AfriForum-tak in Vanderbijlpark herstel slaggate by skool


Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 23 Junie slaggate in die gebied om die Laerskool Kollegepark gevul.
Altesaam 77 slaggate is hier gevul, kruisings en skoliervoetoorgange is geverf en padtekens is opgeknap en oorgeverf. AfriForum se Vanderbijlpark-tak beoog om die komende naweek van 30 Junie by nog ’n skool in die dorp soortgelyke opknappingswerk te doen.

“AfriForum se Vanderbijlpark-tak het besluit om eers met hierdie tipe opknappingswerk in die gebiede rondom skole aan die werk te spring. Dit is ’n begin en ons kan net vorentoe van hier af,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en die Vaaldriehoek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vanderbijlpark” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings