|

AfriForum-tak maak George Starke-park in Parow skoon

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 12 Januarie 2022 die jaar op ’n positiewe noot afgeskop met ’n skoonmaakprojek op die hoek van George Starke- en Frieslandstraat in Parow.

Dié aksie volg nadat die gebied al vir geruime tyd ’n seeroog vir die publiek is weens onwettige vullis wat daar gestort word. Die tak het ongeveer agt swart sakke rommel opgetel en weggery.

“AfriForum se Kaapstad-Noord-tak wil tot ’n veiliger, skoner gemeenskap bydra. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike tak betrokke te raak en ons te ondersteun om nog meer projekte aan te pak om die omgewing te verbeter,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Volgens Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland, is hierdie selfdoenaksie reeds die derde soortgelyke aksie wat die tak die afgelope drie maande aangepak het en die tak sal voortgaan om ander probleemareas in die noordelike voorstede van Kaapstad aan te pak. Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak en deel te word van die oplossing. Sluit vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak aan: SMS “Kaapstad-Noord’’ na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings