| |

AfriForum-takke in Kroonstad en Steynsrus maak skenkings vir aankoop van kospakkies

Die AfriForum-takke in Kroonstad en Steynsrus het beide skenkings aan instansies gemaak om te help met die aankoop en verspreiding van kospakkies in die gemeenskap. Hierdie skenkings sal die instansies verder in staat stel om gesinne wat deur die staat van inperking geraak is, te ondersteun. Skenkings is onderskeidelik aan Solidariteit Helpende Hand se Kroonstad-tak en die N.G. Kerk Steynsrus gemaak.

“Die COVID-19-krisis het baie gesinne onkant betrap en hulle was nie finansieel daarop voorbereid om voedsel en die nodige toiletware aan te koop nie. Daarom het die takke besluit om die skenkings te maak sodat hierdie mense ook die nodige hulp en ondersteuning ontvang. Ons sal aanhou om projekte aan te pak om ons gemeenskappe by te staan in weerwil van hierdie moeilike tye,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Die takke wil graag elke lid bedank vir hul bydraes en ondersteuning – dit maak projekte soos hierdie moontlik.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). ’n Gemeenskap wat saamstaan is ’n sterk gemeenskap.

Soortgelyke plasings