AFRIFORUM TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2021

TAK: FEBRUARIE 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die tak het gereël dat vullis verwyderword tydens ’n staking van munisipale werkers.
  • Die buurtwagte het in samewerking met verskeie rolspelers aan ’n massasigbaarheidspatrollie in die gebied deelgeneem.
  • Die buurtwagte het deurlopend’n afrit gepatrolleer waar skerp voorwerpe oor die pad geplaas word.
  • Die tak het druk op die Tshwane-metro geplaasom slaggate op te vul.

Moot

  • Die tak het ±1300 kospakkies versprei tydens die Sorg vir die Versorger-projek.
  • Die tak het die gras by verskeie spruite tussen 11de Laan en 18de Laan gesny.
  • Die tak het ’n spruitskoonmaakprojek tussen 28ste Laan en 29ste Laan gehou.
  • Die tak het goedkeuring ontvang om ’n addisionele watertenkprojek by die Laerskool Villieria van stapel te stuur.

Oos-Moot

  • Die buurtwag het aan ’n sigbaarheidspatrollie in Moreletapark deelgeneem.
  • Die tak het nege spruite skoongemaak tydens ’n skoonmaakprojek.
  • Die tak het opleiding ontvang om self slaggate te begin opvul.

Wes-Moot

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Bezuidenhout- en Paffstraat van stapel gestuur.

Centurion

  • Die tak het die gras rondom verskeie gevaarlike kruisings op Ou Johannesburgweg gesny om die pad veiliger vir motoriste te maak.
  • Die tak het die gras rondom die posbusse in Valhalla gesny aangesien dit ’n gevaar vir inwoners ingehou het wat pos gaan uithaal.
  • Die tak het Furman Park in Valhalla skoongemaak en die gras gesny.

Moreletapark

  • Die tak en die Grootfontein-buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers ’n sigbaarheidsprojek in Moreletapark en omliggende gebiede gehou.
  • Die tak het in samewerking met verskeie ander AfriForum-buurtwagte’n groot sigbaarheidspatrollie in Moreletapark gehou.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers ’n massapatrollie in dié dorp gehou waaraan omtrent 100 mense deelgeneem het
  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek by die Paardekraalmonument ge

Vanderbijlpark

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek oor twee Saterdae by die begraafplaas ge
  • Die buurtwag het sy tweede begraafplaaspatrollie van die jaar gehou om veilige besoeke te verseker.

OOS-RAND

Brakpan

  • Die buurtwag het bystand gelewer met die blus van ’n huisbrand in Brenthurst.

Germiston

  • Die buurtwag het bystand gelewer met die blus van ’n brand by ’n maatskappy in Jet P

Kempton Park

  • Die buurtwag het sy eerste massapatrollie van die jaar in samewerking met verskeie rolspelers

Springs

  • Die buurtwag het bystand gelewer met die blus van twee brande.Een brand was by ’n substasie in Zigzagweg en die ander brand was by die Daggafontein-vullisterrein.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die tak het ’n video vervaardig om mense te wys hoe om self ’n slaggat op te vul.
  • Die buurtwag het bystand verleenop verskeie ongelukstonele, asook tydens ’n voertuigkaping in die Witrivier-

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied op ongelukstonele.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak diens weekliks 30 asdromme in Bethal se sentrale sakekern.
    • Die tak het slaggate met doleriet gevul ter voorbereiding vir ’n teerprojek in Buffelstraat.
    • Die tak het verskeie stopstrate in Bethal herstel.
    • Die tak het gras gesny by die plaaslike
    • Die tak het gras gesny by die Nestlé-driehoek in die dorp.
    • Die tak het meel aan 90 gesinne geskenk as deel van die tak se volhoubare voedselhulp
    • Die tak het verdere voedselskenkings ingewin en dit byBethal se sopkombuis

Dullstroom

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie in die dorp gehou.
  • Die buurtwag het gehelp met die soektog na ’n ontsnapte misdadiger.
  • Die buurtwag het deurlopend bystand gebied op ongelukstonele.

Piet Retief

  • Diebuurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan AfriForum sevullisterreinouditprojek deelgeneem.

Standerton    

  • Diebuurtwag het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deel
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan AfriForum sevullisterreinouditprojek deelgeneem.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan tydens swaar reënneerslae.
  • Die buurtwag het hand bygesit op ’n ongelukstoneel deur die verkeer te reguleer.
  • Die tak het aan AfriForum sevullisterreinouditprojek deelgeneem.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het in samewerking met verskeie ander instansies ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan AfriForum sevullisterreinouditprojek deelgeneem.

Witbank

  • Die tak het aan AfriForum se vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Ermelo

  • Die tak het aan AfriForum se vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n buiteklaskamerprojek by ’n plaaslike skool

Leandra

  • Die tak het aan AfriForum se vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Middelburg

  • Die tak het aan AfriForum se vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het deelgeneem aan die soektog na ’n vrou wat op die N4 vermis geraak het.

LIMPOPO

Naboomspruit

  • Die tak het die gebied rondom die pompstasie, asook die dorp se middelmannetjies skoon

Warmbad

  • Die tak het die dorp skoon

Phalaborwa

  • Die tak het die dorp se begraafplaas skoon

TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2021 – SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het die vordering van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit se aksieplan vir verbeterde kragvoorsiening in die R24-gebied fyn dopgehou. Daar is vordering gemaak met die konstruksie van die nuwe kraglyn sedert skrywes aan die munisipaliteit gerig is.

Brits

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak, die Vryheidsfront Plus, Buco-Brits en plaaslike boere herstelwerk aan die Bethanie-pad gedoen. Die stuk pad, wat ongeveer 4,5 km strek vanaf die R511 tot by die Berseba-Bethanie-Sanddrift-T-aansluiting, was byna onbegaanbaar, maar is nou in ’n baie beter toestand ná die verbeterings wat bogenoemde rolspelers aangebring het.

Hartbeespoort

  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede en plaaslike ondernemings noodwaterpunte opgerig en herstelwerk aan infrastruktuur gedoen. Dít volg nadat inwoners twee dae lank sonder water moes klaarkom omdat die munisipaliteit nie die nodige toerusting gehad het om die gebarste waterpype te herstel nie.

STELLALAND

Christiana

  • Die tak het ná maande se volgehoue druk op die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik ’n deurbraak bewerkstellig. Die munisipaliteit het begin om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het sy eerste groente geoes as deel van sy groentetuinprojek.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het verskeie strate in die dorp met ’n laaigraaf en stootskraper oopgeskraap om vloede te voorkom.
  • Die tak het ná ’n insiggewende vergadering met die Mamusa Plaaslike Munisipaliteit ’n deurbraak bewerkstellig. Die munisipaliteit het begin om onwettige vullisterreine skoon te maak, asook om paaie in die dorp te herstel.

Ottosdal

  • Die tak het ’n reorganisasievergadering gehou.
  • Die nuwe takbestuur is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat vir die tak voorlê. Twee projekte is reeds geïdentifiseer, waarvan een ’n volhoubare skoonmaakprojek is.

Delareyville

Die tak het ’n skrywe aan die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende rioolprobleme, waarna die munisipaliteit dié probleme ’n dag later opgelos het

Klerksdorp

  • Die tak het slaggate in Buffelsdoornweg, Leemhuisstraat en Oosthuizenstraat opgevul. Ongeveer 40 slaggate is met 100 sakke teer opgevul.
  • Die tak het ’n vergadering met verskillende instansies in Klerksdorp geïnisieer om saam te werk om druk op die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit uit te oefen.
  • Die tak het hommeltuigbatterye aan die buurtwag oorhandig.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwagleier is met ’n merietetoekenning vereer.

Potchefstroom

  • Die tak het kospakkies aan hulpbehoewende gesinne voorsien totdat Solidariteit Helpende Hand dié behoefte kon oorneem.
  • Die buurtwag het ’n merietetoekenning vir uitnemende diens ontvang.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met betrekking tot water- en rioollekkasies opgevolg totdat dit reggestel is.
  • Die tak het die Total-besoedelingsaak met sowel die Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit as die Groen Skerpioene opgevolg.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakebeampte het deurlopend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die kragkrisis in die dorp.

Wolmaransstad

  • Die tak het in samewerking met die munisipaliteit stormwaterslote oopgegrawe, bome afgesaag en vullis behandel.
  • Die tak het die gebied rondom die plaaslike hoërskool skoongemaak en die gras gesny vóór die aanvang van die nuwe skoolkwartaal.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het ’n vergadering met die waarnemende munisipale bestuurder gehou om samewerking te bevorder, asook om druk op die munisipaliteit te plaas. Dít gaan ’n gereelde instelling word.
  • Die buurtwag ry daagliks minstens drie keer patrollie.

Heilbron

  • Die tak het brandstof aan die munisipaliteit geskenk sodat die bakkie wat die rioollyne in Heilbron moet diens, sy werk kan doen.
  • Die tak het gevaarlike slaggate in Langmarkstraat opgevul. Die munisipaliteit het 15 sakkies teer verskaf waarmee die tak vyf gevaarlike slaggate opgevul het.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery.
  • Die tak het slaggate opgevul, stoptekens opgerig en takke afgesaag wat verkeerstekens versper het.
  • Die tak het skoonmaakprojekte (veral in die gebied rondom die spruit) geïnisieer waarby die hele gemeenskap betrokke was.

Sasolburg

  • Die tak het seep en handreiniger verpak en by ouetehuise versprei.
  • Die tak het ’n gebied van 3,8 ha skoongemaak deur vullis te verwyder en takke af te saag en te verwyder.
  • Die tak het 30,2 ha gras in parke en groenstroke gesny.

Bethlehem

  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die opspoor en vastrek van verdagtes ná ’n rooftog by die Dihlabeng-winkelsentrum.

Welkom

  • Die tak het ’n vergadering saam met plaaslike boere bygewoon waartydens die waardasie van eiendom met die munisipaliteit bespreek is. AfriForum het ook ’n aanlyn skakel ontwikkel wat die verkryging van inligting rakende die waardasies vir die gemeenskap vergemaklik.
  • Die tak het ’n verstopping in ’n rioolpyp verwyder nadat die plaaslike munisipaliteit geweier het om dié diens te lewer.

Bultfontein

  • Buurtwaglede help daagliks om verkeer by die plaaslike skool te reguleer, asook om die leerders veilig oor die pad te vergesel.

Harrismith

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap te help. (Helikopterlanding tydens die noodoorplasing van ’n pasiënt, die opspoor van ’n vermiste meisie, bystand op ongelukstonele en waterskenking aan ’n diereskuiling.)

Kroonstad

  • Die tak het ’n skenking van ses bome gemaak wat in die dorp geplant is.

Frankfort

  • Die tak het formeel ’n klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak na aanleiding van rioolprobleme wat ’n reusegevaar vir inwoners inhou. Die masnommer is ontvang en die klagte is suksesvol op die SAPD se stelsel geregistreer. Daar word tans met die ondersoekbeampte in verbinding getree om die saak na die beheeraanklaer te verwys vir vervolging.

KWAZULU-NATAL

Paulpietersburg

  • Die tak het bossiesnyers aangekoop om hul dorp netjies te maak.
  • Die buurtwag het gereeld patrollie gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het met die Departement van Vervoer vergader om die gevaarlike toestand van die dorp se teerpaaie te bespreek.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Vryheid

  • Die buurtwag het gereeld patrollie gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor belangrike kwessies.
  • Die tak se gemeenskapsentrum het weer dienste aan velpasiënte gebied.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Margate

  • Die tak het ’n addisionele noodwaterpunt opgerig om die gemeenskap tydens watertekorte by te staan.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Pongola

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas oor verskeie rioolverwante kwessies, waarna rioolpunte wat oorloop herstel is.
  • Die tak het talle verkiesingsplakkate van lamppale verwyder.
  • Die tak het opgehoopte vullis in die dorp verwyder.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas oor die toestand van die dorp se paaie, asook weens die kragtoevoer na die dorp wat gereeld onderbreek word.

Utrecht

  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor belangrike kwessies wat inwoners raak.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie suksesse behaal, waaronder die opspoor van gesteelde goedere en voertuie met behulp van ’n elektroniese moniteringstelsel.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Newcastle

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Amanzimtoti

  • Die tak het verskeie vergaderings gehou om jaarbeplanning te doen.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem en die volgende dorpe se vullisterreine geoudit: Douglas, Hopetown en Orania.

Kamiesberg

  • Die tak het ongeveer ’n bakkievrag groente aan die gemeenskap uitgedeel.
  • Die tak het die munisipale bestuurder gewaarsku dat twee transformators lek en gaan omval, wat groot skade in Kamieskroon se woongebied kan veroorsaak.
  • Die tak het die tegniese bestuurder van die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gaan spreek oor die toestand van die grondpaaie in Kamieskroon se woongebied.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die tak het gereël dat ’n padskraper van die grondpaaie skraap ná swaar reën.
  • Die tak het self die teer verskaf om herstelwerk aan teerpaaie in Kathu te doen.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die Kathu-gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die Keimoes-gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die hoofpad voor die waterwiel skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met die Hoërskool Keimoes die munisipale kantore se grasperke gesny.

Kimberley

  • Die tak het watertoetse uitgevoer ná klagtes oor drinkwater van die publiek ontvang is.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig wat eis dat watervoorsiening herstel word en ’n rampbestuursplan voorgelê word.
  • Die tak het ’n dinkskrum saam met ander belanghebbendes gehou om waterprobleme in die gemeenskap aan te pak.

Kuruman

  • Die tak het in samewerking met die Noord-Kaap se premier en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) hulp verleen om kos per helikopter in die stormgeteisterde Kuruman-gebied af te lewer.
  • Die tak het grasperke in Kuruman skoongemaak en die gras rondom toegegroeide brandkrane kort gesny.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die Kuruman-gemeenskap te beveilig.

Prieska

  • Die tak het die gebied rondom die Voortrekker Gedenkteken opgeruim.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het slaggate in die middedorp opgevul.
  • Die tak het twee skrywes aan die munisipale bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende (i) kragmeters, asook (ii) die onregmatige aanstelling van die hoof van tegniese dienste by die munisipaliteit.

Upington

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het 50 kospakke van ongeveer 50 kg elk aan behoeftige gesinne uitgedeel.
  • Die tak het in samewerking met sopkombuise 700 kg hoender (’n skenking van All Oceans), asook ander voedsel aan behoeftige mense in die gemeenskap versprei.
  • Die tak het die gras langs die hoofstraat voor die ou Gordonia Hospitaal gesny en die strate in dié gebied skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 20 skooltassies aan nuwe gr. 1-leerders by die laerskool uitgedeel.
  • Die tak het twee skrywes aan die Khara Hais Plaaslike Munisipaliteit gerig oor (i) probleme met drinkwater in Klippunt en (ii) rioolprobleme by die Kalahari Mall.

Vaalharts

  • Die tak het ’n skenking teer ontvang om slaggate op te vul.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Warrenton

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die tak se jeugvleuel het ’n beplanningsessie gehou en beoog om vanjaar verskeie projekte aan te pak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

George

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het veiligheidstoerusting van bykans R10 000 aangeskaf om die veiligheidsvermoëns van AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag te versterk.

Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Hessekwa

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Aalwynfleur-buurtwag het die SAPD by twee geleenthede bygestaan met die tak se hommeltuig.

Kaapstad-Noord

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Mosselbaai         

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die tak het veiligheidstoerusting aangekoop om die Volmoed-plaaswag se vermoëns te versterk.

Overstrand

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Robertson

  • Die tak het radio’s aangekoop om die buurtwag se vermoëns te versterk, asook om die buurtwag se vermoëns na Ashton uit te brei.

Stellenbosch

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Vredendal

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Worcester

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n aanlyn vergadering via Zoom gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is.

Soortgelyke plasings