AfriForum-tak in Randfontein en SAPD beklink hul samewerking


Die AfriForum-tak in Randfontein het op 9 Maart 2017 hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Randfontein bevestig.
Dít volg nadat dié AfriForum-tak ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is aan brig. Mashole Jacob Manamela, die stasiebevelvoerder van die Randfonteinpolisiestasie, oorhandig het.

“Die ooreenkoms het ten doel om kommunikasie tussen AfriForum en die SAPD te versterk. AfriForum-buurtwagte sal voortaan ook ʼn erkende rolspeler wees in die verbetering van veiligheid en gemeenskapsamewerking om die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Tewie Botha, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.
“Dit is verblydend om te sien dat die polisie bereid is om hande te vat met AfriForum-buurtwagte en ons by te staan met projekte en inisiatiewe,” sê Matiam Van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.

Met jou hulp kan ons nóg meer in jou gemeenskap doen. SMS “Buurtwag” na 45342 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings