|

AfriForum-tak se jeuglede maak Standerton skoon

Die jeug van AfriForum se Standerton-tak het kragte saamgespan en op Saterdag 20 Julie 2019 die ou Meyerville-brug oor die Vaalrivier in Standerton skoongemaak. Die jeug het tydens fase 1 bome gesnoei, gras gesny en sakke vol rommel opgetel.

“Dit is vir ons lekker om die ou brug skoon te maak en ons sal dit graag skoon wil hou. Ons beoog ook om die brug in die toekoms op te knap en te verf,” sê Michelle Pretorius, jeugportefeuljevoorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

 

“Die jeugspan het met oorgawe deelgeneem en dit is so lekker om te sien dat die gemeenskap sélf by skoonmaakaksies betrokke raak,” sê Pieter Botha, AfriForum se Standerton-takvoorsitter.

Die tak wil graag die volgende sakeondernemings bedank wat as borge opgetree het: Meat Masters-slaghuis, Standerton Spar, Engen Dorp, Engen Meyerville en Appeldew-gastehuis.

Raak by AfriForum betrokke en word deel van die verskil: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings