AFRIFORUM TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2021

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2021 – SENTRAALSTREEK

NOORDWES

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike polisie 30 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.

Delareyville

  • Die tak se werkspan het meer as 20 swartsakke vullis in die dorp se strate opgetel.
  • Die tak het die twee plaaslike begraafplase skoongemaak.
  • Die tak het sy regspan opdrag gegee om die hof op ’n dringende basis te nader rakende ’n watertekort in die omgewing.

Vryburg

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand 30 patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het tien sonkragstraatligte voor die ouetehuis geïnstalleer as deel van sy sonkragstraatligprojek.

Christiana

  • Die tak se jeugvleuel het ’n AfriForum-leierskapontwikkelingskamp bygewoon.

Hertzogville

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het ’n volhoubare groentetuinprojek by die plaaslike hoërskool van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het in samewerking met CB Sekuriteit en die plaaslike polisie altesaam 30 patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n AfriForum-leierskapontwikkelingskamp bygewoon.

Bloemhof

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n AfriForum-leierskapontwikkelingskamp bygewoon.

Ottosdal

  • Die tak se skoonmaakspan het meer as 18 swartsakke vullis in die dorp se hoofstraat opgetel. Dit vorm deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat behels dat die konsentrasiekampkerkhof op ’n volhoubare wyse in stand gehou sal word.
  • Die tak het ’n oop terrein skoongemaak en slaggate in Flamwood opgevul.
  • Die buurtwagte in Songloed en Ellaton het die SAPD met patrollies in die dorp se SSK bygestaan, terwyl ’n lid van die Ellaton-buurtwag ook met ’n arrestasie gehelp het.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas rakende probleme by die dorp se rioolwerke.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van talle veldbrande.

Potchefstroom

  • Die tak het voortgegaan met die skoonmaak van Alexanderpark-begraafplaas.
  • Die tak het vyf stoptekens vervang en talle slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery en in totaal 235 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog. 192 patrolleerders het daaraan deelgeneem.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van talle veldbrande en in besonder met ’n brand wat ’n kinderhuis bedreig het.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery en die SAPD op talle misdaadtonele bygestaan, waaronder die opspoor van gesteelde goedere en die inhegtenisneming van misdadigers. Bystand is ook verleen nadat verdagtes ontsnap het, terwyl buurtwaglede ook gereageer het op ’n moontlike huisbraak. Laastens is hulp ook verleen deur brande te bestry.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD en Eskom gewerk om kabeldiefstal in die gebied te bekamp.

Wolmaransstad

  • Die tak het in samewerking met Working on Fire Krugerstraat skoongemaak vanaf die treinspoor tot by die Hervormde Kerk.

MARICO

Hartbeespoort

  • AfriForum het ’n dringende skrywe aan die onderskeie munisipale bestuurders van sowel die Tshwane-metro as die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit gerig om dié munisipaliteite op terme te plaas oor die dreigende waterkrisis in Madibeng.

Mooinooi

  • Die tak het plaaslike owerhede gehelp om veldbrande in die omgewing onder beheer te kry.

VRYSTAAT

HOOGLAND

Welkom

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die tak het aan gemeenskapsvergaderings deelgeneem om veiligheid op te skerp en samewerking tussen verskillende gemeenskappe te bevorder en sodoende die buurtwag te versterk.

Kroonstad

Frankfort

  • Die tak het ’n dringende hofaansoek teen die munisipaliteit geloods rakende rioolstorting en uiteindelik sukses behaal nadat die hof gelas het dat die munisipaliteit die probleme moet aanpak én die regskoste van die hofgeding moet betaal.
  • Die tak het R5 000 geskenk om behoeftige slagoffers in KZN by te staan ná die onluste in dié provinsie.

Harrismith

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die buurtwag het gehelp om die N3 vir motoriste te beveilig tydens protesaksies.

Bethlehem

  • Die tak het afsetpunte geïdentifiseer en gehelp met die insameling van voedsel om sodoende behoeftige slagoffers by te staan. Dit is gedoen in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering rakende grondonteiening bygewoon en kommentaar gelewer.

Winburg

  • Buurtwaglede het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle brande bestry het.

Bultfontein

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die plaaslike skool deurlopend bygestaan deur leerders te help om die pad voor die skool veilig oor te steek.
  • Die tak beplan om ’n teenboelieveldtog by die skool van stapel te stuur.

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery en bystand verleen met verskeie arrestasies.
  • Die buurtwag was betrokke by die bestryding van talle brande.
  • Die tak het met die Nala Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die riool in die Valsrivier en het knelpunte aan die munisipale amptenare uitgewys. Die munisipaliteit is tot 9 September tyd gegun om ’n nuwe pypleiding te begin installeer.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word. Die munisipaliteit het die beampte ook spesiaal daarvoor bedank. 
  • Die buurtwag het nege patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog en ook gehelp om talle brande te bestry.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand te bestry.
  • Die buurtwag het 121 slaggate opgevul en 62 sakke teer (1,55 ton) daarvoor gebruik.  

ROSESTAD

Algemeen

  • AfriForum se kontrakteurs het geïdentifiseerde gebiede in die stad begin skoonmaak. Dapperstraat in Fleurdal was eerste aan die beurt. Gras is gesny en vullis is opgetel.
  • Bogenoemde kontrakteurs het twee velde digby Brandwagsingel in Uitsig skoongemaak. Matrasse – wat vermoedelik aan sluipslapers behoort – is ook tussen bosse in die gebied verwyder. Tobaka Civil Construction het ’n voertuig beskikbaar gestel om die vullis weg te ry. Daar is ook van ’n ander privaat instansie gebruik gemaak om sakke vullis weg te ry omrede die munisipaliteit nie ’n voertuig beskikbaar gehad het om die sakke te kom laai nie.
  • Mangaung Law Enforcement is gekontak om die AfriForum-takke by te staan om die onwettige storting van vullis teë te werk.
  • ’n Massapatrollie is gehou; 27 patrolleerders het in 11 voertuie daaraan deelgeneem. Slegs twee insidente is deur die loop van die aand aangemeld.

Wilgehof

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou.
  • Die tak se protospan het bystand gebied met die bestryding van talle veldbrande.

Pellissier

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens stormwaterdreine ook skoongemaak is.
  • Die tak het gehelp om bye te verwyder.

Fichardtpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens stormwaterdreine en sypaadjies ook skoongemaak is.

Hospitaalpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens stormwaterdreine en sypaadjies ook skoongemaak is.
  • Die buurtwag het bystand gelewer met die bestryding van ’n huisbrand in Pellissier. Die eienaar van dié huis is ’n AfriForum-buurtwagpatrolleerder.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Heuwelsig-parkie.
  • Die tak se protospan het bystand gebied met die bestryding van talle veldbrande.

Langenhovenpark

  • Die tak se kontrakteur het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens sypaadjies en velde ook skoongemaak is. Die projek het veral gefokus op die volgende gebiede:
  • die bewaringsarea naby die N.G. Kerk in Boerneefstraat;
  • die perseel van die boeremark in Elias Motsoaledistraat;
  • die veld tussen die poskantoor en die winkelkompleks in Dirk Oppermanstraat;
  • in Jan Spiesstraat;
  • die koppie in C.P. Hoogenhoutstraat;
  • die velde rondom Ingrid Jonker- en Jan Marxstraat, asook in Jaap Steynsingel; en
  • die veld naby Frans Venterstraat.

Zastron

  • AfriForum het kommentaar ingedien teen die ontwikkeling van die Matlakeng Uitbr. 11- informele nedersetting. Dít het gevolg nadat talle inwoners van die dorp ongelukkig was oor die voorgestelde uitbreiding. Belanghebbendes se kommentaar oor die voorgestelde ontwikkeling is gerig aan en ingedien by Sapphire Environmental Consulting.

KWAZULU-NATAL

Sodwana

  • AfriForum het ’n tak in Sodwana gestig.

Newcastle

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Utrecht

  • Die tak het die moontlikheid bespreek om ’n gesamentlike GOS te stig vir gebruik tydens noodgevalle.

Vryheid

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Paulpietersburg

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig
  • Die tak het druk op die Departement van Vervoer uitgeoefen om slaggate op te vul.

Pongola

  • Die tak het verskeie gebiede in die dorp skoongemaak.
  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie suksesse behaal in die bekamping van misdaad.

Richardsbaai

  • Die tak het verskeie skole teen COVID-19 ontsmet.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas om watertoevoer na die gemeenskap te herstel.

Amanzimtoti

  • Die tak het vergaderings gehou met die doel om gemeenskapsveiligheid te bevorder.

Margate

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak is voortdurend by ’n wit plakkerskamp betrokke om nood onder die inwoners te help verlig.

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • AfriForum het onlangs ’n e-kaart aan die publiek versprei wat inligting bevat oor grondgrype op staatsgrond. Dit bevat belangrike inligting met betrekking tot die aanmelding van sulke tipe grondgrype binne die Tshwane-metro. AfriForum wil graag die gemeenskap van Pretoria uitnooi om grondgrype op staatsgrond onmiddellik by die metro aan te meld.

Bronkhorstspruit

  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het vullisdromme leeggemaak as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.

Groter Moot

  • Die tak het ’n bemarkingstalletjie tydens ’n funksie beman.
  • Die buurtwag het gehelp om vermiste persone op te spoor deur inligting vinnig op verskillende platforms te versprei.
  • Die buurtwag het ’n operasie in samewerking met die SAPD en die Tshwane-metropolisie gehou.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek.
  • Die buurtwag het gereeld spanleierpatrollies gehou.
  • Die buurtwag het bystand verleen op talle ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde man wat beseer is te hulp gesnel.
  • Die tak het ’n boom uit die pad verwyder nadat dit omgeval het.
  • Die tak het knelpunte vir die gemeenskap op die AfriForumBuurtBot geplaas.

Wes-Moot

  • Die tak het ’n waterkar aangekoop ten einde brande te bestry.

Centurion

  • Die tak het gehelp om stap- en fietsryroetes by die Voortrekkermonument oop te sny en dit sodoende netjies en veilig te maak. Die tak het agt werkers ingespan om hierdie projek suksesvol te voltooi.
  • Die tak is besig om die kanaal in Valhalla – wat teen Montaque Kneen Park geleë is – skoon te maak. Dít volg nadat die tak vroeër vanjaar ook ’n skoonmaakprojek daar van stapel gestuur het. Hierdie projek dra by tot die veiligheid van die gebied aangesien die kanaal gereeld as ontsnappingsroete vir misdadigers dien.
  • Die tak is steeds besig met sy skoonmaakprojek in Highveld. Die tak het ’n werker aangestel wat al die afgelope vier maande in dié gebied daagliks vullis verwyder, sypaadjies netjies maak en onwettige plakkate verwyder.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het bystand gelewer ná ’n plaasaanval in Tarlton.
  • Die buurtwag het hulp verleen ná afloop van ’n inbraak by ’n plaaslike skool.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het patrollies by die begraafplaas in die dorp gehou.
  • Die tak het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek die veld oorkant Die Ankerskool in C.W.6 skoongemaak.
  • Die tak het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek die veld in Louw Wepenerstraat in S.E.1 skoongemaak.
  • Die tak het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek die veld langs die Engen-vulstasie in Westinghouseboulevard in C.E.5 skoongemaak.
  • Die tak het as deel van sy volhoubare opknappingsprojek ’n groot slaggat in Rossiniboulevard in S.W.1 opgevul, terwyl taklede ook ’n stormwaterdreineringstelsel in die gebied herstel het.  
  • Die tak het as deel van sy volhoubare opknappingsprojek twee slaggate in Wartonstraat in S.W.1 opgevul. 

Heidelberg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het katogies aangebring by twee gevaarlike ingange na die dorp.

OOS-RAND

Springs 

  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens:
  • twee brande;
  • ’n gewapende rooftog;
  • drie motorongelukke;
  • ’n onwettige elektrisiteitsverbinding; en
  • ’n selfmoordpoging.
  • 37 buurtwaglede het in Augustus 5 578 km in 577 manure afgelê.

Brakpan

  • Die buurtwag het hulp verleen op verskeie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het bystand verleen en was betrokke by ’n arrestasie ná afloop van ’n huisbraak.

Boksburg 

  • Buurtwagpatrolleerders het ’n Crisis Intervention Team (CIT) ondersteun tydens die toepassing van skadebeheer, asook om verdagtes vas te trek.
  • Die buurtwag het gehelp met die soektog na ’n vermiste persoon.
  • Die buurtwag het ’n massasigbaarheidsoperasie in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye gehou.
  • Die buurtwag het ’n spesiale operasie saam met die SAPD bygewoon waartydens sewe arrestasies uitgevoer is.
  • Die buurtwag het hulp verleen op vier ongelukstonele.

Benoni

  • 34 nuwe lede het in Augustus by die buurtwag aangesluit.
  • 23 patrolleerders het basiese opleiding bygewoon (opleiding is op verskillende dae aangebied). Opvolgopleiding sal binnekort via Zoom geskied.
  • Patrolleerders het die Tactical Advanced Group (Basic Crowd Control)-kursus bygewoon wat deur OPPS aangebied is. Die patrolleerders het dit op hul eie onkoste bygewoon.
  • Patrolleerders het 7 795 km in 677 manure afgelê.
  • Die buurtwag het hulp verleen op vier ongelukstonele.
  • Die buurtwag het gehelp om drie vermiste persone op te spoor.
  • Die buurtwag het gehelp om sewe brande te bestry.
  • Die skoonmaakprojek by Benoni & District Child Welfare Society in 3de Laan was ’n reusesukses.
  • Bogenoemde projek het soos volg verloop:
  • bome is gesnoei en bosse is verwyder;
  • buiteligte is vervang;
  • gloeilampe en muurproppe is vervang;
  • die aangrensende gebied is skoongemaak; en
  • takke is weggery.
  • Danksy die tak se SNIPR-kameraprojek is vier verdagte voertuie geverifieer en bevestig en dieinligting is ook na SNIPR-validering oorgedra.

Kempton Park

  • Die voorsitter van die tak se plaaslikeregeringsakeportefeulje het in samewerking met verskeie gemeenskapslede ’n gebreekte stormwaterdreineringstelsel op die hoek van Palmlaan en Lobatastraat in die dorp herstel.
  • Die tak se jeugportefeulje het spekbome aan Move One Million geskenk om in Dannweg te plant

Germiston

  • Die tak het slaggate in Wadevillestraat en Murrayweg opgevul.

Alberton

  • Die buurtwag het bystand aan verskeie motoriste in die omgewing verleen.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van talle veldbrande in die omgewing.
  • Buurtwagpatrolleerders het bystand gelewer op talle ongelukstonele, asook op ’n kapingstoneel.
  • Die buurtwag het bystand aan die Moffat View SAPD en Reaper Tactical Security gelewer tydens die vastrek van vermeende kabeldiewe. Die buurtwag het hul hommeltuig ontplooi en verskeie patrolleerders het onder leiding van die SAPD ’n veld ingevaar waar die vermeende kabeldiewe geskuil het. Een van die verdagtes is gearresteer en verskeie kabels is teruggevind.
  • Die buurtwag het ook bystand gelewer aan die Brackendowns SAPD wat verdagtes in hegtenis geneem het op aanklagte van die besit van dwelms, die besit van gesteelde items en die nabootsing van die polisie.
  • Die buurtwag het altesaam 10 797 km gepatrolleer en sowat 1 033 ure op die pad spandeer.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die buurtwag het ’n mobiele beheerkamer geloods.
  • Die tak het ’n oefening van stapel gestuur wat ten doel het om buurtwaglede se optrede en reaksievermoëns te toets.
  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Nelspruit

  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Cairn-Burnside-plaaswag aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Malelane

  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan nou deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het uitgebrei en spinasie word ook nou geplant. Daar is tans ongeveer 5 000 plantjies.
  • Die tak en Why Wait Skip It maak weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeg.
  • Die tak het ’n stopteken vervang wat deur kinders gevandaliseer is.
  • Die tak het begin om straatnaamborde in Wockestraat te herstel.
  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.

Dullstroom

  • Die buurtwag het bystand gebied deur te help met die bestryding van talle brande.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Machadodorp

  • Die tak het talle slaggate opgevul.
  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Belfast

  • Die tak het watertoetse in die omgewing uitgevoer.


Kranspoort

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie in samewerking met die SAPD en die verkeersdepartement gehou.

Standerton    

  • Die buurtwag het hulp verleen op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in en om die dorp te verhoog.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • te bestry.
  • Sowel die tak as die buurtwag het hulp verleen op ongelukstonele. 
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Witbank

  • Die tak het gehelp met die aflaai van kospakkies by Solidariteit Helpende Hand.  
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Ermelo

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie in samewerking met die SAPD gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Middelburg 

  • Sowel die tak as die buurtwag het ’n massapatrollie in samewerking met die SAPD gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Leandra  

  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

LIMPOPO

Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-takke het aan die organisasie se nasionale patrollie – Operasie Ysbeer – deelgeneem.

Marble Hall

  • Die tak én die buurtwag het ’n suurstofmasjien aangekoop.
  • Die tak en die buurtwag het gesamentlik ’n petisie opgestel teen ’n onwettige plakkerskamp.
  • Sowel die tak as die buurtwag het hulp verleen ná afloop van ’n huisbraak.

Warmbad

  • Die tak én die buurtwag het die dorp se strate skoongemaak en ’n verkeersirkel geverf.

Messina

  • Die tak en die buurtwag het albei aan ’n operasie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) deelgeneem. Daar is uiteindelik beslag gelê op 48 bokse sigarette met ’n straatwaarde van nagenoeg R676 000.
  • Die tak én die buurtwag het houtdiewe en betreders vasgetrek.

Phalaborwa

  • Die tak en die buurtwag het saam bossiekappers én ’n noodwaterwa – wat ook as ’n brandbestrydingswa sal dien – aangekoop.

Pietersburg

  • Die tak en die buurtwag het gesamentlik ’n gemeenskapspatrollie-inisiatief van stapel gestuur.

Potgietersrus

  • Die tak en die buurtwag het AfriForum se Naboomspruit-tak en -buurtwag bygestaan met die bestryding van veldbrande.
  • Die tak en buurtwag het in samewerking met AfriForum se Phalaborwa-tak en -buurtwag verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het gehelp om die Afrikaner se erfenis te bewaar deur die Burgermonument skoon te maak.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die SAPD en die SANW ’n taverne wat gedurig steurnis in die gemeenskap veroorsaak beboet en terselfdertyd onwettige drank op die perseel gekonfiskeer.
  • Die tak het danksy die toepassing van volgehoue druk die munisipaliteit gedwing om mangate te bedek.

Warrenton

  • Die tak het ’n antwoord van die Magareng Plaaslike Munisipaliteit ontvang en gevolglik ’n opvolgskrywe aan dié munisipaliteit gerig rakende die rioolprobleem in die dorp.

Kamiesberg

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike SAPD die werk aan die traumakamer by die SAPD se kantore – wat eerskomende maand in gebruik geneem word – voltooi. Die tak het alles verskaf en gehelp om die traumakamer heeltemal te restoureer.
  • Die tak het deurlopend vullis in die dorp se strate opgetel en dit na die vullisterrein weggery.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande in en om Kathu en Kuruman.
  • Die tak het betaal vir herstelwerk aan die brandweerwa se wiele wat tydens die brande beskadig is.
  • Die tak het drinkgoed en kos vir diegene gekoop wat gehelp het om die brande te bestry.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het ’n persoon betaal om daagliks die badkamers by die waterwiel skoon te maak.
  • Die tak het kos aan vyf gesinne in die dorp geskenk.
  • Die Grootoog-buurtwag het gehelp om vier diewe te arresteer en aan die SAPD te oorhandig.
  • Sowel taklede as lede van die Grootoog-buurtwag het op OFM verskyn.
  • Die tak het die plaaslike park se gras gesny, bome gesnoei en dit skoongemaak sodat die gemeenskap weer die park kan geniet.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van veldbrande in die Kuruman- en Kathu-omgewing wat 105 000 ha vernietig het.
  • Die tak het drinkgoed en kos vir diegene gekoop wat gehelp het om die brande te bestry.
  • Die tak het R24 000 aan veldkameras spandeer om diewe vas te trek wat gereeld Eskom-koperkabels steel.
  • Die tak het handreiniger aan ’n kleuterskool geskenk.
  • Die tak het R11 000 betaal vir herstelwerk aan die beheerkamer se kameras.

Springbok

  • Die tak het ’n park en verskeie strate skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Upington

  • Die tak het 1 600 brode aan behoeftige mense geskenk.
  • Die tak het kos aan vier gesinne geskenk.
  • Die tak het ’n woonbuurt skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan rioolkwessies en dit gevolglik ook aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gekommunikeer.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan kwessies rakende die haglike toestand van paaie en gebarste varswaterpype en het dit ook aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gekommunikeer.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het twee skrywes aan die plaaslike en distriksmunisipaliteite, asook die Oos-Kaapse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake gerig rakende rioolprobleme in die gemeenskap.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Die tak is besig om die pad tussen Jeffreysbaai en Astonbaai in samewerking met die Kouga Plaaslike Munisipaliteit te beveilig. Die eerste fase behels die herstel van die beligting op hierdie pad deur die vervanging van gesteelde kabels. Die tak het die nuwe kabels geskenk.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n putjie by die Laerskool Tjaart van der Walt se gholfdag geborg.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • AfriForum se teenboelieveldtogspan het besoek by Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-sentrum in die Strand afgelê.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se teenboelieveldtogspan het besoek by die Laerskool Durbanville afgelê.

Kraaifontein

  • Die tak het hulp aan die gemeenskap verleen nadat swaar reënval tot gevolg gehad het dat die stormwaterpype nie voldoende was om die reënwater van die huise in die omgewing weg te voer nie.

Langebaan

  • AfriForum het ’n buurtwag in Langebaan gestig. Dit staan bekend as AfriForum se Weskus-buurtwag.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • AfriForum het ’n buurtwag in Pearly Beach gestig.
  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Stellenbosch

  • AfriForum het ’n buurtwag in Stellenbosch gestig.
  • AfriForum se teenboelieveldtogspan het besoek by die Aitsa!-nasorgsentrum afgelê.

Vredendal

  • Die plaaswagte in Holrivier, Koekenaap, Vredendal, Spruitdrif, Lutzville, Kleinrivier, Nuwerus en Trawal, asook die buurtwagte in Lutzville en Vredendal het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak is in samewerking met die George Plaaslike Munisipaliteit besig met ’n projek by die speelpark in Newtonstraat, George-Suid. Die projek behels sowel die beveiliging en uitbou as die onderhoud van die speelpark.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.         

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n hand van erkenning en gelukwensing uitgesteek na die gesondheidswerkers wat by die ses staatsklinieke in en om Oudtshoorn werksaam is. Net minder as 200 bederfpakkies met ’n boodskap van bemoediging is opgemaak en versprei.
  • ’n Groot hoeveelheid groente – wat wortels, beet en botterskorsies insluit – is onder behoeftige mense in die dorp versprei. Dit was veral ’n welkome verligting aangesien die droogte en gebrek aan toerisme die plaaslike ekonomie steeds in ’n wurggreep het.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings