AfriForum-tak in Vryburg en Stella Boerevereniging vat hande om Calvinia te help


’n Anonieme boer van Stella het ’n skenking van 1 000 bale voer aan boere in Calvinia gemaak wat steeds onder die droogte gebuk gaan. AfriForum het die brandstofkostes vir die aflewering van die voer ten volle gedek.
P.M. de Villiers, ’n lid van die Stella Boerevereniging, het 850 bale op 5 Junie 2017 in Calvinia afgelewer. Die ander 150 bale gaan tot droogtepille verwerk word wat ook geskenk sal word.

“Die boere het die voer met dankbaarheid ontvang, want daar is niks in die veld nie,” sê De Villiers.
“Ons is dankbaar dat AfriForum en die boerevereniging saamwerk vir hierdie goeie saak. Albei organisasies is steeds besig met planne om die boere in nood te help,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak betrokke by hierdie projek: SMS “Voer” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings