Warmbad het in Julie verskeie aksies aangepak as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek.

Die tak en buurtwag het deur die loop van die maand 180 sakkies teer gebruik om slaggate in die dorp te vul.

’n Nuwe grassnyer is ook aangekoop om die tak in staat te stel om meer gereeld die parke in die omgewing se gras te kan sny sodat die parke netjies is vir die gemeenskap om te gebruik.

Die buurtwag het ook deelgeneem aan die organisasies se nasionale patrollie.

“Dit is goed om te sien hoe hierdie tak saamwerk om die dorp mooi te maak en veilig te hou. Ons nooi die gemeenskap uit om ook betrokke te raak by die tak se toekomstige aksies,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Die tak het die parkie in Apiesdoringstraat identifiseer vir hulle volgende projek en nooi hulle lede van die gemeenskap uit om te help om hierdie projek ook ’n sukses te maak.

Raak vandag nog betrokke by Afriforum se tak in Warmbad : SMS jou naam na 45340 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe bydrae.

Soortgelyke plasings