AfriForum taksuksesse: November 2021

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het bystand verleen ná afloop van ’n plaasaanval in die distrik.
  • Die buurtwag het twee massapatrollies gehou om veiligheid op te skerp.
  • Die tak het vlak 1-, 2- en 3-noodhulpopleiding vir 16 lede aangebied.

Groter Moot

  • Die tak het bome verwyder wat omgeval het.
  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met verskeie projekte.
  • Die tak het vier noodwaterpunte in die Moot-gebied opgerig.
  • Die buurtwag se Renoster-span het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag se reaksielede het opleiding in brandbestryding en toneelhantering ontvang.
  • Die buurtwag het bystand verleen aan ’n vrou wat beroof is.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het verkeer gereguleer op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.

Wes-Moot

  • Die tak het water aan die gemeenskap verskaf.
  • Die tak het bome by skole geplant én watertoetse by skole uitgevoer.

Centurion

  • Die tak het twee parke in die Centurion-gebied aangeneem as deel van die Adopt-a-Spot-projek wat deur die Tshwane-metro van stapel gestuur is. Dít volg nadat AfriForum aansoeke ingestuur het om die algehele instandhouding van hierdie parke oor te neem en sodoende die metro se las te verlig. Hierdie parke is Furman-park en Montaque Kneen-park in Valhalla.
  • Die tak se tuinspan het hard gewerk in die ou militêre begraafplaas in Voortrekkerhoogte. Die begraafplaas is erg verwaarloos en taklede het dit op hulself geneem om hierdie begraafplaas op te knap en netjies te maak.
  • én buurtwag het veiligheidsoudits by Montaque Kneen Park en Furman Park uitgevoer. Hierdie oudits kyk na verskeie aspekte van die parke se veiligheid om te bepaal waar moontlike gevare kan voorkom, en waar die parke nie aan die kriteria voldoen om as veilig verklaar te word nie, sal die tak inspring om die probleme uit te klaar.
  • Die tak het amptelik begin met die uitvoering van die Adopt-a-Spot-program deur Furman-park se gras te sny, vullis te verwyder en die tuinbedding weer op standaard te kry.
  • Die tak het begin om die tennisbaanpark in Valhalla skoon te maak. Meer as 100 sakke vullis is verwyder, asook ’n paar vragte gras en onkruid. Die tuinspan het verder die beddings skoongemaak, gras gesny en gevaarlike takke verwyder. 
  • Die tak se tuinspan het ingespring om die onkruid en vullis op en rondom die sypaadjies in Willem Bothastraat (Eldoraigne/Wierdapark) te verwyder en die middelmanne skoon te maak.

Moreletapark

  • Die tak het die afgelope twee maande ’n projek aangepak om kommunikasie tussen die buurtwagte in die Welbekend-gebied te verbeter. Die nuwe stelsel stel die buurtwag in staat om ’n gebied van sowat 20 000 ha te dek met ’n omtrek van meer as 50 km.

Rayton-Cullinan

  • Die tak het Welkom in AfriForum Wêreld-borde in die gebied opgerig. Hierdie borde dien as bewusmaking van AfriForum se teenwoordigheid in die gebied en dat die organisasie besig is met projekte om die algehele netheid en veiligheid van die gemeenskap te verbeter. Drie borde is opgerig.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het bystand gelewer op ’n ongelukstoneel waar ’n motor agter in ’n vragmotor vasgery het

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het gereageer op ’n inbraak by De Foreststraat 55 waartydens ’n TV gesteel is. Vier verdagtes in ’n silwer/grys VW Polo was by die inbraak betrokke.
  • Die buurtwag het bystand gebied met sy vuurvegter by die Hoërskool Driehoek nadat ’n palmboom aan die brand geslaan het.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Barrageweg en Frikkie Meyerboulevard. Geen beserings is aangeteken nie.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Westinghouseboulevard en Barrageweg Geen beserings is aangeteken nie.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Barrageweg en die R57 (bekend as die kruising van die dood). Geen beserings is aangeteken nie.
  • Die buurtwag het ’n man wat langs Barrageweg met beserings gelê het te hulp gesnel en ER24 ontbied.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Barrageweg en Frikkie Meyerboulevard. ’n Helikopter het ses beseerdes afgevoer.
  • Die tak het in samewerking met Dave en Ulandi Fouché en ander kunstenaars ’n konsert vir die bejaardes van die Pioneer House gehou.
  • Die tak het in samewerking met die Vereeniging-tak ’n skoonmaakprojek by die konsentrasiekampbegraafplaas gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Herman Ecksteinstraat, Rossiniboulevard en William Nicolstraat gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Westinghouseboulevard langs die Coca Cola-fabriek gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek op die hoek van De Forest- en Heavisidestraat gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek vanaf die Vaal High School in Rossiniboulevard tot by William Nicolstraat gehou.
  • Die tak het gras gesny voor die Canvas Kliniek.

Heidelberg

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle wapenopleidingsdag gehou.
  • Die buurtwag het mediese bystand gelewer nadat ’n persoon tydens ’n plaasaanval in die bors geskiet is. Buurtwaglede het ook een van die verdagtes aangekeer.

Fochville

  • Die tak het twee opgeleide honde as ’n skenking van Gladiators Security Services ontvang.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n gholfbekendstellingsdag gehou.

OOS-RAND

Benoni

  • Die tak het 3 041 km gepatrolleer en ongeveer 430 ure op die pad spandeer.
  • Die tak het bystand gelewer op twee ongelukstonele.
  • Die tak het tien projekte deur die loop van die maand afgehandel. Hierdie projekte sluit die skoonmaak van parke in, asook die opvul van slaggate om sodoende ’n skoner gemeenskap teweeg te bring.

Germiston

  • Die buurtwag het 400 g dagga en gereedskap wat gebruik word om kabels te sny by plakkers in Homestead gekonfiskeer.
  • Die tak het ’n boom wat tydens ’n storm omgeval en die pad op die hoek van Lucystraat en Barbaraweg in Homestead versper het, opgesny en verwyder.
  • Die tak het twee mans en ’n vrou wat onwettig op privaat eiendom geplak het, verskuif met hulle toestemming.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om gevaarlike slote en randstene op te vul.
  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike brandweerdiens bome verwyder wat op kragkabels neergetuimel het as gevolg van swaar reën.
  • Die buurtwag het hulp verleen met die verwydering van bome wat op gemeenskapslede se huise geval het tydens erge storms.
  • Die buurtwag het hulp verleen om ’n vermiste persoon op te spoor.

Brakpan

  • Die tak het noodhulpopleiding by ’n laerskool in die gemeenskap aangebied.

Springs

  • Die buurtwag het opleiding in toneelhantering vir sy patrolleerders aangebied.
  • Die buurtwag het hulp verleen tydens twee huisbrake.
  • Die buurtwag het gereageer en bystand verleen tydens ’n gewapende sakeroof in Daggafontein.

MPUMALANGA

Nelspruit

  • Die buurtwag het gehelp om ’n arrestasie uit te voer ná inwoners se goedere in ‘n park gesteel is. Die goedere is teruggevind.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n verdagte voertuig te konfiskeer tydens die plaaslike munisipale verkiesing.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het meer as 700 kg spinasie aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal, asook in omliggende dorpe gelewer.
  • Die tak diens weekliks in samewerking met Skipgo Teksa 30 vullisdromme in die dorp.
  • Die tak het talle slaggate opgevul.

Belfast

  • Die tak het tien nuwe vullisdromme in die dorp aangebring.
  • Die tak het die nuwe vullisdromme weekliks gediens én die dorp skoongemaak.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se jeugvleuel het ’n modelkompetisie aangebied en ’n mark gehou.
  • Die buurtwag het gehelp om die eendedampark skoon te maak deur bome te saag wat omgeval het.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n pretdraf aan te bied deur die gebied aanhoudend te patrolleer.
  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.

Lydenburg

  • Die buurtwag se protospan het gehelp met die aanbied van ’n opleidingsdag vir die Steenkampsberg Boerevereniging om hulle paraatheid te verhoog.

Ermelo

  • Die tak het 150 kg groente aan verskeie organisasies in die dorp geskenk.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou tydens ’n kragonderbreking wat vier dae geduur het.

Middelburg

  • Die tak het gereorganiseer.
  • Die tak het meer as 300 kg groente aan die SAVF Tehuis vir bejaardes op die dorp geskenk.

LIMPOPO

Marble Hall

  • Die tak en die buurtwag het ’n totaal van 93 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die tak en die buurtwag was op ’n gereedheidsgrondslag tydens stakings van EFF-lede by die munisipaliteit.
  • Die tak en sy jeugvleuel het plaaslike graad 7-leerders sterkte toegewens vir die eksamens, terwyl hulle ook #AfriForumStaanSaam-skoleprojekte afgeskop het.

Potgietersrus

  • Die tak en die buurtwag het ’n bloedskenkprojek in die gemeenskap ondersteun.

Naboomspruit

  • Die tak en die buurtwag het aan die #OnsDorp-projek deelgeneem waartydens voetoorgange voor die laerskool nuut oorgeverf is.

Messina

  • Die tak en die buurtwag het die takke om die heining by die Goeierus-ouetehuis gesnoei.
  • Die tak en die buurtwag het gehelp om die veldbrand op die Venetia-pad te bestry.

Phalaborwa

  • Die tak het slaggate in De Kuiper- en Frederick van Wykstraat opgevul.
  • Die tak het teer aan die A-team – wat slaggate in Phalaborwa volhoubaar opvul – geskenk.
  • Die tak en die buurtwag het die SAPD gehelp met ’n soektog na verdagte persone.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die tak het saam met ander instansies, ondernemings en individue gewerk om die dorp op te ruim.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery én bystand verleen met die arrestasie van twee verdagtes.
  • Die tak het instandhouding aan die pyp wat riool uit die rivier moet hou, deurgaans gemoniteer.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het slaggate opgevul en 75 sakke teer daarvoor gebruik.
  • Die tak het ’n loopraam en ’n loopstoel, asook twee watertenks en water aan ouetehuise op die dorp geskenk.
  • Die tak het 21 ha gras gesny.
  • Die tak het ekstra kos vir die Môredou-ouetehuis ingesamel.
  • Die tak het gehelp om ontwortelde bome te verwyder, boomtakke in groenstroke te snoei en die takke te verwyder.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het verskeie suksesse behaal, insluitend die opsporing van gesteelde lewensreddingtoerusting, die opsporing van ’n vermiste persoon, die verlening van bystand en verskaffing van inligting aan die SAPD ná ’n gewapende roof by Nedbank, die instandhouding van die begraafplaas, asook die arrestasie van ’n verdagte wat met gesteelde goedere in sy besit betrap is.

Kroonstad

  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers ’n groot skoonmaakprojek aangepak én ’n eiland aangeneem as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.
  • Die tak het sowel ’n watertenk as bemesting, saad en potgrond aan die Edelkroon-ouetehuis geskenk om hulle groentetuinprojek van die grond af te kry.
  • Die tak het sandputte en ’n neutboom aan die Presidensia-jeugsorgsentrum geskenk.

Steynsrus

  • Die buurtwag het ’n MVV met die plaaslike distriksboere-unie onderteken en R10 000 aan sy kameraprojek geskenk wat ’n groot voordeel vir AfriForum-lede gaan inhou met betrekking tot die bekamping van misdaad.

Welkom

  • Die tak het 130 bome aan skole en ouetehuise op die dorp geskenk.
  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers ’n skikking met die munisipaliteit bereik in verband met grond-en-erfbelastingtariewe.

Frankfort

  • Die tak het met sowel die plaaslike as provinsiale regering vergader rakende die stand van die plaaslike vullisterrein.

Harrismith

  • Die buurtwag het die SAPD en padverkeersbeamptes bygestaan en lugsteun aan hulle gebied tydens die sluiting van paaie nadat ’n helikopter in die pad moes land om ’n pasiënt hospitaal toe te vervoer.

ROSESTAD

Algemeen

  • Die tak het ’n kosinsamelingsprojek gehou as deel van Radio Rosestad se Kersprojek.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum Jeug ’n omgeeprojek by die Bloemfontein Kinderhuis gehou.
  • Die tak het twee volhoubare skoonmaakprojekte geloods – een by die Pres. Brand-begraafplaas en een by die Brits-monument by die Ou Presidensie.

Wilgehof  

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

Pellissier

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het die AfriForum-parkie skoongemaak.

Fichardtpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

Hospitaalpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

Uitsig

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

Langenhovenpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope ’n volhoubare skoonmaakprojek by twee speelparke van stapel gestuur.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gery.

Potchefstroom

  • Die tak het ’n bemarkingstalletjie by die Lekwena-mark beman.
  • Die tak het 38 m² se slaggate met 147 sakkies teer opgevul.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery en in totaal is 205 patrollies deur die loop van die maand deur 193 aktiewe patrolleerders gery. Altesaam 7 198 km is in 698 ure afgelê.
  • Die buurtwag het ’n hommeltuig aangekoop.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld en opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit opgeneem.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om probleme in die dorp op te los.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery en die SAPD se maandvergadering bygewoon.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery.

MARICO

Algemeen

  • Lede verbonde aan die AfriForum-buurtwagte in Rustenburg, Mooinooi en Brits het basiese brandbestrydingsopleiding ontvang. Twaalf buurtwaglede het die opleiding – wat deur Forum Sekuriteit aangebied is – bygewoon.

Rustenburg

  • Die tak se skoonmaakspan het parke en sypaadjies drie keer per week opgeknap deur gras te sny en rommel op te tel.

Mooinooi

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is.

Brits

  • Die buurtwag is tydens AfriForum se jaarlikse veiligheidstoekennings as buurtwag van die jaar vir die sentraalstreek aangewys, terwyl Thys van Heerden die toekenning ontvang het as buurtwagleier van die jaar vir die sentraalstreek.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het talle patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Vryheid

  • Die tak se gemeenskapsentrum is na ’n nuwe gebou verskuif.

Paulpietersburg

  • Die tak het talle proaktiewe patrollies gery om hul gemeenskap veilig te hou.
  • Die tak het die dorpsembleem herstel wat tydens ’n ongeluk beskadig is.

Pongola

  • Die tak het talle patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het met herstelwerk aan die vliegveld begin nadat die munisipaliteit sy pligte versuim het.
  • Die tak het met ’n advokaat vergader oor die onwettige ontwikkeling van ’n sportsentrum.

Hluhluwe

  • Die tak het tot ’n veiliger omgewing bygedra danksy verskeie veiligheidsprojekte.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het skrywes aan al sy Karoo-takke se onderskeie munisipaliteite gerig om die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) se datums te bekom. Terugvoer is van sewe munisipaliteite ontvang.

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gemiddeld 6 ton vullis deur die loop van die maand verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om vullis in die stad te verwyder.

Prieska

  • Geen

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Warrenton

  • Geen

Kamiesberg

  • Die tak het gehelp om ’n traumakamer – waar slagoffers van geweldmisdaad in ’n skoon en veilige omgewing gekonsulteer kan word – in Kamieskroon op die been te bring. Dié tak het ruim tot hierdie projek bygedra en die takvoorsitter het self moue opgerol en gehelp met die houtwerk en installering van die deure en houtstrukture in die kamer.
  • Die tak het deurlopend Kamieskroon se strate skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande in en om Kathu en Kuruman, terwyl taklede ook kos en water aan die brandbestryders verskaf het.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het ’n persoon aangestel wat daagliks die badkamers by die waterwiel skoonmaak.
  • Die tak het een keer per week gras gesny, bome gesnoei en skoongemaak sodat die gemeenskap weer die plaaslike park kan gebruik.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing van Kuruman, Kathu en Vryburg.
  • Die tak het kos en water gekoop vir diegene wat gehelp het met die bestryding van die brande.

Springbok

  • Die tak het die park en verskeie strate skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Upington

  • Die tak het 1 100 brode aan behoeftiges en sopkombuise geskenk.
  • Die tak het deurlopend aandag aan rioolstorting in die dorp geskenk en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het deurlopend aandag aan die paaie en gebarste varswaterpype geskenk en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 2,3 ton kos aan die Oranjehof-ouetehuis en die Jogebed-kinderhuis geskenk.
  • Die tak het ’n nuwe karatepak aan ’n tiener in die Jogebed-kinderhuis geskenk.

Williston

  • Geen

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Geen

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend toegesien dat die dorp skoon bly deur vullis te verwyder.

Cradock

  • Geen

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Geen

Kamdeboo

  • Geen

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek deur die konsentrasiekampherdenkingsterrein skoon te maak en op te knap. Taklede het die terrein oorspronklik in 2020 tydens sy #VegEnBou-week oorgedoen en verfraai.

Uitenhage

  • Geen

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kaapstad-Noord

  • District Basset en wetstoepassers ’n misdadiger in Suikerbosstraat in Blomtuin, Bellville in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.

Weskus

  • Die nuutgestigte Weskus-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nuwe patrollietoerusting ontvang.
  • Die tak het 40 kusvaalbosse (Brachylaena discolor) by Langebaan Animal Care geplant.

Malmesbury

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die takbestuur gereorganiseer is.

Stellenbosch

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Worcester

George

  • Die Geelhoutboom- en Outeniqua-plaaswag en die Dormehlsdrift-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het nóg twee veiligheidstrukture ryker geword ná volgehoue harde werk in dié verband. Die Herold-plaaswag, wat die Zebra- en Waboomskraal-gebied aan die westekant van George insluit, is gestig en het ook toerusting ontvang. Die ander nuwe struktuur is die Hoekwil-plaaswag, wat die landelike gebied oos van George insluit.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kaap Agulhas

  • Die tak het ’n dringende skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin meer inligting versoek word rakende die huidige veselkabelprojek. Daar word gevrees dat die kontrakteur nie werk verrig wat volgens spesifikasie gedoen moet word nie en dit hou verreikende gevolge vir die toekoms in. Sodra terugvoer ontvang word sal die tak op verdere aksie besluit.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.         
  • Die tak het ’n rusbank by Die Punt in Mosselbaai aangebring as deel van sy #OnsDorp-projek.’n Tweede rusbank gaan ook binnekort aangebring word.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings