AFRIFORUM TAKSUKSESSE: DESEMBER 2020 / JANUARIE 2021

TAKSUKSESSE: JANUARIE 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het hulp verleen by Canyon Coal.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het die metropolisie gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie in samewerking met die SAPD en metropolisie gehou.
  • Die tak het bystand verleen tydens ’n huisbrand in Masada.
  • Die tak het ’n situasie suksesvol ontlont waartydens ’n persoon van ’n brug wou afspring.
  • Die buurtwag het bystand verleen nadat munisipale werkers by ’n kragsentrale gestaak het.

Moot

  • Die buurtwag het drie diewe vasgetrek.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het in samewerking met Brinant Sekuriteit en KPS drie mans gearresteer wat lede van die publiek probeer roof het.
  • Die buurtwag het hulp verleen nadat ’n brandstigter aangekeer is wat die veeartsgebou aan die brand wou steek.
  • Die buurtwag het gesteelde motorfietse teruggevind en die motorfietsdief gearresteer.
  • Die tak het verskeie spruite skoongemaak.
  • Die tak het hand bygesit en AfriForum se Wes-Moot-tak gehelp om die reservoir skoon en netjies te maak.

Oos-Moot

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die tak se Facebook-blad het die 4 000-ledekerf verbygesteek.
  • Die tak het die gemeenskap gehelp om bome uit die pad te verwyder wat verkeer geblokkeer het.
  • Die tak het verskeie spruite skoongemaak.
  • Die buurtwag het ’n inbreker vasgetrek.
  • Die buurtwag het ’n wegloophond opgespoor en aan sy eienaar terugbesorg.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde motorfiets teruggevind en dit aan die regmatige eienaar terugbesorg.
  • Die tak het twee vermiste persone opgespoor.
  • Buurtwaglede het bystand verleen tydens ’n stiltemars deur as beamptes op te tree.

Wes-Moot

  • Die tak het ’n kameraprojek by reservoirs van stapel gestuur.
  • Die tak het die Suiderberg-reservoir skoongemaak.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak het verskeie slaggate in Centurion opgevul.
  • Die tak het in samewerking met sy jeugvleuel donasies aan Woodrock Animal Rescue gemaak.
  • Die tak het gras rondom die Wierdabrug-polisiestasie gesny en die gebied skoongemaak.
  • Die tak het die posbusse in Gulfossweg, Valhalla skoongemaak en die gras gesny.
  • Die tak het ’n dringende skrywe aan die Tshwane-metro gerig rakende ’n waterlekkasie in Valhalla. Die lekkasie is spoedig herstel nadat druk op die metro toegepas is.
  • Die tak het die gebied rondom die Lyttelton DBV skoongemaak en opgeknap.

Pionier

  • Die buurtwag het ’n gesin bygestaan tydens ’n swaar reënbui deur te help om die water weg van hulle huis te laat vloei.
  • Die buurtwag het in samewerking met sekuriteitsmaatskappye ’n verdagte vasgetrek wat ’n hekmotor gesteel het.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Buurtwag- en gemeenskapslede het 84 uur aaneen om die beurt gewerk om bystand aan die gemeenskap te bied tydens die onlangse vloede.
  • Die tak het bystand verleen deur ’n ouetehuis se mure te herstel nadat oorstromings verwoesting gesaai het.
  • Die buurtwag het 6 000 km in meer as 800 ure afgelê om sigbaarheid in die gebied te verhoog.
  • Die tak het twee groot velde in Krugersdorp-Wes se gras gesny.
  • Die buurtwag het ’n groep onwettige renjaers wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste ingehou het, gestuit.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind.
  • Die tak het in samewerking met verskeie organisasies bystand gebied met die aflewering van tonne groente en kruideniersware op ’n weeklikse basis.
  • Die tak het sakke aan die brandweer geborg om saagsels in te win vir gebruik op motorongelukstonele. AfriForum het die sakke geskenk en GPF Sektor 3 het die saagsels geskenk. Meer as 300 sakke saagsels is uiteindelik geskenk.

Vanderbijlpark

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Westinghouse Boulevard van stapel gestuur.
  • Die tak het twee skoonmaakprojekte in SW5 en rondom die begraafplaas geloods.
  • Die buurtwag het sy eerste begraafplaaspatrollie van die jaar gehou om veilige besoeke te verseker.
  • Taklede het lugbystand tydens die Rietspruit-vloede gelewer.

OOS-RAND

Kempton Park

  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek by die poskantoor gehou.

Benoni

  • Die buurtwag het in samewerking met sekuriteitsmaatskappye, die Ekurhuleni-metropolisie en die SAPD gesteelde voertuie opgespoor en arrestasies uitgevoer.
  • Die buurtwag het die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid bygestaan ​​om verskillende voertuie op te spoor met behulp van die buurtwag se SNIPR-platform.
  • Die tak het 180 maaltye aan ses tehuise – wat kinders en gestremde volwassenes huisves – versprei.
  • Taklede en patrolleerders het skryfbehoeftes aan ’n kinderhuis geskenk.

Springs

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou waartydens talle verlate geboue deursoek is en daar gevolglik op talle juwele (vermoedelik gesteel), handgemaakte wapens, rotgif wat vermoedelik gebruik word om honde te vergiftig en dwelms afgekom is. Een arrestasie is vir die besit van dwelms gemaak en bewysstukke is aan die SAPD oorhandig.

MPUMALANGA-OOS

Algemeen

  • AfriForum se distrikskoördineerder het bystand gebied met die arrestasie van vyf persone buite Morgenzon. Gesteelde sonpanele is ook teruggevind.
  • AfriForum se distrikskoördineerder het ’n saak van bedrog in Nelspruit geopen nadat inligting van ’n anonieme bron ontvang is dat maatskappye bedrog met munisipale fondse gepleeg het tydens grondtransaksies.

Witrivier

  • Die buurtwag het bystand gelewer nadat tropiese sikloon Eloise bome ontwortel het en voertuie gestrand in oorstroomde laagwaterkruisings gelaat het.
  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem en verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf.

Nelspruit

  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gelewer nadat tropiese sikloon Eloise bome ontwortel het en voertuie gestrand in oorstroomde laagwaterkruisings gelaat het.
  • Meer as R80 000 se herstelwerk aan klaskamers is by die Pro Gratia Skool voltooi.
  • ’n Bystandpakket ter waarde van R10 000 wat uit seep en ander middele bestaan is aan Huis Herfsakker in Nelspruit geskenk.
  • Die Malelane-buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem en verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het aan Operasie Kerskous deelgeneem en verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer afgesny word.
  • Die tak het weekliks 30 asdromme in die dorp se sentrale sakekern (SSK) gediens.
  • Die tak het voortgegaan met konstruksie aan die voedselskema se struktuur. Dié struktuur van 1 000 m² is nou volledig onder skadunet.
  • Die tak het 320 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak het vyf stopborde op verskeie plekke in Bethal herstel.
  • Die tak het gras gesny by die polisiestasie in die dorp.
  • Die tak het R8 000 se skoonmaakmiddels aan Solidariteit Helpende Hand se Morgenzon-tak geskenk. Hierdie pakkette is weer onder tehuise in Morgenzon versprei.
  • Die tak het R8 000 se skoonmaakmiddels aan die Silwerjare-tehuis geskenk.
  • Die tak het die Silwerjare-tehuis bygestaan deur drinkwater vir inwoners aan te koop tydens die watertekorte in Desember 2020.

Dullstroom

  • Die buurtwag het twee projekte by die Dullstroom-polisiestasie afgehandel. Sowel ’n nuwe naambord as ’n nuwe sonkrag aangedrewe lig is aangebring sodat mense veiliger by die trappe op en af kan beweeg in die aande.
  • Die buurtwag het ’n skenking van R8 000 aan die Epilepsie-sentrum in Dullstroom gemaak.
  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem en verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf.
  • Die buurtwag het bystand gelewer nadat tropiese sikloon Eloise se hoë reënval kitsvloede tot gevolg gehad het. Dreineringslote is gegrou en voertuie wat gestrand gelaat was is uitgesleep.

MPUMALANGA-WES

Secunda

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou en aan Operasie Kerskous deelgeneem om sigbaarheid tydens die feesseisoen te verhoog.
  • Die tak het bystand gebied tydens die watertekort deur druk op Rand Water uit te oefen.

Standerton

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou en aan Operasie Kerskous deelgeneem om sigbaarheid tydens die feesseisoen te verhoog.

Piet Retief

  • Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou en aan Operasie Kerskous deelgeneem om sigbaarheid tydens die feesseisoen te verhoog.

Ermelo

  • Die tak het die plaveisel by ’n plaaslike skool herstel.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou en aan Operasie Kerskous deelgeneem om sigbaarheid tydens die feesseisoen te verhoog.

Delmas

  • Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou en aan Operasie Kerskous deelgeneem om sigbaarheid tydens die feesseisoen te verhoog.

LIMPOPO

Marble Hall

  • Die buurtwag het ’n verdagte vasgetrek ná ’n vlaag inbrake by huise in die dorp.
  • Die buurtwag het aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.

Naboomspruit

  • Die tak het onderhoudswerk op ’n rioolgat gedoen.

TAKSUKSESSE: JANUARIE 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollie gehou gedurende Desember en Januarie om die gemeenskap te beveilig.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollie gehou gedurende Desember en Januarie om die gemeenskap te beveilig.

Kimberley

  • Die tak het gehelp om verdagtes vas te trek wat die Wêreldoorlog-senotaaf in die stad gevandaliseer het.

Orania

  • Die tak het gehelp met die soektog na Klarissa Joubert.
  • Die tak het brandstof geskenk tydens die soektog na Klarissa Joubert.

Kuruman

  • Die buurtwag het deurlopend patrollie gehou gedurende Desember en Januarie om die gemeenskap te beveilig.

OOS-KAAP

Gamtoosvallei

  • Die Gamtoos-tak se veiligheidstrukture het onverpoosd tydens die vakansieseisoen gewerk om hul gemeenskap te beveilig.

Port Elizabeth

  • Die tak se veiligheidstrukture het in samewerking met ander rolspelers hulle deel gedoen om die gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • AfriForum het ’n tak in De Doorns gestig.

George

  • Twee lede van die Geelhoutboom-plaaswag het hul hommeltuigopleiding suksesvol voltooi. Dié plaaswag het ook ’n baie gevorderde hommeltuig aangekoop om hul vermoëns in die George-gebied te versterk.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag het tydens die vakansieseisoen onverpoosd gewerk om hul gemeenskap te beveilig.

Mosselbaai         

  • Die tak se karavaan is tydens die feesseisoen aangewend as mobiele sentrum ter ondersteuning van verskeie veiligheidsinisiatiewe wat rolspelers in die Mosselbaai-gebied van stapel gestuur het. Die plaaslike AfriForum-plaaswagte het ook deurlopend patrollies gehou gedurende die feesseisoen om seker te maak dat hul gemeenskap veilig is.
  • Die takvoorsitter het in samewerking met AfriForum as applikante in ’n hofsaak teen die regering opgetree met die doel om die sinnelose sluit van strande in die Suid-Kaap te beveg.

Oudtshoorn

  • Die tak het in Desember R20 000 se toerusting aangekoop en dit onder die groter Oudtshoorn-buurtwag versprei en sodoende die bal aan die rol gesit om die nuutgestigte struktuur momentum te gee. David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het ook by twee geleenthede opleiding aangebied.

Overstrand

  • AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Overstrand-tak, het die plaaslike brandweer bygestaan om ’n brand onder beheer te bring nadat brandstigters ’n brand in Schulphoek gestig het.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollie gehou gedurende Desember en Januarie om die gemeenskap te beveilig.

Vredendal

  • AfriForum het sy tiende veiligheidstruktuur in die Matzikama-distrik gestig. Hierdie struktuur staan bekend as die Holrivier-plaaswag.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollie gehou gedurende Desember en Januarie om die gemeenskap te beveilig.

TAKSUKSESSE: JANUARIE 2021 – SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

ROSESTAD

Bloemfontein

  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het in Desember en Januarie 299 ton vullis verwyder nadat munisipale werkers gestaak het en geen vullisverwyderingsdienste gevolglik gelewer is nie. Die kontrakteur wat AfriForum aangestel het, asook ’n bykomende kontrakteur het onderskeidelik ’n drieton- en viertonvragmotor gebruik om 88 vragte vullis weg te ry.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het dringend op ’n noodroep gereageer toe ’n vliegtuig in Bethlehem moes land tydens beurtkrag, wat die landing bemoeilik het.

Welkom

  • Die tak het ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die waterkrisis in Welkom. Dié skrywe is ook in die Vista Newspaper Die munisipaliteit se prokureur het die tak gevolglik gekontak en versoek dat die tak alle pype wat herstel moet word aan die munisipaliteit deurgee.

Bultfontein

  • Die buurtwag se beheerkamer het ’n oproep van die SAPD se georganiseerde misdaadeenheid ontvang oor ’n moontlike plaasaanval. Buurtwaglede het ook met die plaaseienaar se toestemming ’n hommeltuig gebruik. Die plaasaanval is uiteindelik afgewer danksy die puik samewerking tussen die beheerkamer, buurtwaglede en die SAPD.
  • Die buurtwag se beheerkamer, buurtwaglede en die SAPD het goed saamgewerk en twee gesteelde voertuie opgespoor.
  • Die buurtwag se beheerkamer, buurtwaglede en die SAPD se lugvleuel het deurnag na ’n vliegtuig gesoek wat neergestort het. Die wrak is uiteindelik teen dagbreek gevind.

NOORDWES

STELLALAND

Christiana

  • Die tak het sy eerste groente geoes as deel van sy groentetuinprojek.
  • Die tak het tot die besef gekom dat voedselsekerheid ’n probleem is en dat daar ’n meer volhoubare manier gevind moet word om hulpbehoewende gesinne te help. Daar is gevolglik besluit om ’n proeflopie met ’n groentetuin te doen. Die tak het in samewerking met Laeveld Agrochem groente by die Heil-Lof-sentrum begin plant.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het verskeie strate in die dorp met ’n laaigraaf en stootskraper oopgeskraap om vloede te voorkom.

Vryburg

  • Die tak het meer as 27 slaggate (in totaal meer as 100 m²) opgevul as deel van sy volhoubare slaggatherstelprojek. Die tak het ook ’n skenk-’n-drom-teer-projek van stapel gestuur.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het ná volgehoue druk op die munisipaliteit uiteindelik ’n aksieplan ontvang vir verbeterde kragvoorsiening na dele van dié dorp. Die tak het druk uitgeoefen deur talle skrywes aan sowel die munisipaliteit as Nersa te rig.

Lichtenburg

  • Die tak het 1,5 ton teer gebruik om slaggate in Breëstraat, voor Scott’s Manor Gastehuis, op te vul. Tydens dié projek is sypaadjies en parkeerplekke ook nuut oorgeverf.

Buffelspoort

  • Die tak het sekuriteitskameras langs ’n besige roete in die landelike gemeenskap opgerig om sodoende die gebied, wat gereeld deur misdadigers geteiken word, te beveilig. Die kameras is by die kruising van die R104 en Rexweg, ongeveer 15 km oos van Rustenburg, opgerig.

Soortgelyke plasings