AFRIFORUM TAKSUKSESSE: APRIL 2021

TAKSUKSESSE: APRIL 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • AfriForum se Klipeiland-buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die tak het sowel Boere- as Britse monumente opgeknap.
  • Die buurtwag het twee massapatrollies gehou.
  • Die buurtwag het twee kinders opgespoor en aan hulle ouers terugbesorg.
  • Die tak het die Tshwane-metro met vullisverwydering gehelp tydens ’n staking van munisipale werkers.
  • Die buurtwag het bystand verleen op vier ongelukstonele.
  • Die buurtwag het misdadigers vasgetrek wat ’n televisie gesteel het.

Oos-Moot

  • Die tak het verskeie velde en vleigebiede skoongemaak.
  • Die tak het die onwettige storting van vullis by ’n leë gebou aangemeld nadat ’n klagte daaroor ontvang is. Die tak beplan gevolglik om die vullis te verwyder.
  • Die tak het ’n behoeftige gesin bygestaan nadat hulle huis afgebrand het.

Centurion

  • Die tak het oor die afgelope twee maande meer as 580 sakke vullis in Highveld laat verwyder, asook toegesien dat bossies op verskeie sypaadjies met gif gespuit word om verdere groei te verhoed.
  • Die tak het in samewerking met die Orde van die Boshoed begin om die ou militêre begraafplaas in Voortrekkerhoogte (nou Thaba Tshwane) skoon te maak. Dié begraafplaas is in ’n haglike toestand: Boumateriaal en huisvullis word onwettig daar gestort, die plantegroei het byna die hele begraafplaas toegegroei en oop vure word gereeld daar gemaak.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers ’n massapatrollie in dié dorp gehou.
  • Die tak het in samewerking met die DA en gemeenskapslede van Rand-en-Vaal ’n groot skoonmaakprojek in die gebied gehou.
  • Die tak het in samewerking met die Voortrekkers, die FAK en die Paardekraal-feeskomitee ’n skoonmaakprojek by die Paul Kruger Monument gehou.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het begraafplaaspatrollie gehou.
  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek by die veld by die Van Riebeeck Hotel gehou.

Fochville

  • Die tak het ’n muurbalaksie van stapel gestuur wat behels dat skoolkinders die geleentheid gegun word om in die sport te ontwikkel.

OOS-RAND

Boksburg

  • Die tak het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak en die buurtwag het die Boksburg SAPD tydens vier spesiale operasies bygestaan.
  • Die tak het aan Operasie Masakhane deelgeneem.

Brakpan

  • Buurtwaglede het hand bygesit tydens ’n tuisbevalling.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan nadat ’n huisroof aangemeld is.
  • Die buurtwag het noodhulpopleiding ontvang.

Kempton Park

  • Die tak het ’n projek by die Elim Kliniek afgeskop.
  • Die tak se jeugvleuel het by agt skole spekbome geplant.
  • Die buurtwag het aan Operasie Masakhane deelgeneem.

Germiston

  • Die buurtwag het hulp verleen met die blus van ’n huisbrand in Primrose Hill.
  • Die buurtwag het die brandweer bygestaan tydens die blus van verwoestende brande by die Johannesburg Algemeen Hospitaal.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het ’n massapatrollie gehou.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer afgesny word.
  • Die tak diens weekliks 30 vullisdromme in die dorp se sentrale sakekern.
  • Die tak het meel aan 90 gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselhulpprojek.
  • Die tak het ’n gevaarlike kruising beveilig nadat ’n boer in ’n ernstige motorongeluk betrokke was weens ’n gebrek aan waarskuwingstekens.

Dullstroom

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het gehelp om die tuin by die polisiestasie skoon te maak.

Machadodorp

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het slaggate opgevul.

Lydenburg

  • Die tak het die duikweg in die dorp opgeruim.

Kranspoort

  • Die tak het ’n monument skoongemaak en dit ook aangeneem as deel van ’n volhoubare projek.

Piet Retief

  • Sowel die buurtwag as die tak het deurlopend patrollies gery tydens ’n belangrike hofsaak in die dorp, terwyl buurtwaglede ook statiese poste gehandhaaf het om alle bewegings te moniteer.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verbeter.

Standerton    

  • Die buurtwag het hulp aangebied op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in en om die dorp te verbeter.
  • Die tak het in samewerking met Ons Radio en Lekwa Cleanup Crew ’n slaggatherstelprojek afgeskop.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)  

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Sowel die tak as die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die tak het slaggate in Secunda opgevul.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan ’n verfprojek in die dorp deelgeneem.
  • Die tak het slaggate in Delmas opgevul.

Witbank

  • Die tak het verskeie projekte in die dorp aangepak.
  • Die tak het gehelp met die aflaai van kospakkies.

Ermelo

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het projekbeplanning gedoen.

Middelburg 

  • Die tak en die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.

LIMPOPO

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Limpopo het oor die Paasnaweek aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.

Phalaborwa

  • Die tak het slaggate opgevul.

Marble Hall

  • Tak- en buurtwaglede het die monument by die Loskopdam gerestoureer.

Nylstroom

  • Die tak het slaggate opgevul.

Messina

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD onwettige immigrante gearresteer.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die uitvoer van 12 arrestasies.

Pietersburg

  • Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Potgietersrus-buurtwag ’n sigbaarheidspatrollie gehou.

Potgietersrus

Die buurtwag het verskeie arrestasies uitgevoer.

TAKSUKSESSE: APRIL 2021 – SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die tak het suksesvol gereorganiseer met 11 nuwe bestuurslede.
  • Twee buurtwaglede wat onlangs as hommeltuigoperateurs opgelei is het hul hommeltuig tydens die reorganisasievergadering – wat deur Kallie Kriel bygewoon is – ontvang.

Welkom

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike polisie en ander plaaswagte en boere die inoefening van ’n noodplan hanteer en gekoördineer. Die inoefening was uiters suksesvol.

Bultfontein

  • Taklede het ’n praatjie tydens ’n gemeenskapsvergadering gelewer.
  • Die tak het ’n stalletjie by Shoprite in die dorp beman as deel van ’n bewusmakingsprojek.
  • Die tak se jeugvleuel het met graad 8- tot graad 12-leerders oor verskeie belangrike kwessies gesels wat in samewerking met die onderwysers as gepaste temas geïdentifiseer is.
  • Buurtwaglede help daagliks by die plaaslike skool om verkeer te reguleer sodat leerders veilig oor die pad kan beweeg.

Kroonstad

  • Die tak het foto’s van die Valsrivier met behulp van ’n hommeltuig geneem vir hofsaakdoeleindes. Dít volg nadat watermonsters van die Valsrivier in Maart 2021 geneem is na aanleiding van die talle visvrektes in dié rivier. Die tak beplan ook om later ’n skrywe aan die munisipale bestuurder te rig en moontlik ’n strafregtelike klagte teen die plaaslike munisipaliteit aanhangig te maak.

Frankfort

  • Die tak het finale hofstukke ontvang vir ’n aansoek wat op 24 Junie 2021 op ’n ongeopponeerde basis gaan geskied.

Winburg

  • Die tak het voortgegaan om die konsentrasiekampbegraafplaas in die dorp op ’n volhoubare manier skoon en netjies te maak, terwyl hulle ook hard werk om dit veilig vir besoekers te hou.

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het weekliks twee werkers gehuur om die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoon te maak.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie keer patrollie gery en die afgelope maand twee arrestasies gemaak.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle gholfdag gehou om fondse vir nuwe toerusting in te samel. Altesaam R21 000 is ingesamel.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat dit aangepak word.
  • Die buurtwag het 21 patrollies gehou.
  • Die tak het sewe stoptekens opgerig en boomtakke afgesaag waar verkeerstekens versper is.
  • Die tak het skoonmaakprojekte geïnisieer en die hele gemeenskap daarby betrek; die museum is onder meer nuut oorgeverf.
  • Die tak het 1,6 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak het begin om die ou begraafplaas in samewerking met Parys Selfdoen skoon te maak.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 10 ha skoongemaak deur vullis te verwyder en boomtakke af te saag en te verwyder.
  • Die tak het 63 ha gras in parke en groenstroke gesny.
  • Die tak het 1,1 ton teer gebruik om slaggate op te vul.

ROSESTAD

Algemeen

  • AfriForum se Bloemfontein-takke het vullis in Fichardtpark, Pellissier en Gardeniapark verwyder nadat die Mangaung Metro vir drie weke lank geen vullis verwyder het nie.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het instandhoudingswerk by die President Brand-begraafplaas gedoen. Dít volg nadat Dirk Venter die organisasie om hulp genader het om dié begraafplaas netjies te hou.

Sektor 3

  • Die tak het in samewerking met die Vrystaat Cheetahs se Cheetahs for Change-projek en die Hoërskool Jim Fouché se eerste rugbyspan slaggate in Gardeniapark opgevul.

NOORDWES

MARICO

Lichtenburg

  • Die tak het 401 sakkies teer, wat gelykstaande is aan 12 ton, gebruik om slaggate in die dorp op te vul.

Coligny

  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.

Hartbeespoort

  • Die buurtwag het twee van sy lede vir opleiding as hommeltuigoperateurs na Orania gestuur. Dít volg nadat die tak ’n hommeltuig aangekoop het om gemeenskapsveiligheid op te skerp.

STELLALAND

Christiana

  • Danksy die skrywe wat die tak aan die munisipaliteit gerig het en die vergadering wat die tak met die munisipaliteit belê het, het die munisipaliteit voortgegaan om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het die Stellaland Beraad in Schweizer-Reneke bygewoon.
  • Die buurtwag het suksesvolle patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n herwinningsprojek by die plaaslike hoërskool geïdentifiseer.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare groentetuinprojek.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het die Stellaland Beraad gehuisves.
  • Die buurtwag het suksesvolle en sigbare patrollies gehou.
  • Die takbestuur het met die munisipale bestuurder oor dienslewering vergader.
  • Die buurtwag het met ’n plaaslike sekuriteitsfirma vergader om moontlik ’n samewerkingsooreenkoms op te stel rakende ’n beheerkamer.

Ottosdal

  • Die takbestuur het die Stellaland Beraad in Schweizer-Reneke bygewoon.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig rakende riool wat in die strate vloei, waarna die munisipaliteit die probleem die volgende dag opgelos het.
  • Die tak se skoonmaakprojek het daarop gefokus om verskeie oop erwe se gras kort te sny vir veiligheidsdoeleindes, asook om onwettige vullisstorting te verhoed.

Delareyville

  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek voortgesit en die gras langs die dorp se ingange gesny.
  • Die tak het ook die gras langs en voor die hospitaal gesny.
  • Die sny van die park se gras het aan die einde van April begin en sal in Meimaand voortgaan. Die sny van gras help die buurtwag tydens patrollies, hou die dorp netjies en bied terselfdertyd weer speelplek aan kinders.
  • Die buurtwag het suksesvolle en sigbare patrollies gehou.

Hertzogville

  • Die tak het die Stellaland Beraad in Schweizer-Reneke bygewoon.
  • Die takbestuur het onwettige vullisstorting by die plaaslike skool by die munisipaliteit aangemeld, waarna die munisipaliteit dit verwyder het.
  • Die nuwe takbestuur het ’n volhoubare projek geïdentifiseer tydens ’n takbestuursvergadering.

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het ’n aanmaningsbrief aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die haglike toestand van die dorp se rioolwerke.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het oor die Paasnaweek gehelp om verkeer te reguleer tydens ’n ernstige motorongeluk.
  • Die buurtwag het die gebiede rondom omsetters skoongemaak om kabeldiewe van wegkruipplek te ontneem, asook om ’n brandgevaar uit te skakel.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan deur verskeie veldbrande te blus.

Potchefstroom

  • Die tak het ’n gesin met kospakkies bygestaan totdat Solidariteit Helpende Hand verder kon help.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery en ongeveer 100 patrollies tydens April gehou.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies aangemeld en opgevolg totdat dit uiteindelik opgelos is.
  • Die tak het drie spoedhobbels in ’n besige straat geverf.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het aanhoudend druk op die munisipaliteit uitgeoefen om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het die Kowie-sirkel skoongemaak en die randstene geverf.
  • Die buurtwag het die gebied rondom die burgersentrum skoongemaak.

Ventersdorp

  • Die tak het die dorp se strate skoongemaak.

Wolmaransstad

  • Die tak het die sypaadjies skoongemaak en ’n voorbrand by die ouetehuis gemaak met behulp van Working on Fire.

KWAZULU-NATAL

Utrecht

  • Die tak het aan ’n voedselverspreidingsprojek deelgeneem.

Vryheid

  • Die tak het met hofverrigtinge begin met betrekking tot die onreëlmatige sny van ’n plantasie.
  • Die tak het verskeie patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Paulpietersburg

  • Die tak het gras op die sypaadjies in die industriële gebied gesny.
  • Die tak het verskeie patrollies op Sondae gery om hul gemeenskap te beveilig.

Pongola

  • Die tak het die begraafplase in Magudu en Pongola opgeruim.
  • Die tak het vullis in die dorp verwyder.
  • Die tak het verskeie waterlekkasies in die dorp aangemeld wat uiteindelik deur die munisipaliteit herstel is.

Margate

  • Die tak het gehelp om die dak van ’n skuiling vir hawelose mense reg te maak.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie suksesse behaal deur toe te slaan op die onwettige smokkelary van produkte.

TAKSUKSESSE: APRIL 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • AfriForum se Douglas-tak het ’n skrywe van die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit ontvang wat ’n vergadering aanvra met die oog op samewerking. Dít volg nadat die tak die uitslae van sy vullisterreinoudit vir dié munisipaliteit aangestuur het.
  • AfriForum se buurt- en plaaswagte in Orania, Philipstown, Strydenburg en Modderrivier het deurlopend patrollies gehou om hulle onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se Orania-tak het veiligheidsopleiding ontvang.

Kamiesberg

  • Die tak het skrywes aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gerig om aandag te skenk aan die lae druk waarmee varswater aan die gemeenskap voorsien word.

Kathu

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om herstelwerk aan die grondpaaie in die dorp te doen nadat dit erg verspoel het tydens swaar reënneerslae.
  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers ’n projek van stapel gestuur wat herstelwerk aan die teerpaaie in die dorp behels.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Keimoes

  • Die tak het vullis langs die hoofstraat verwyder.
  • Die tak het kospakkies by behoeftige mense afgelewer.
  • AfriForum se Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het nuwe veiligheidstoerusting vir AfriForum se Grootoog-buurtwag aangekoop.

Kimberley

  • Die tak het met die munisipale bestuur van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit oor waterkwessies vergader.
  • Die tak het ingenieurs gekontrakteer om herstelwerk aan die Riverton-pompstasie te verrig.
  • Die tak het ’n petisie rakende waterkwessies aan die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
  • Die tak het met AfriForum se bestuurders van omgewingsake en plaaslikeregeringsake, asook ander rolspelers in die gemeenskap oor waterkwessies vergader.
  • Die tak het sy pasgemaakte waentjie bekend gestel as deel van die eerste fase om ’n skoner Kimberley te bewerkstellig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Kuruman

  • Die tak het die ouetehuis in die dorp se gras gesny sodat die publiek weer daar kan braai en gesellig verkeer.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy kamerastelsels in die dorp herstel.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om twee gevangenes wat uit aanhouding ontsnap het, vas te trek.

Prieska

  • Die tak het kospakkies aan die plaaslike ouetehuis geskenk.
  • Die tak het ’n dokument oor munisipale kwessies in Prieska saamgestel met die oog op die inwinning van regsadvies.
  • Die tak het met AfriForum se bestuurders van omgewingsake en plaaslikeregeringsake vergader om munisipale kwessies te bespreek.

Springbok

  • Die tak het gehelp om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het skrywes aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gerig oor onder meer watervoorsiening en personeel wat nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie.

Upington

  • Die tak het kospakkies aan behoeftige gesinne uitgedeel.
  • Die tak het gras op die dorp se middelmanne en langs die hoofroetes gesny, asook vullis verwyder.
  • Die tak het gehelp met die herstel van waterpype wat in een van die informele nedersettings gebars het.
  • Die tak het kos aan ’n sopkombuis in Klippunt geskenk.

Vaalharts

  • Die tak het gehelp met die opvul van slaggate.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het hand bygesit met die herstel van verskeie water- en rioollekkasies.
  • Die tak het skrywes aan die munisipale bestuur van die Mbhashe Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende water- en rioolprobleme, asook die toestand van die vullisterrein in Elliot.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Gamtoosvallei

  • AfriForum se veiligheidstrukture in die Sondagsriviervallei, die Gamtoosvallei en Kirkwood het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies wat die tak tot nuwe hoogtes kan neem.

Port Elizabeth

  • AfriForum se Walker Drive-buurtwag het ’n reusesoektog na ’n vermiste persoon gekoördineer, asook verskeie projekte van stapel gestuur om misdaad hok te slaan.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die Walker Drive-gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die gedenksteen ter nagedagtenis aan die gevangenes van die konsentrasiekamp wat tydens die Anglo-Boereoorlog in die distrik gevestig is, skoongemaak.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

George

  • AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het hulp aan Stad Kaapstad se plaaslike brandweerdiens verleen nadat ’n brand by die Steenbrasdam ontstaan het.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Hessekwa

  • AfriForum se Riversdal-buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n suksesvolle operasie uitgevoer. Dié aksie het verskeie arrestasies opgelewer en weer eens bewys dat goeie samewerking tussen AfriForum en ander rolspelers van kardinale belang is om suksesse te verseker.
  • Die Riversdal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Kaapstad-Noord

  • AfriForum se Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kraaifontein

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het hulp aan verskeie rolspelers verleen wat betrokke was by die bestryding van die verwoestende brande aan die hange van Duiwelspiek en Tafelberg.

Malmesbury

  • AfriForum se Rondeberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Mosselbaai

  • AfriForum se Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Oudtshoorn

  • Die Groter Oudtshoorn-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • AfriForum se Alfa-buurtwag het hulp aan beseerde persone verleen op ’n ongelukstoneel op die R34 naby Vermont.
  • AfriForum se Hemel-en-Aarde-plaaswag, Alfa- en Fisherhaven-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Vredendal

  • AfriForum se tien buurt- en plaaswagte in die Matzikama-distrik het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings