|

AfriForum-takke en vrywilligers vereer by nasionale kongres

Daar word dikwels gesê AfriForum se sukses word gebou op die bydraes van vrywilligers. Die onderskeie takke was weer baie bedrywig die afgelope jaar en ’n aantal pryse is die afgelope naweek by die driejaarlikse nasionale kongres aan takke en vrywilligers oorhandig vir hul waardevolle bydraes om onder meer staats- en munisipaleverval teen te werk.

Sasolburg is aangewys as die algehele tak van die jaar. Dié tak het oor die afgelope drie jaar die beste presteer en is bekend vir hul volhoubare projekte. Oor die afgelope jaar is daar onder meer 201 hektaar se parke en velde gesny en 30 ton teer is aangewend om slaggate te herstel. Die ledetal het ook met 602 lede gestyg.

Sasolburg is aangewys as die tak van die jaar. Van links na regs staan Jaco Grobbelaar (streekshoof), André Vallentgoed, Alta Pretorius (distrikskoördineerder), Tyrone Langeveld, Hanlie Powell, Jan Meiring, Jo Fourie, Chantelle Vallentgoed, Amor Powell, Johan van der Westhuizen en Johan Cooks.

Streekswenners

Projekwenners

Jeugwenners

‘n Spesiale toekening is aan Louis en Joy Cook gemaak. Oom Louis het uitgetree by die tak in Mosselbaai ná hy 13 jaar gelede ‘n stigterslid van die tak was.

Soortgelyke plasings