AfriForum-takke in Uitsig en Pellissier trek verdagte vas

Lede van AfriForum se takke in Uitsig en Pellissier het gister ’n verdagte vasgetrek wat besig was om palissadeheinings langs ’n treinspoor af te saag en te steel.

“Een van ons lede het ons ingelig dat palissadeheinings langs die treinspoor in Memoriamweg afgesaag en gesteel word. Ons patrollielede is hiervan in kennis gestel en met hul aankoms by die misdaadtoneel het ’n verdagte in die veld weggekruip. Nadat die SAPD ontbied is, is hy in hegtenis geneem. ’n Sak met handskoene, ystersae en ’n tou, asook twee panele wat reeds afgesny is, is ook op die toneel gevind. Later is verneem dat daar aanvanklik vyf verdagtes was,” sê Gert Jacobs, voorsitter van AfriForum se Uitsig-tak.
“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking en kommunikasienetwerke tussen ons buurtwagte wat die veiligheid van hulle gemeenskap hoog op prys stel,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Soortgelyke plasings