|

AfriForum-tak spring in om slaggate in Bethal te vul

Die AfriForum-tak in Bethal het op 21 Januarie 2022 ingespring om slaggate in die dorp op te vul. Met die swaar reën wat gedurende Desember en Januarie uitgesak het, het die hoeveelheid slaggate in die dorp toegeneem.

200 sakkies teer is gebruik om slaggate te vul in Chris Hanistraat voor Wonderland Kleuterskool, asook in Marklaan voor Laerskool Marietjie van Niekerk. Hierdie projek is moontlik gemaak danksy die Bethal-gemeenskap wat gehelp het deur die teer te borg.

“Ons gaan nie wag totdat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit die gate gaan vul nie; ons vul dit eerder self. Die slaggate beskadig mense se voertuie en stel lewens in gevaar,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Bethal-tak betrokke: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings