AfriForum-tak in Springbok vra tegniese hoof se kwalifikasies


AfriForum se Springbok-tak het ’n aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) gebring om te bepaal of die tegniese bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit aan die nodige kwalifikasies voldoen.

“Ons moet seker maak dat ons gemeenskap se belange op die hart gedra word en dít kan ons slegs doen deur eerstens seker te maak dat die mense wat in bestuursposisies in ons munisipaliteit aangestel is inderdaad oor die regte kwalifikasies beskik om hul werk na behore te kan doen,” sê Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak.

Gee aan AfriForum se Springbok-tak die mandaat om dié munisipaliteit aan te vat: SMS “Springbok” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings