AfriForum-takke in Vryburg en Wolmaransstad skenk water aan Calvinia


Die burgerregte-organisasie AfriForum se takke in Vryburg en Wolmaransstad het 6 000 liter water tot die eerste fase van die Calvinia-waterprojek bygedra.
Volgens Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, is dit ’n voorreg vir die plaaslike inwoners om water by te dra, aangesien hulle pas deur ’n droogte is en weet hoe erg dit is om sonder water te wees.
Die AfriForum-tak in Vryburg wil graag die volgende persone en instansies bedank: Die AfriForum-tak in Wolmaransstad wat 2 500 liter water ingesamel en dit in Vryburg afgelaai het, die inwoners van Vryburg wat mildelik water bygedra het, Kalahari Solar se personeel wat hul perseel beskikbaar gestel het en die water ontvang het, Water 4 Us en Oase wat gesuiwerde water geskenk of teen kosprys beskikbaar gestel en afgelewer het, asook die plaaslike buurtwag wat soggens en saans gehelp het om die water heen en weer te vervoer.

“Dit is wonderlik om te sien hoe mense na mekaar uitreik en hul medemens in tye van nood bystaan,” sê Pretorius-Swart.

Wys jou steun vir AfriForum: SMS “Water” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings