AfriForum-tak in Potchefstroom plant vrugtebome tydens boomplantmaand

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Potchefstroom-tak het boomplantmaand afgesluit deur 24 vrugtebome in die dorp aan te plant.
Die tak het besluit om voortaan vrugtebome as deel van hierdie inisiatief te plant, aangesien die gemeenskap die vrugte daarvan kan benut. Daar is vanjaar weer gefokus op parke in die Baillie Park-omgewing en die tak beplan om later vanjaar nóg bome in ander parke in die dorp te plant.

“Die AfriForum-tak in Potchefstroom het ’n groot passie vir die dorp en sy inwoners. Met die plant van vrugtebome sorg hulle nie net vir pragtige parke nie, maar inwoners kan ook later die vrugte pluk en eet,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die sentrale streek.
“Jy kan ’n verskil maak net waar jy is,” sê Herman Swiegers, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak.

Soortgelyke plasings