AFRIFORUM TAKSUKSESSE: NOVEMBER 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Centurion

  • Die tak het verskeie slaggate in Centurion opgevul.
  • Die tak se jeugvleuel het skenkings aan Thaba Tshwane Dogs gemaak en besoek aan Woodrock Animal Rescue afgelê.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike GPF verskeie paaie skoongemaak ná ’n storm.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om Furman-park in Valhalla skoon te maak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens twee gewapende rooftogte.
  • Die tak het traumaberading vir slagoffers gereël.
  • Die tak het 20 bokse aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig vir sy Kersfeesprojek.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle arrestasie uitgevoer.

Moot

  • Die tak het verskeie paaie skoongemaak ná ’n storm sodat motoriste dit weer kon gebruik.
  • Die buurtwag het bystand aan ’n sekuriteitsmaatskappy gelewer tydens ’n voorval van huismoles en ’n ondersoek na dwelms.
  • Die tak het bome uit die spruit verwyder omdat dit kanale blokkeer het.
  • Die tak het die Wes-Moot-tak met ’n skoonmaakprojek rondom die Laerskool Boerefort gehelp.

Oos-Moot

  • Die tak het verskeie paaie skoongemaak ná ’n storm sodat motoriste dit weer kon gebruik.
  • Die tak het die Wes-Moot-tak met ’n skoonmaakprojek rondom die Laerskool Boerefort gehelp.

Wes-Moot

  • Die tak se jeugvleuel het bejaardes en pensionarisse gehelp om hulle tuine mooi en netjies te maak.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek rondom die Laerskool Boerefort gehou.

WES-RAND

Randfontein

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om mangate te beveilig.

Roodepoort

  • Die tak het sy maandelikse massa-en-misdaadvoorkomingspatrollie gehou.

Krugersdorp

  • Die tak het 30 bome by twee tehuise in dié dorp aangeplant as deel van die organisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.

OOS-RAND

Kempton Park

  • Die buurtwag en SecPros Sekuriteit het saamgewerk om ’n boom te verwyder wat ’n pad versper het ná ’n haelstorm.

Benoni

  • Die dorp se SNIPR LPR-stelsel het bygedra tot die opspoor van 14 voertuie. AfriForum en verskeie sekuriteitsmaatskappye het daarop gereageer en al dié voertuie opgespoor en geskut. Een van die verdagtes wat vasgetrek is was ook een van die mees gesoekte persone in die land wat by verskeie transitorooftogte betrokke was.
  • Die buurtwag het die SAPD in samewerking met AfriForum se Alberton-lugvleuel bygestaan deur die gebied te verken waar zama-zama-aktiwiteite baie hoog is.
  • Die buurtwag het tans meer as 100 aktiewe lede.

Boksburg

  • Die buurtwag het gehelp om bome wat tydens ’n storm ontwortel is, op te saag en te verwyder.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n vermiste seun op te spoor wat ná skool vermis geraak het.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle massapatrollie in samewerking met die SAPD gehou waartydens verskeie arrestasies gemaak is vir die besit van dwelms, terwyl onwettige immigrante ook in hegtenis geneem is.
  • Die buurtwag het ondersteuning aan slagoffers van ’n inbraak gebied nadat hulle vasgebind is en hul motor gesteel is.

Springs

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike gemeenskap ’n suksesvolle protesaksie teen die Ekurhuleni-metro gehou waartydens ’n petisie teen swak dienslewering ook oorhandig is.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle massapatrollie in samewerking met die SAPD gehou. Drank is by ’n onwettige taverne gekonfiskeer en een persoon is ook in hegtenis geneem. Twee onwettige immigrante is ook gearresteer.
  • Die tak het ’n suksesvolle werwingsprojek gehou.
  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens die soektog na ’n vermiste 12-jarige meisie. Sy is uiteindelik in ’n veld deur AfriForum en die plaaslike GPF

MPUMALANGA-OOS

Witrivier

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou as deel van Operasie Kerskous.

Nelspruit

  • Die tak het as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek vyf klaskamers by die Pro Gracia Skool opgeknap.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het gereeld patrollies gehou as deel van Operasie Kerskous.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied met die bestryding van ’n brand op Cairn.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word wanneer die watertoevoer na die dorp onderbreek word.
  • Die tak het weekliks 30 asdromme in die dorp se sentrale sakekern gediens.
  • Die tak het sy voedselskema voortgesit; dit behels onder meer konstruksiewerk.
  • Die tak het die plaaslike polisiestasie se gras gesny.
  • Die tak het stoptekens in Malherbestraat vervang.
  • Die tak het slaggate in Wichtstraat, asook in Hoëveld- en Van der Stellaan opgevul.
  • Die tak het R8 000 se ontsmettings- en skoonmaakmiddels by die Silwerjare-tehuis afgegee. Dit is deur ’n donateur aan AfriForum geskenk.

Lydenburg

  • Die tak het as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek ligte by drie tehuise aangebring om die gebied te beveilig.
  • Die protospan het in samewerking met HPG gehelp om ’n plaasaanval op Tonteldoos af te weer.

Dullstroom

  • Die buurtwag het toerusting ontvang.
  • Die buurtwag het die plaaslike polisiestasie se tuin netjies gemaak, bome geplant en nuwe sonaangedrewe ligte aangebring om die stasie mooier en veiliger te maak.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou as deel van Operasie Kerskous.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gehelp om ’n gewapende rooftog op te volg. Arrestasies is later gemaak.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie veiligheidsrolspelers gehelp om ’n gesteelde motor terug te vind, terwyl arrestasies ook gemaak is.
  • Die tak het bome geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou as deel van Operasie Kerskous.

MPUMALANGA-WES

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD gehou.

Standerton    

  • Die tak is besig met die oprigting van ’n noodwaterpunt.
  • Die tak het sy slaggatherstelprojek voortgesit.
  • Die buurtwag het op ’n ongelukstoneel uitgehelp deur die verkeer te reguleer.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se jeugvleuel het sowel ’n modelkompetisie as ’n gholfdag gehou.
  • Die tak het met instandhoudingswerk by ’n ouetehuis gehelp.
  • Die tak het slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het op ’n ongelukstoneel uitgehelp deur die verkeer te reguleer.

Witbank 

  • Die tak het die jaar afgesluit deur slaggate op te vul en padtekens nuut oor te verf.

Ermelo  

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou .

Delmas   

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Argent en Eloff het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in en om die dorp gehou.

Middelburg     

  • Die plaas- en buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het in samewerking met AfriForum se Steenbokpan-buurtwag slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand te bestry.

Musina

  • AfriForum het ’n buurtwag in dié dorp gestig.

Pietersburg

  • Die buurtwag het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het gehelp om ’n industriële brand te blus.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n 3-jarige dogtertjie wat in ’n kaping betrokke was, terug te vind.

AfriForum maak Noord-, Oos- en Wes-Kaap se blou-en-groendruppeluitslae bekend – AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Wes-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Oos-Kaap

Gamtoosvallei

  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Gamtoos-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Jeffreysbaai

  • AfriForum se Jeffreysbaai-tak het die jaar afgesluit met hul algemene jaarvergadering en ’n nuwe bestuur is aangewys.

Port Elizabeth

  • AfriForum se Port Elizabeth-tak het in November weer die Konsentrasiekamp- gedenkterrein opgeruim en opgeknap. Verder het die strandskoonmaakaksie, ’n volhoubare projek, ook momentum gekry.

Wes-Kaap

George

  • AfriForum se George-tak het vordering gemaak met hul projek om ’n speelparkie aan te neem en verskeie ander rolspelers het onderneem om hulp te verleen met dié projek. Die heining word binnekort opgesit waarna die res van die beplande verbeteringe as deel van die Ons Dorp-projek aangebring sal word.

Hessekwa

  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Hessekwa-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Kaapstad-Noord

  • AfriForum het op 6 November ’n plaaswag in Philippi gestig. Dié plaaswag vorm deel van AfriForum se Kaapstad-Noord-takstruktuur.

Kaap Agulhas

  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Kaap Agulhas-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Mosselbaai         

  • Die AfriForum-tak in Mosselbaai se karavaan word nog onverpoos aangewend in Mosselbaai se strategie om die COVID-19-virus te bekamp. Dit dien as mobiele eenheid om toetse uit te voer.
  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Mosselbaai-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn-tak het veiligheidstoerusting bestel wat in Desember aan patrollielede van die Groter Oudtshoorn-buurtwag oorhandig sal word.
  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Oudtshoorn-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Overstrand

  • AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel van die organisasie se Overstrand-tak uitmaak, het op 16 November die plaaslike polisie gehelp om twee vermeende rowers in hegtenis te neem.

Robertson

  • ’n Afvaardiging van AfriForum se Robertson-tak het die streeksberaad van kennis in Knysna bygewoon.

Stellenbosch

  • AfriForum se tak in Stellenbosch het vanaf 30 November tot 4 Desember indringerplante verwyder in die vleiland in Onder-Papegaaiberg in samewerking met die Wildtrust.
  • AfriForum se tak in Stellenbosch het op 12 November drie Kaapse essenhoutbome (Ekebergia capensis) by Huis Horison geplant.

Vredendal

  • AfriForum se Vredendal-tak het op 23 November hulp aan die plaaslike DBV verleen met die verf van die DBV se gebou.

Mooirivier-suksesse

  • Die omgewingsbeampte van AfriForum se Parys-tak meld munisipale probleme aan en sien toe dat dit herstel word.
  • AfriForum se Parys-buurtwag ry daagliks patrollie.
  • AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag stuur nog ’n lid vir hommeltuigopleiding.
  • AfriForum se Potchefstroom-tak staan drie gesinne met kospakkies by totdat Helpende Hand kan oorneem.
  • AfriForum se Potchefstroom-buurtwag bied hulp tydens brande en oorstromings.
  • AfriForum se Potchefstroom-buurtwag ry daagliks patrollie.
  • Die omgewingsbeampte van AfriForum se Potchefstroom-tak rapporteer daagliks probleme met water-en rioollekke en volg dit op totdat dit herstel is.
  • AfriForum se Stilfontein-tak se plaaslikeregeringverteenwoordiger plaas konstant druk op die munisipaliteit om foute te herstel.
  • AfriForum se Sasolburg-tak het gras in parke en groen stroke gesny en bosse en vullis verwyder om areas te beveilig.
  • AfriForum se Sasolburg-tak het talle slaggate gevul.
  • AfriForum se Bothaville-tak plant tien bome by Laerskool Kleinbroek.
  • AfriForum se Bothaville-tak rig vier kameras in die hoofstraat op.
  • AfriForum se Bothaville-buurtwag hou ’n massapatrollie saam met ander veiligheidsinstansies.
  • AfriForum se Wolmaransstad-tak maak groot areas in die dorp skoon.

Natal-suksesse

  • AfriForum se Utrecht-tak plaas druk op die munisipaliteit om interne probleme uit te sorteer.
  • AfriForum se Vryheid-tak plant bome vir die boomplantprojek.
  • AfriForum se Vryheid-tak se mobiele gesondheidseenheid bied hulp aan verskeie mense.
  • AfriForum se Vryheid-tak verkies ’n nuwe veiligheidskomitee.
  • AfriForum se Vryheid-buurtwag hou verskeie pro-aktiewe patrollies om hul gemeenskap te beveilig.
  • AfriForum se Vryheid-tak doen navrae oor klagtes wat ingedien is rakende munisipale korrupsie.
  • AfriForum se Pongola-tak ruim die poskantoor op en maak langs die N2 en verskeie ander plekke in die dorp skoon.
  • AfriForum se Pongola-tak maak Pongola se begraafplaas skoon.
  • AfriForum se Pongola-tak plaas die munisipaliteit op terme vir rioolstorting.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak ry verskeie patrollies om die gemeenskap te beveilig.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak lê beslag op verskeie gesteelde en gesmokkelde goedere.
  • AfriForum se Margate-tak hou gemeenskapsvergadering en verkies ’n nuwe bestuurskomitee.

Groot Marico-suksesse

Brits:

  • AfriForum se Brits-buurtwag het gehelp om twee vermeende kapers vas te trek nadat die buurtwag inligting ontvang het oor ’n gekaapte voertuig in die Mount Amanzi-omgewing.

Zeerust:

  • AfriForum se Zeerust-tak gaan sekuriteitskameras wat op 23 November 2020 in die dorp opgerig is, moniteer om die algemene veiligheid in die dorp te verbeter en die buurtwag se vermoëns verder te versterk. Die kameras stel die buurtwag in staat om dele van die dorp dop te hou en ook om verdagte voertuie deur middel van nommerplaatherkenning te identifiseer.

Rustenburg:

  • AfriForum se Rustenburg-tak het op 12 November die Buffelshoek-plaaswag gestig nadat verskeie vergaderings met lede van die landelike gemeenskap van Buffelshoek buite Rustenburg gehou is.

STELLALAND-STREEK

Biesiesvlei

  • AfriForum se Biesiesvlei-buurtwag het gedurende November in samewerking met die plaaslike polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die Biesiesvlei-tak het ’n vergadering met die Ditsobotla Munisipaliteit gehad i.v.m. ’n rioolprobleem.

Delareyville

.

  • AfriForum se Delareyville-buurtwag het gedurende November in samewerking met die plaaslike polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

Vryburg

  • AfriForum se Vryburg-buurtwag het gedurende November in samewerking met die plaaslike polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die brandspan van AfriForum se Vryburg-tak het ’n brandbestryder as skenking ontvang.
  • AfriForum se Vryburg-tak het voortgegaan met die suksesvolle slaggatprojek en het gedurende November 63 slaggate reggemaak.
  • AfriForum se Vryburg-tak het 6 ton teer aangekoop vir die herstelwerk van slaggate vir die feesseisoen.
  • AfriForum se Vryburg-buurtwag het die begraafplaas beveilig tydens besoektye op Sondae.
  • AfriForum se Vryburg-buurtwag het in samewerking met die polisie en sekuriteitsmaatskappye ‘n suksesvolle aksie in die hoofstraat gehad.

Christiana

  • AfriForum se Christiana-buurtwag het gedurende November verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • AfriForum se Christiana-tak het 50kg se wildsvleis verpak en versprei onder minderbevoorregte gesinne.
  • AfriForum Jeug se Christiana-tak het ’n skoonmaakaksie geloods.
  • AfriForum Jeug se Christiana-tak het ’n groentetuin begin.

Hertzogville

  • AfriForum se Hertzogville-tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van hul volhoubare projek.
  • AfriForum se Hertzogville-tak het ’n suksesvolle vergadering met die plaaslike skool gehad om samewerking te bespreek vir 2021.

Schweizer-Reneke

  • AfriForum se Schweizer-Reneke-buurtwag het in November in samewerking met die plaaslike polisie verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • AfriForum se Schweizer-Reneke-tak het ’n vergadering met die munisipaliteit gehou a.g.v. swak dienslewering.

Bloemhof

  • AfriForum se Bloemhof-tak het voedsel aan dertig gesinne geskenk as deel van hulle volhoubare voedselprojek in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie.
  • AfriForum se Bloemhof-tak het ‘n tweede stuk grond bewerk en voorberei vir ‘n groentetuin.

Sannieshof

  • AfriForum se Sannieshof-tak het ’n vergadering met die munisipaliteit gehad oor samewerking en die pad vorentoe.

Bloemfontein

  • AfriForum se Bloemfontein-tak het saam met Bloemfontein Jeug en Hospitaalpark-tak ’n Kersfunksie aangebied vir die Engo-kinderhuis.
  • Op 30 November 2020 is ’n verdagte in ’n huisbraak aangekeer binne twee minute nadat ’n noodoproep via die 911-beheerkamer ontvang is.
  • Die buurtwag het bystand gelewer aan die SAPD tydens gewapende roof by Universitas Wes-Kerk en Universitas Primêre Skool.
  • Bystand is ook gelewer aan die SAPD tydens ’n inbraak in Donald Murraylaan. Twee verdagtes is aangekeer en wielvellings teruggevind.

Uitsig-tak

  • AfriForum se Uitsig-tak het bystand gelewer aan plaaslike mediese dienste tydens ongeveer tien ongelukke deur die loop van die maand.

Sektor 5 (Hospitaalpark, Fichardtpark en Jeug)

  • Die tak het matrasse en geskenkies aan ’n plaaslike kinderhuis geskenk.
  • ’n Marathon-fondsinsameling is vir ’n dogtertjie met kanker gehou.

Pellissier-tak

  • AfriForum se Pellissier-tak het verskeie verbeteringe aan die dorp aangebring deur onder andere straatname, die plaaslike AfriForum-parkie en ’n stopstraat by ‘n kruising te verf.

Boshof-tak

  • AfriForum se Boshof-tak het voer versprei aan boere in nood en boere wat deur veldbrande geraak is.
  • Die tak het gehelp met die verspreiding van bokse met noodsaaklike voorraad aan boere, tydens die Boks vir ‘n Boer-projek.

Soortgelyke plasings