AfriForum-tak in Kimberley bevestig samewerkingsooreenkoms met plaaslike polisie


Die AfriForum-tak in Kimberley het gister sy samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is, aan brig. Makgari, bevelvoerder van die Kimberley-polisiestasie, te oorhandig.

“Ons is baie opgewonde oor dié ooreenkoms, wat ten doel het om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Linja van Wyk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.
“Hierdie ooreenkoms bring mee dat ons selfs ’n groter verskil in ons gemeenskap kan maak. Deur saam te werk kan ons misdaad bekamp, ongeag die organisasie waaraan jy behoort,” sê Reimund Meissenheimer, ondervoorsitter van AfriForum se Kimberley-tak.
“Ons gemeenskap se veiligheid is nie net een persoon se verantwoordelikheid nie, maar die hele gemeenskap s’n,” voeg Meissenheimer by.

Soortgelyke plasings