|

AfriForum-tak knap tuin by Bethal polisiekantoor op

Die AfriForum-tak in Bethal het op Maandag 17 Januarie gehelp om die tuin by die plaaslike polisiekantoor op te knap. Dié tak het ook Maandag begin om die omgewing langs die N17 skoon te maak ná die swaar reën.

Dit volg ná die tak ’n versoek van die polisiekantoor se bestuur ontvang het om te help aangesien die gras dig gegroei het en die tuine sleg gelyk het as gevolg van die weersomstandighede die afgelope tyd. 

Die gras is gesny en verwyder, vrywilligers het ook die gras wat teen die N17 groei gesny en die grond wat oor die pad gespoel het, is verwyder. Sowat drie bakkievragte vol gras en twee bakkievragte vol grond is gedurende hierdie aksie verwyder.

“Dit is vir ons lekker dat die gemeenskap na ons toe uitreik om te help met hierdie probleme eerder as wat dit gelos word dat dit ’n punt van totale verval bereik,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in die Hoëveld.

Sluit vandag aan by AfriForum se Bethal-tak, SMS “Bethal” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings