AFRIFORUM TAKSUKSESSE: JUNIE 2021

TAKSUKSESSE: JUNIE 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het bystand verleen tydens protesoptogte.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel nadat ’n vragmotor se bande gebars het.
  • Die tak het inkopies gedoen namens die inwoners van die Ons Herberg-ouetehuis nadat die inwoners onder isolasie geplaas is.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om voorvalle hok te slaan waartydens ysterpenne oor die N4-snelweg geplaas word.
  • Die tak het ’n volhoubare asblikprojek van stapel gestuur.

Groter Moot

  • Die buurtwag het gereeld eenheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens ’n projek waar leeus en tiere vanaf Groot-Marico na Oudtshoorn verskuif moes word.
  • Die buurtwag het die SAPD op die N1-snelweg bygestaan nadat ’n ongeluk daar plaasgevind het.
  • Die tak het in samewerking met COT en Vriende van Colbyn Ridge die pad na die reservoir oopgesny.
  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan op ’n ongelukstoneel op die hoek van Hertzogstraat en 30ste Laan.
  • Die buurtwag het ’n patrollie by die spruit gehou.
  • Die buurtwag het ’n dame te hulp gesnel nadat sy raakgery is; buurtwaglede het ook die bestuurder van die motor aangekeer.
  • Buurtwaglede is elke aand teenwoordig tydens die toesluit van Celebs, ’n plaaslike kroeg, nadat twee dames ’n nare ervaring met poging tot roof beleef het.
  • Die buurtwag het bystand verleen nadat ’n fietsryer raakgery is.
  • Die buurtwag het gehelp om brande in die omgewing te blus.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het deelgeneem aan Operasie Styfsit.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou by die kleinhoewes in die omgewing nadat misdaad toegeneem het.
  • Die buurtwag het nuwe leiers verkies: Johan Liebenberg Sr. is die nuwe operasionele leier en Johan Liebenberg Jr. is die nuwe steunleier.

Centurion

  • Die tak het meer as 1 500 swartsakke vullis verwyder en die omgewing skoongemaak deur ’n vierde werker aan te stel om vullis in sekere gebiede op te tel, gras te sny en die sypaadjies skoon te hou.
  • Die tak het vyf herwinningshokke aan Akademia geskenk. Hierdie is die derde projek waar die tak herwinningshokke aan instansies geskenk het om herwinning te bevorder.

Pionier

  • Die tak het in samewerking met ’n sekuriteitsmaatskappy twee verdagtes gearresteer wat by ’n winkel in die omgewing ingebreek het.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met Supreme Being Fitness en Toyota Fanatics ’n SterkMaandag-geselligheid gehou om fondse in te samel vir Bethany Homes en Gracia-kinderhuis.
  • Die tak het aan ’n padveiligheidsinisiatief by die Total Oostermoed-vulstasie in Hekpoort deelgeneem.
  • Twee buurtwaglede het hul hommeltuigopleiding suksesvol voltooi.

Roodepoort

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Johannesburg-Noord

  • Die tak het uitgebrei en sluit nou ook Fourways, Honeydew, Randburg en Sandton in.

Randfontein

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se saak teen die munisipaliteit wat by die Groen Skerpioene aanhangig gemaak is het in die hof verskyn; die munisipale bestuurder het egter nie opgedaag nie, waarna ’n hofbevel vir sy arrestasie uitgereik is vir minagting van die hof.

Westonaria

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Fochville

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Vanderbijlpark

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek afgeskop.
  • Die buurtwag het op vier afsonderlike noodgevalle gereageer en bystand gebied.
  • Die buurtwag het bystand aan hoofkantoor verleen deur te help met die verskuiwing van leeus.
  • Die tak het water aan die Laerskool Noordhoek voorsien tydens ’n watertekort in die dorp.
  • Die tak het water aan bejaardes in die Goodyear-woonstelle voorsien tydens ’n watertekort in die dorp.
  • Die buurtwag het weer eens patrollies rondom die begraafplaas gehou.

Vereeniging

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Midvaal

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Heidelberg

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het bystand aan die SAPD gebied tydens ’n operasie wat tot die arrestasies van die volgende persone gelei het: 30 onwettige immigrante, ’n sjebeeneienaar wat onwettige drank besit het, asook sewe dronkbestuurders. Daar is ook op gesteelde kragkabels en onwettige vuurwapens tydens die operasie afgekom.
  • Die buurtwag het bystand op die N3-snelweg verleen nadat ’n sleepwa met kalwers langs dié snelweg gevind is ná ’n kaping.

OOS-RAND

Springs 

  • Die tak het in samewerking met die Move One Million-beweging ’n skoonmaakprojek in Butlerpark gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Rus ’n Bietjie-ouetehuis gehou.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek aangepak.
  • Die tak het ’n saak teen die Ekurhuleni-metro gevoer rakende die stand van vullisterreine en wag steeds op terugvoer.
  • Die buurtwag het met behulp van sy SNIPR-kameraprojek twee verdagte voertuie opgespoor waarvan een vermoedelik by kapings betrokke was.
  • Buurtwaglede het bystand verleen op drie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand by ’n herwinningsterrein te blus.

Germiston

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek voltooi.

Brakpan

  • Die tak het druk op die Ekurhuleni-metro geplaas om slaggate op te vul.
  • Die tak het basiese noodhulpopleiding aan die plaaslike SAPD gebied.

MPUMALANGA

Algemeen

  • AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld het gehelp om 18 gesteelde beeste terug te vind.
  • AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld het hommeltuigopleiding in Orania bygewoon.

Witrivier

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het ’n oefening geloods om buurtwaglede se optrede en reaksievermoëns te toets.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het meel aan 90 hulpbehoewende gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselhulpprojek.
  • Die tak het meer as 2 000 spinasieplante in die gemeenskapstuin aangeplant om te help met armoedeverligting in die dorp.
  • Die tak het Why wait skip it aangestel om AfriForum se 30 vullisdromme in die dorp weekliks te diens.
  • Die tak het in samewerking met Why wait skip it die veld in Malherbestraat skoongemaak nadat rommel onwettig daar gestort is.
  • Die tak en Why wait skip it het die plaaslike polisiestasie se vullis verwyder nadat die munisipaliteit versuim het om dit te doen.

Dullstroom

  • Die buurtwag het voorbrande gemaak om die brandgevaar in die dorp te verlaag.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.

Lydenburg

  • Die tak het meer as 25 ton grond en vullis rondom die duikweg in die dorp verwyder.

Machadodorp

  • Die tak het insae gelewer teen beplande mynaktiwiteite in die omgewing en beplan om die aansoek teen te staan.

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die N4-snelweg buite Nelspruit.
  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het bystand verleen ná ’n plaasaanval in die omgewing.

Piet Retief

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en die verkeersdepartement ’n massapatrollie gehou.

Standerton    

  • Die buurtwag het hulp verleen op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in en om die dorp te verhoog.
  • Die tak het in samewerking met Ons Radio en Lekwa Cleanup Crew ’n slaggatherstelprojek afgeskop.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n padblokkade gehou.
  • Sowel die tak as die buurtwag het water aan die gemeenskap voorsien.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande te blus.
  • Die tak en die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

Delmas  

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie gehou.

Witbank

  • Die tak het gehelp met die aflaai van kospakkies by Solidariteit Helpende Hand.
  • Die tak het ’n projekbeplanningsessie gehou.

Ermelo

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.

Middelburg 

  • Tak- én buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak en die buurtwag het in samewerking met die SAPD, die verkeersdepartement en ander veiligheidsrolspelers ’n beplanningsessie gehou.

LIMPOPO

Phalaborwa

  • Die tak het slaggate rondom skole in die dorp opgevul.
  • Die buurtwag het ’n spanoperasie gehou waartydens gesteelde goedere van ’n huisroof teruggevind is.

Nylstroom

  • Die tak het stoptekens by gevaarlike kruisings in die dorp opgerig.

Warmbad

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die bestuur herverkies is.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het opleiding in spoorsny ontvang.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD drie arrestasies uitgevoer met betrekking tot die verspreiding van alkohol en dwelms.

Potgietersrus

  • Die tak het verskeie middelmanne in die dorp weer netjies gemaak.
  • Die buurtwag het talle sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het agt verdagtes in hegtenis geneem wat aan gewapende rooftogte verbind word.

Messina

  • Die buurtwag het fietspatrollies gehou tydens beurtkrag.

TAKSUKSESSE: JUNIE 2021 – SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MARICO

Algemeen

  • AfriForum het kommentaar ingedien om die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in die Marico Biosfeerreservaat teen te staan. Lede van die Groot-Marico-gemeenskap het die organisasie ingelig dat daar moontlik gebreke in die aansoekproses vir omgewingsmagtiging voorkom wat namens Legare Mining Services (Edms.) Bpk. deur Singo Consulting behartig word. AfriForum het ondersoek ingestel en as belanghebbende en benadeelde party geregistreer. Die organisasie het ook ’n spesialis aangestel om die assesseringsverslag en omgewingsimpakstudie deeglik te ondersoek.

Brits

  • Die buurtwag het in samewerking met sekuriteitsmaatskappye verskeie verdagtes aangekeer. Buurtwaglede het tydens ’n patrollie ’n verlate voertuig op ’n grondpad buite die dorp opgemerk, waarna hulle die voertuig genader en op verdagte persone afgekom het. Die SAPD het een van die verdagtes in hegtenis geneem en ’n saak is aanhangig gemaak sodat die voorval verder ondersoek kan word.
  • Die buurtwag het die SAPD en ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gehelp om ’n vermeende misdadiger aan te keer. Buurtwaglede het tydens ’n patrollie ’n verdagte persoon op ’n privaat eiendom naby die Gereformeerde Kerk in Roodekoppies opgemerk. Die verdagte het gevlug maar is te voet agternagesit en deur die buurtwaglede vasgetrek. Die verdagte is daarna deur die SAPD in hegtenis geneem.

Zeerust

  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur om die instandhouding van die Burgermonument te verseker. Die tak het dié monument ook vroeër vanjaar geoudit en skoongemaak as deel van AfriForum se monumentouditprojek.

Coligny

  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek in Voortrekkerstraat, die hoofstraat van die dorp, van stapel gestuur. Hierdie projek is in Meimaand geloods en gaan volhoubaar voort om seker te maak dat ’n gesonde omgewing vir almal geskep word en behoue bly.

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD 30 patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Delareyville

  • Die tak het meer as 110 swartsakke rommel in die dorp se hoofstrate opgetel.
  • Die tak het die plaaslike begraafplase se ingange skoongemaak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Vryburg

  • Die buurtwag het 30 patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het ’n sonkrag-aangedrewe straatligprojek van stapel gestuur en al meer as 20 sonkrag-aangedrewe straatligte aan die gemeenskap geskenk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Christiana

  • Die tak het ’n volhoubare groentetuinprojek by die Heil-Lof Sentrum geloods en sade vir dié projek aangekoop.
  • Die tak se jeugvleuel het drinkwater by die Hoërskool Schweizer-Reneke getoets.

Hertzogville

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het ’n volhoubare groentetuinprojek by die plaaslike hoërskool van stapel gestuur.

Bloemhof

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het R3 000 se sade ontvang vir hulle groentetuinprojek.

Ottosdal

  • Die tak het meer as 40 swartsakke rommel in die hoofstraat opgetel.

MOOIRIVIER

Algemeen

  • AfriForum-takke in die Mooirivier het aan AfriForum se nasionale blou-en groendruppelprojek deelgeneem.

Klerksdorp

  • Die tak het twee van sy lede vir hommeltuigopleiding gestuur.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het gehelp om die verkeer te reguleer tydens motorongelukke.
  • Die buurtwag het gehelp met die arrestasie van kabeldiewe.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van verskeie veldbrande.

Potchefstroom

  • Die tak het aan ’n kransleggingseremonie by die Vrouemonument by die konsentrasiekampkerkhof deelgeneem.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou, wat op nagenoeg 100 patrollies vir die maand neerkom.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld én opgevolg totdat dit uiteindelik opgelos is.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het gereeld druk op die munisipaliteit uitgeoefen om probleme in die dorp op te los.
  • Die buurtwag het gehelp met die arrestasie van drankdiewe.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die soektog na ’n gesteelde voertuig wat uiteindelik in Brits opgespoor is.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Algemeen

  • AfriForum-takke in die Mooirivier het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Bothaville

  • Die tak het een dag per week twee werkers gehuur wat die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery.
  • Die tak het die dorp se drinkwater laat toets omdat dit stink en vuil is. Die uitslae toon dat die chloorpersentasie te min is. Die saak is met Sedibeng Water opgeneem en reggestel.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme by die munisipaliteit aangemeld en toegesien dat dit opgelos word.
  • Die buurtwag het 13 patrollies gehou.
  • Die tak het teer aan sy lede voorsien om slaggate in die dorp op te vul.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan oorgrenspatrollies deelgeneem.
  • Die tak het 53 straatligte in Sasolburg en Vaalpark vervang en die bedrading daarvan herstel waar nodig.
  • Die tak het 25 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak het die voetoorgang voor die Lumiére Primêre Skool geverf en begin om randstene by aansluitings te verf.

ROSESTAD

Wilgehof

  • Die tak het gehelp met vullisverwydering.
  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek te behartig wat onder meer die sny van brandpaaie behels het.
  • Die buurtwag het gehelp om sewe veldbrande te bestry.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde fiets teruggevind.
  • Die tak het ’n bewusmakingsprojek by Gardenia Square
  • Die tak het in samewerking met AfriForum Jeug blou-en-groendruppeltoetse uitgevoer.
  • Die buurtwag se protospan het ’n inligtingsessie gehou waartydens ’n nuwe buurtwagstruktuur verkies is.

Hospitaalpark

  • Die tak het in samewerking met AfriForum Jeug die parkie skoongemaak.
  • Die tak het kontrakteurs aangestel om ’n skoonmaakprojek in Pasteurrylaan te behartig.
  • Die tak het in samewerking met die Wilgehof-tak ’n veldbrand bestry.

Pellissier

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die gebied skoon te maak en bome te snoei ten einde veiligheid en netheid te bevorder.

Fichardtpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om sypaadjies in Blok A skoon te maak.

Uitsig

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om sypaadjies in Curielaan skoon te maak.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het bystand gebied met die bestryding van twee veldbrande.
  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope ’n park skoongemaak.
  • Die tak het bome in ’n park gesnoei en die boomtakke weggery.

Langenhovenpark

  • Die tak het in samewerking met die Mangaung-brandweer beheerde brande toegepas.

KWAZULU-NATAL

Paulpietersburg

  • Die tak het verskeie proaktiewe Sondag-patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas weens die smeulende vullisterrein.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Vryheid

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Newcastle

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Utrecht

  • Die tak het gehelp met ’n voedselverspreidingsprojek.
  • Die tak het met raadslede geskakel oor munisipale probleme.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Pongola

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die tak het die N2-snelweg skoongemaak.

Hluhluwe

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die buurtwag het verskeie suksesse saam met Alpha Sekuriteit behaal.
  • Die tak het addisionele kameras opgerig om die dorp se hoofroetes te moniteer.
  • Die tak het gehelp om verkeersirkels weer netjies te maak.

Richardsbaai

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Amanzimtoti

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Margate

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Die tak het hulp aan behoeftige mense verleen.

TAKSUKSESSE: JUNIE 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se protospan het opleiding ontvang.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kamiesberg

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike SAPD ’n traumakamer opgerig.
  • Die tak het vier bome by die karavaanpark in Kamieskroon geplant.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek rondom die Fit-It in die dorp gehou waartydens ses koorsbome ook in dié onderneming se parkeerterrein geplant is.
  • Die tak het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp en ook onder meer voedsel aan twee behoeftige gesinne geskenk.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in die dorp se hoofstraat gehou en vragte rommel weggery.
  • Die tak het met voedselverspreiding in die gemeenskap gehelp en ook onder meer voedsel aan twee behoeftige gesinne geskenk.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kimberley

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het skrywes aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig en oor die stad se waterinfrastruktuur en -kwaliteit vergader.
  • Die tak het opvolgwatermonsters geneem om die gehalte van die water in die gemeenskap te bepaal.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kuruman

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se brandspan is na die toneel van ’n brandende huis ontbied waar hulle bystand verleen het.
  • Die tak se brandspan het bystand gelewer tydens die bestryding van veldbrande in die Kuruman-omgewing.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Prieska

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het die Valke bygestaan in die ondersoek na korrupsie teen Aubrey Baartman, die voormalige munisipale bestuurder.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Upington

  • Die tak het in samewerking met King’s Bakery 2 500 brode aan sopkombuise in Rosedale, Kalksloot en Stasiekamp geskenk.
  • Die tak het bederfpakkies aan 22 vragmotorbestuurders geskenk wat die dorp aangedoen het om met droogtehulpverligting te help.
  • Die tak het skaapstertjies vir die personeel van AgriPulse en Gemsbok
  • Die tak het 400 kg hoender en ander vleis aan sopkombuise in die gemeenskap geskenk.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Warrenton

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Williston

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • AfriForum se veiligheidstrukture in die Sondagsriviervallei, die Gamtoosvallei en Kirkwood het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • ’n Lid van die Sondagsriviervallei-plaaswag het die organisasie se eerste protospankursus in Orania bygewoon.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die kinders en personeel van die Port Elizabeth Voortrekkers en die FAK Kultuurraad ’n kranslegging by die Noordeinde-begraafplaas gehou.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • ’n Buurtwaglid het hommeltuigopleiding in Orania ontvang.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

George

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en die Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • ’n Lid van die Riversdal-buurtwag het die organisasie se eerste protospankursus in Orania bygewoon.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Philippi-plaaswag, wat deel vorm van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het ’n boosdoener in hegtenis geneem nadat hy ’n plaasbestuurder aangerand het.
  • Die tak het bome in Bill Bezuidenhoutlaan en Van der Stelstraat gesnoei om sodoende die gebied te help beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Langebaan

  • Die tak het in samewerking met die Long Acres Huiseienaarsvereniging Wêreldomgewingsdag gevier deur die groenstrook in Long Acres skoon te maak.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Mosselbaai         

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Groter Oudtshoorn-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die Hemel-en-Aarde- en Stanford-plaaswag, asook die Alfa- en Fisherhaven-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Vier lede van die Alfa-buurtwag het die organisasie se eerste protospankursus in Orania bygewoon.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die tak het in samewerking met Wildtrust en Stellenbosch Trail Fund ’n bosvlier (Nuxia floribunda) as ’n gedenkboom langs die gewilde Koloniesland-wandelpad in dié dorp geplant.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Vredendal

  • AfriForum se 12 veiligheidstrukture in die Matzikama-distrik het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Soortgelyke plasings