AfriForum-tak in Roodepoort verryk lewens in samewerking met Helpende Hand


Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 21 Januarie 2019 in samewerking met Helpende Hand skooltassies en skryfbehoeftes by skole aan die Wes-Rand uitgedeel.
Die Roodepoort-tak het besluit om vanjaar op jeugaksies te fokus en het daarom besluit om hierdie Helpende Hand-inisiatief te ondersteun.

“Dit is ’n voorreg om saam met individue en organisasies te werk wat kies om hoop te skep, veral vir die jeug – ons toekoms,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

Altesaam 120 tassies met die nodige skryfbehoeftes is by vier Afrikaanse skole in die Wes-Rand uitgedeel. Helpende Hand en AfriForum se Roodepoort-tak sal ook in die toekoms soortgelyke aksies saam aanpak.

Soortgelyke plasings