AfriForum-takke aan die Oos-Rand staan saam teen plaasmoorde

 

AfriForum se takke aan die Oos-Rand het op 25 November 2017 aan die burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou deelgeneem.

Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memorandums aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te vestig. Die memorandums is by polisiestasies in Alberton, Benoni, Brakpan, Germiston, Nigel, Primrose en Springs ingehandig. Al dié polisiestasies het die memorandums positief ontvang.
Nagenoeg 1 500 mense het ondanks die swaar reën aan die optog deelgeneem. ’n Bus met sowat 50 AfriForum-buurtwaglede het vanuit die Oos-Rand vertrek om as veiligheidsbeamptes tydens die optog op te tree – 43 van dié buurtwaglede vorm deel van die Kempton Park-buurtwag.

“Dit is belangrik dat ons as gemeenskapslede standpunt teen plaasaanvalle inneem en self ons deel doen om ’n daadwerklike verskil te probeer maak,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-buurtwag.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om by hul plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke te raak en aan te sluit: SMS “Buurtwag” na 45342 en maak ’n verskil in jou gemeenskap.

Soortgelyke plasings