AfriForum-tak in Pretoria-Oos het meer as R100 000 op slaggate spandeer


Die AfriForum-tak in Pretoria-Oos het tussen 27 en 30 Maart 2017 ’n selfdoenaksie uitgevoer waar slaggate in en rondom Hoërskool Waterkloof teen ’n koste van meer as R100 000 herstel is. Nadat die slaggate gevul is, is lyne van sowat 40 m geverf.
Hoërskool Waterkloof het AfriForum genader om hierdie projek aan te pak omdat die slaggate ’n gevaar vir leerders inhou weens voertuie wat uitswaai om die slaggate te vermy.
Roadchem, ’n plaaslike kontrakteur, se dienste is ingespan. Altesaam 808 m2 se slaggate is gevul waarvoor 25 ton asfalt, 1 000 liter bindlaag, 600 kg kraakseël en 800 liter seëlaar gebruik is.

“Die gemeenskap nader AfriForum om munisipale diensleweringskwessies behoorlik aan te spreek. Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons sal dit met die Tshwane Metroraad opneem,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

De Klerk voeg by dat hierdie ’n deurlopende projek gaan wees en dat AfriForum deur die verloop van die jaar nog sulke projekte gaan aanpak.

“Ek moedig nog skole en inwoners aan om swak dienslewering te rapporteer sodat ons die projekte kan aanpak,” sê De Klerk.

Raak vandag betrokke deur “Slaggat” na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings