AFRIFORUM TAKSUKSESSE: MAART 2021

TAKSUKSESSE: MAART 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • Al 18 AfriForum-buurtwagte in Pretoria het aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied aan die slagoffers van twee sakerowe, terwyl hulle ook traumaberading vir dié slagoffers gereël het.
  • Die buurtwag het deurlopend sigbaarheidspatrollies by ’n brandpunt gehou waar skerp voorwerpe gereeld oor die pad geplaas word.
  • Die buurtwag het gereeld massapatrollies gehou om misdaad te bekamp.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde vragmotor teruggevind.
  • Die buurtwag het die diefstal van sonpanele op die Arbor-pad voorkom.
  • Die buurtwag het bystand verleen op drie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het die diefstal van kragopwekkers in die Vaalbank-gebied voorkom.

Oos-Moot

  • Die tak het ’n splinternuwe Kudu-grassnyer aangekoop om die gebiede rondom verskeie spruite netjies te maak.
  • Die buurtwag het ’n fietspatrollie gehou om sigbaarheid in die gebied te verhoog.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidsaksie gehou waartydens nommerplate met behulp van ’n mobiele kamerastelsel geverifieer is.
  • Die tak het paaie beveilig deur boomtakke wat verkeerstekens versper het, te snoei.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens die arrestasie van ’n verdagte wat persoonlike eiendom betree het.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n ongelukstoneel.
  • Die tak het in samewerking met Colbyn Ridge ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het bome verwyder wat verkeer blokkeer het.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek van stapel gestuur.

Centurion

  • Die tak se volgehoue druk op die Tshwane-metro het begin vrugte afwerp. Nadat die tak maande lank verskeie skoonmaak-, grassny- en slaggatherstelprojekte aangepak het, het die metro uiteindelik weer begin om sy pligte na te kom.
  • Die tak het sedert die begin van die jaar al meer as 150 ha gras in dié voorstad gesny.
  • Die tak het sedert die begin van sy #VegEnBou-projek reeds ’n daadwerklike verskil in verskeie gemeenskappe in dié voorstad gemaak. Die projek, wat van 8 tot 16 Maart geduur het, het verskeie knelpunte in die gemeenskap aangepak sodat vooruitgang in dié voorstad nie verhinder word nie.

Monumentpark

  • AfriForum-personeel het ’n grassnyprojek in die Monumentpark-gebied aangepak. Dít volg nadat verskeie klagtes aan AfriForum gerig is oor die toestand van die gras en sypaadjies in hierdie omgewing.

Rayton-Cullinan

  • Die tak het ’n grassnyprojek van stapel gestuur om die veiligheid van die gemeenskap te verbeter ná verskeie aanvalle in die omgewing.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die tak het deel gehad aan die Laerskool Protearif se bemarkingsdag; die tak het ’n stalletjie by die gholfbaan beman.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens die gras van nagenoeg 2,5 km se sypaadjies gesny is.
  • Die tak het twee bande aan die brandweerdiens geskenk om die dorp se brandweerwa weer padwaardig te kry.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers ’n massapatrollie in die dorp gehou.
  • Die buurtwag het gehelp om drie vermiste persone op te spoor en hulle aan hul families terug te besorg.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n groentetuinprojek by die Golden Age Village vir bejaardes van stapel gestuur en beplan om dit as ’n volhoubare projek te bestuur.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoonmaakprojek gehou om ’n skoon en veilige speelplek vir kinders in die dorp te verseker.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n speelraam by The Cradle Ark in Tarlton opgerig.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan die GPF se massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Langenhovenstraat gehou.
  • Die tak het twee watertenks met ’n kapasiteit van nagenoeg 2 000 liter aan die publiek beskikbaar gestel om te gebruik tydens drukverlaging.
  • Die buurtwag het weer begraafplaaspatrollie gehou.

Roodepoort

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die organisasie se monumentoudit deelgeneem en dié drie monumente geoudit: Old Prison and Gaoler’s House, House Bryden – Tower House en die Voortrekker Herdenkingsmonument.

Fochville

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Groot Trek Gedenkmonument op die dorp gehou.
  • Die tak het aan die organisasie se monumentoudit deelgeneem en die Groot Trek Gedenkmonument geoudit.

Vereeniging

  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers ’n skoonmaakprojek by die konsentrasiekampbegraafplaas in dié stad gehou.

Randfontein

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

OOS-RAND

Boksburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n groot rol gespeel in die arrestasie van gevaarlike individue wat dwelms en vuurwapens in hul besit gehad het.
  • Die buurtwag het die Boksburg SAPD tydens sewe spesiale operasies bygestaan.

Brakpan

  • Tak- en buurtwaglede het opleiding in noodhulp en brandbestryding ontvang.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Springs

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by Butlerpark, Geduld gehou.
  • Die tak het die rommel wat by die duikweg in Geduld gestort is, skoongemaak.
  • Buurtwaglede het opleiding saam met die SAPD ontvang.
  • Die buurtwag het op versoek van die SAPD verskeie operasies saam met die SAPD uitgevoer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • AfriForum het individue bygestaan wat in die Witrivier-polisiestasie aangerand en geteister is.

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die watertoevoer na die dorp onderbreek word.
  • Die tak het weekliks 30 asdromme in die dorp se sentrale sakekern gediens.
  • Die tak het slaggate in Buffel- en Tsibitso Sibanyonistraat opgevul. Altesaam 500 sakke teer is hiervoor gebruik.
  • Die tak het gras langs die N17 gesny, asook by die plaaslike polisiestasie.
  • Die tak het die gras by die Nestlé-driehoek gesny.
  • Die tak het slaggate in Malherbestraat opgevul.
  • Die tak het nuwe straatnaamblokke in Malherbestraat opgerig. Bethal Foto Drukkers het gehelp met dié projek.
  • Die tak het meel aan 90 gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselhulpprojek.
  • Die tak het die Selfbeskikking Saterdag-projek van stapel gestuur. Verkeerstrepe en stoptekens in Malherbestraat is nuut oorgeverf in samewerking met ATK Bakke en Whitehouse Paints. Die Nestlé-driehoek is ook netjies gemaak danksy die goeie samewerking tussen AfriForum se Bethal-tak, Venter Konstruksie, Deutrans, Melanie en Bertus Nortier, Christa Venter, Bethal Mica en Bethal Traders.

Dullstroom

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het gereeld bystand verleen op ongelukstonele.

Machadodorp

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het slaggate opgevul.

Lydenburg

  • Die buurtwag se protospan het gehelp om onluste in die omgewing onder bedwang te hou.
  • Die buurtwag se protospan het ’n opleidingsessie voltooi om buurtwaglede te help om veilig en paraat op te tree.

Kranspoort

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Malelane

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Piet Retief

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

Standerton

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om groter sigbaarheid in en om die dorp te bewerkstellig.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek van stapel gestuur in samewerking met Ons Radio en Lekwa Cleanup Crew.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Sowel die tak as die buurtwag het hulp verleen op ’n ongelukstoneel.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Secunda van stapel gestuur.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.
  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan ’n verfprojek in dié dorp deelgeneem.
  • Die tak het slaggate in Delmas opgevul.

Witbank

  • Die tak het as deel van een van sy projekte gehelp om ’n kamer by die Betsie Louw Tehuis uit te teel.
  • Die tak het gehelp met die aflaai van kospakkies.

Ermelo

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het projekbeplanning gedoen.

Leandra

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Middelburg 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.

LIMPOPO

Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem: 204 AfriForum-patrolleerders; 79 ander deelnemers; 128 voertuie; 22 532 km afgelê; 102 insidente aangemeld.

Naboomspruit

  • Die tak het die dorp se strate skoongemaak.
  • Die tak het ’n hofbevel teen die munisipaliteit bekom met betrekking tot watervoorsiening.
  • Die tak het ’n volhoubare projek aangepak deur ’n watertenk in Roedtan op te rig.
  • Die tak het ’n buurtwag gestig.

Ellisras

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n patrollie gehou.

Phalaborwa

  • Die tak het die dorp se strate geoudit om slaggate te identifiseer.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het ’n voetpatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

Marble Hall

  • Die buurtwag het bystand aan SaveNet Sekuriteit verleen met die opspoor van ’n gesteelde voertuig.

Nylstroom

  • Die tak het water na ’n aftreeoord aangery.

TAKSUKSESSE: MAART 2021 – SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het omgesien na die veiligheid van alle rolspelers tydens die skoonmaakprojek by Pretoriuskloof. Die projek was suksesvol en geen insidente is aangemeld nie.

Welkom

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike SAPD en ander plaaswagte en boere die inoefening van die noodplan hanteer en gekoördineer. Die inoefening was in totaliteit suksesvol.

Bultfontein

  • Buurtwaglede het daagliks by die plaaslike skool gehelp om verkeer te reguleer, asook om die leerders veilig oor die pad te kry.

Kroonstad

  • Die tak het voortgegaan om die Presidentia Jeugsorgsentrum by te staan; speelsand in drie trekkerbande sal ook in April aan die sentrum voorsien word, terwyl die skenking en plant van bome tydens boomplantmaand in September sal volg.

Frankfort

  • Die tak het ’n klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak na aanleiding van rioolprobleme wat ’n reusegevaar vir inwoners inhou. Die masnommer is ontvang en die klagte is suksesvol op die SAPD se stelsel geregistreer.
  • Pionier Dienstemaatskappy het ’n samewerkingsooreenkoms met die Mafube-sakeforum aangegaan ten opsigte van die hangende hofsaak, asook dienslewering in die toekoms.

Winburg

  • Die tak het diesel geskenk en saam met ander rolspelers gewerk om die konsentrasiekampbegraafplaas skoon te maak. Die tak het ook ’n opvolgaksie gehou om die begraafplaas met onkruiddoder te behandel, asook nóg ’n skoonmaakprojek om te verseker dat dit ’n volhoubare projek bly.

Senekal

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek langs die ou Joodse Kerk van stapel gestuur. Blare en onkruid is verwyder, terwyl die heining weer geverf en herstel is.

ROSESTAD

Algemeen

  • Al AfriForum se Bloemfontein-takke het aan ’n volhoubare projek deelgeneem met betrekking tot die instandhouding van die President Brand-begraafplaas in die stad.

Fichardtpark

  • Die tak het ’n paashaasbewusmakingsprojek gehou. Taklede het saam met die Cheetah-gelukbringer en twee paashaasgelukbringers verskeie gebiede in Fichardtpark besoek en paaseiers aan kinders uitgedeel.

Wilgehof-Gardeniapark

  • AfriForum se Sektor 3-buurtwag het help soek na ’n sewejarige seun wat in Bobbiespark as vermis aangemeld is. Die seun is uiteindelik langs die N1 opgespoor en aan sy pa terugbesorg.
  • AfriForum se Sektor 2-buurtwag was binne 90 sekondes op die toneel waar ’n kortsluiting by ’n kragboks in De Bruynstraat ’n veldbrand tot gevolg gehad het. Die buurtwag het gehelp om die brand te blus.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het ’n volhoubare projek gehou met betrekking tot die sny van gras in parkies en velde in die omgewing.

Hospitaalpark

Die tak het ’n suksesvolle straatverfprojek in dié woonbuurt gehou.

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale patrollie – Operasie Windmeul – deelgeneem: Bothaville, Parys, Sasolburg, Ellaton, Songloed, Hartbeesfontein, Hartbeesfontein-plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad.
  • Die volgende takke het aan AfriForum se monumentoudit deelgeneem: Parys, Sasolburg, Potchefstroom, Stilfontein, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Bothaville

  • Die tak het weekliks twee werkers gehuur om die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoon te maak.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie keer patrollie gery en die afgelope maand twee arrestasies gemaak.
  • Die buurtwag het ’n projek van stapel gestuur om brandkrane op die sypaadjies op te spoor en het tot dusver al 53 opgespoor.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat dit aangepak word.
  • Die buurtwag het 13 patrollies gehou.
  • Die buurtwag het twee lede vir buurtwagopleiding gestuur.
  • Die tak het stoptekens opgerig en boomtakke afgesaag waar verkeerstekens versper is.
  • Die tak het skoonmaakprojekte geïnisieer en die hele gemeenskap daarby betrek; die gebied rondom die spruit, asook die museum se erf is skoongemaak.
  • Die tak het 15 skoolbankies aan die Primêre Skool Parys geskenk.

Sasolburg

  • Die buurtwag het twee lede vir buurtwagopleiding gestuur.
  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 5,5 ha skoongemaak deur vullis te verwyder en takke af te saag en te verwyder.
  • Die tak het 48,5 ha gras in parke en groenstroke gesny.

NOORDWES

MARICO

Lichtenburg

  • Die tak het 351 sakkies teer (ongeveer 10,5 ton) gebruik om slaggate in die dorp op te vul. Die projek het die tak ongeveer R40 000 gekos.

Coligny

  • Die tak het Voortrekkerstraat, die dorp se hoofstraat, opgeruim en skoongemaak. Tydens die projek het die tak hoofsaaklik die gras op die sypaadjie en die middelman van die straat gesny, terwyl rommel ook opgetel is.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Zeerust

  • Die tak het die Burgermonument in die dorp skoongemaak. Tydens die projek het die tak hoofsaaklik gras gesny en rommel opgetel. Dít volg nadat die monumentterrein al vir etlike jare lank deur die munisipaliteit verwaarloos word en in ’n haglike toestand was.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Rustenburg

  • Die Rustenburg- en Buffelshoek-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Brits

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Mooinooi

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

STELLALAND

Christiana

  • Die tak het ná maande se volgehoue druk op die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik ’n deurbraak bewerkstellig deurdat die munisipaliteit begin het om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak se jeugvleuel het hul eerste stalletjie beman tydens die Anything that floats-fees by die Vaalrivier.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het groot slaggate voor die Silwerjare-ouetehuis opgevul.

Ottosdal

  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur. Dié projek, wat in samewerking met gemeenskapslede aangepak word, gaan sypaadjies, oop erwe en besige strate skoonhou.

Delareyville

  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek by die plaaslike begraafplaas gehou. Nie net is die hele begraafplaas se gras gesny nie, maar die gebied rondom die grafte is ook ordentlik skoongemaak.

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het met die arrestasie van ’n kabeldief gehelp.
  • Die buurtwag het inwoners met kragopwekkers en petrol bygestaan toe ’n transformator onklaar geraak het en die dorp sonder elektrisiteit gelaat is.

Potchefstroom

  • Die tak het ’n gesin met kospakkies bygestaan totdat Solidariteit Helpende Hand daardie funksie kon oorneem.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery en nagenoeg 100 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies aangemeld en opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.
  • Die tak het die park in Strydomstraat skoongemaak en die gras gesny.
  • Die tak het 61 slaggate opgevul en 1 ton teer daarvoor gebruik.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het deurlopend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen rakende die dorp se kragkrisis.
  • Die tak het die dorp se strate skoongemaak.

Wolmaransstad

  • Die tak het die sypaadjies skoongemaak en die gras gesny met behulp van Working on Fire.

KWAZULU-NATAL

Paulpietersburg

  • Die tak het gras gesny op die sypaadjies in die industriële gebied.
  • Die tak het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Vryheid

  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor die onreëlmatige sny van ’n plantasie.
  • Die tak het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het kommentaar ingedien oor die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n gemeenskapsinligtingvergadering gehou.
  • Die tak het monumente in hul gemeenskap opgesoek as deel van AfriForum se nasionale monumentoudit.
  • Die tak het gemeenskapslede bygestaan om probleme by die vullisterrein te hanteer.

Pongola

  • Die tak het verskeie riooldreine wat oorloop by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas oor die stand van die dorp se paaie.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen om die gras langs die N2 te sny.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Hluhluwe

  • Die tak se veiligheidspan het verskeie suksesse behaal.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Utrecht

  • Die tak het komiteevergadering gehou.
  • Die tak het aan ’n kosverspreidingsprojek in die dorp deelgeneem.

TAKSUKSESSE: MAART 2021 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die buurtwagte in Orania en Strydenburg het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede op te skerp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Kamiesberg

  • Danksy aanhoudende druk deur die tak op die munisipaliteit is ’n transformator herstel en weer stewig staangemaak.
  • Die tak het skrywes aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gerig om aandag te skenk aan die voorsiening van vars water.

Kathu

  • Die tak het ’n padskraper gereël om herstelwerk aan die grondpaaie te doen ná die vloede wat in die gebied voorgekom het.
  • Die tak het teer verskaf en herstelwerk aan teerpaaie in die dorp gedoen.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap meer weerbaar te maak.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap meer weerbaar te maak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.
  • Die Grootoog-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Kimberley

  • Die buurtwag en die Modderrivier-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede op te skerp.
  • Die tak het met die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit vergader rakende waterprobleme in die stad.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Kuruman

  • Die tak het plantegroei rondom die dorp se brandkrane verwyder, grasperke gesny en bossies met gif gespuit.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap meer weerbaar te maak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Prieska

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het skrywes aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die watervoorsieningsprobleem in Springbok.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Upington

  • Die tak het vyf kospakke aan behoeftige gesinne uitgedeel.
  • Die tak het vullis verwyder, gras langs die hoofstraat gesny en van die middelmanne op die dorp se hoofroetes skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met die DA die gebied voor die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit skoongemaak deur gras te sny en rommel te verwyder.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Vaalharts

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Warrenton

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Williston

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Port Elizabeth

  • Die Walkerdrive-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp. Uitstekende samewerking is verkry van die SAPD.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede op te skerp.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag en Hemel-en-Aarde-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede op te skerp.
  • Die Alfa-buurtwag het die Hermanus-brandweer bygestaan om ’n brand onder beheer te bring nadat brandstigters ’n brand in Belladonnastraat in Sandbaai gestig het.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Vredendal

  • Die Kleinrivier-plaaswag, Koekenaap-plaaswag, Lutzville-plaaswag, Lutzville-buurtwag, Nuwerus-plaaswag, Trawal-plaaswag, Vredendal-plaaswag en Vredendal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede op te skerp.

Worcester

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentoudit deelgeneem.

Langebaan

  • AfriForum het ’n tak in Langebaan gestig.

Soortgelyke plasings