|

AfriForum-tak woeker in Bethal

Die AfriForum-tak in Bethal het op Vrydag 11 Maart hul skoonmaakprojek by die Nestlé-brug voortgesit. 

Hierdie projek is een wat die tak al vir die laaste vier jaar mee volhou, die projek poog om die algehele netheid en voorkoms van die brug en omliggende area te verbeter. Die gras word gesny rondom die brug en die omgewing skoongemaak. Hierdie keer was dit egter ’n groot uitdaging omrede die tak se bossiekappers gereeld meganiese probleme begin ervaar het. Die Bethal-tak het egter plan gemaak en nuwe bossiekappers aangeskaf om die aksie te voltooi.

Die tak het ook ’n slaggat-projek aangepak in die Hoëveld- en Van der Stel-laan omgewing waar meer as 200 sakkies teer gebruik is om die paaie te herstel.

“Bethal se agteruitgang word nie deur die munisipaliteit aangespreek nie, maar ons sal aanhou baklei vir die dorp,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Hoëveld.

Sluit vandag aan by AfriForum se Bethal- tak, SMS “Bethal” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings