AfriForum-tak in Kaapstad-Noord en SAPD staan saam

 

Die AfriForum-tak in Kaapstad-Noord en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Bellville gaan voortaan saam die geveg teen misdaad voortsit.
Dit volg nadat dié tak ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD (nasionaal) in Centurion gesluit is aan brig. André van Dyk, die stasiebevelvoerder van die Bellville-polisiestasie, oorhandig het.

“Dit is verblydend om te sien dat die polisie bereid is om saam met AfriForum-buurtwagte te werk. Ons vertrou dat ons deur goeie samewerking ’n positiewe verskil in die gemeenskap kan maak,” sê Tommy van Zyl, AfriForum se takvoorsitter in Kaapstad-Noord.
“Misdaad in woongebiede neem daagliks toe. Dit is vir AfriForum belangrik om sáám met die polisie nuwe strategieë te ontwikkel en uit te voer om misdaad hok te slaan,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Kaap.

 

Soortgelyke plasings