AFRIFORUM TAKSUKSESSE: September 2021

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery en bystand verleen met twee arrestasies.
  • Die buurtwag was betrokke by die bestryding van talle brande.
  • Die tak het die Departement van Water en Sanitasie (DWS) gekontak rakende riool wat in die Valsrivier vloei, terwyl taklede ook knelpunte met betrekking tot hierdie kwessie aan die departement uitgewys het. Die situasie word derhalwe fyn gemoniteer.
  • Die tak het 30 bome aan drie laerskole in en om die dorp geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die tak het ’n samewerkingsooreenkoms met die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit onderteken rakende die water- en rioolkrisis in die dorp.
  • Die tak het sy bestuur gereorganiseer ná die afsterwe van Pieter Struwig, die vorige takvoorsitter.   
  • Die buurtwag het tien patrollies gehou én gehelp met die bestryding van talle brande.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem, asook gehelp met die bestryding van talle veldbrande.
  • Die buurtwag het ’n klagte by die munisipaliteit aanhangig gemaak rakende ’n vervalle huis waar talle ongerymdhede plaasgevind het. Buurtwaglede het onder andere ’n meisie bygestaan ná ’n verkragtingspoging by dié huis. Die tak het ook ’n petisie opgestel oor hierdie huis.
  • Die tak het 23 slaggate met 21 sakke teer opgevul.
  • Die tak het bome aan skole in die dorp én aan die plaaslike Voortrekkers geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Nieuweveldstraat gehou.

ROSESTAD

Wilgehof

  • Die buurtwag het hulp aan die SAPD Bainsvlei verleen ná ’n tref-en-trap-ongeluk op die N8 naby Makro. Hoewel die bestuurder van die voertuig weggejaag het – vermoedelik onder die invloed van alkohol – is hy uiteindelik in Makro se parkeerterrein opgemerk en gearresteer.
  • Die tak het in samewerking met graad 9-leerders van die Hoërskool Jim Fouché ’n skoonmaakprojek by die treinspoor in Alwynlaan gehou. AfriForum Jeug het ook daaraan deelgeneem.
  • Die buurtwag het hulp aan die SAPD verleen met die arrestasie van ’n verdagte wat vir aanranding gesoek is. Nadat die verdagte by Gardenia Spar opgemerk is, het die buurtwag en die SAPD spoedig gereageer.  
  • Die tak het kontrakteurs aangestel wat ’n skoonmaakprojek in die veld tussen Alwyn- en Jasmynlaan behartig het.

Fichardtpark

  • Die tak se kontrakteurs het 48 ton vullis uit die buurt verwyder.
  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek in Fichardtpark (Blok A) gehou.
  • ’n Minderjarige seun van Athalia Huis is as vermis aangemeld, waarna die buurtwag hom in samewerking met Sektor 4 en Sektor 5 opgespoor en met sy familie herenig het.

Hospitaalpark

  • ’n Minderjarige seun van Athalia Huis is as vermis aangemeld, waarna die buurtwag hom in samewerking met Sektor 4 en Sektor 5 opgespoor en met sy familie herenig het.

Langenhovenpark

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek in John van der Riet- Jan Marxstraat gehou.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope ’n volhoubare skoonmaakprojek by die parkie in Lucas Steynweg (Heuwelsig) en Flockemanstraat (Hillsboro) gehou.
  • Die buurtwag het VR Sekuriteit bygestaan met die arrestasie van ’n verdagte wat met ’n huisbraak verbind word.

Pellissier

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek by die AfriForum-parkie gehou.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die tak het die Jordaanrivier gerehabiliteer.
  • Buurtwaglede het as beamptes opgetree en alle veiligheidsaspekte hanteer tydens die Bethlehem-kleurwedloop.

Kroonstad

Frankfort

  • Die tak het saam met die Riversdal-boerevereniging gewerk om ’n verskil in padgebruikers se lewens te maak danksy ’n skenking teer.

Steynsrus

  • Die tak het ’n verskil in die gemeenskap gemaak danksy die suksesvolle voltooiing van talle gemeenskapsprojekte, waaronder die stigting van ’n buurtwag en die oprigting van ’n noodwaterpunt by die N.G. Kerk Steynsrus.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare instandhoudingsprojek by die konsentrasiekampkerkhof.
  • Die tak het besoek aan die rioolwerke gebring om inspeksie te doen oor werk wat daar verrig is.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van talle veldbrande.
  • Die buurtwagte in Songloed en Ellaton het die dorp se SSK saam met die SAPD gepatrolleer.

Potchefstroom

  • Die tak het drie naweke lank #VegEnBou-projekte in en om die dorp aangepak.
  • Die tak se sportportefeulje het ’n pretstap, pretdraf en pretfietsren by die Lekwena Wildlife Estate aangebied.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou; 46 lede het in 33 voertuie daaraan deelgeneem en 1 481 km in vier ure afgelê. Geen insidente is aangemeld nie.
  • Die NWU se jeugtak het spoedhobbels en verkeerstrepe rondom Die Bult geverf om die gebied vir sowel voetgangers as motoriste te beveilig.
  • Die tak het die verkeersirkel en verkeerskruising in Klinkenbergstraat geverf en die nabygeleë park skoongemaak.
  • Die tak het twee stoptekens en ’n toegeeteken vervang, asook 108 m² se slaggate met 410 sakkies teer opgevul.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 197 aktiewe patrolleerders het 232 patrollies deur die loop van die maand gehou. Altesaam 4 540 km is in 706 ure afgelê.
  • Die buurtwag het hulp verleen met die bestryding van talle veldbrande.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het die SAPD op talle misdaadtonele bygestaan, waaronder voertuigdiefstal, onluste en die bestryding van brande.

Wolmaransstad

  • Die tak het die Maquassi Hills Plaaslike Munisipaliteit aangespreek oor die haglike toestand van die dorp se vullisterrein en versoek dat dit reggeruk word.
  • Die tak het ’n vrugteboom by die Gereformeerde Skool in die dorp geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

MARICO

Brits

  • Die tak het aan Projek Hoop, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak, deelgeneem. Dié projek behels onder meer die opknapping van die Laerskool Geluk en om ’n gemeenskapsentrum op dié perseel te vestig. As deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek is tien vrugtebome ook op hierdie perseel geplant.

Rustenburg

  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur wat behels dat strate in verskeie woonbuurte in Rustenburg drie keer per week skoongemaak word. Dit sluit hoofsaaklik die sny van gras en die optel van rommel in.

Lichtenburg

  • Die tak het ’n groot teerprojek in Eerstestraat voltooi. ’n Padoppervlak van ongeveer 350 m² is met 30 ton teer herstel. Dié projek vorm deel van die tak se volhoubare teerprojek wat vanjaar van stapel gestuur is om teen munisipale verval te veg. Daar is vanjaar met die hulp van ondernemings en gemeenskapslede reeds meer as 100 ton teer gebruik om die dorp se paaie te herstel.

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike polisie 30 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.

Delareyville

  • Die tak se werkspan het meer as 14 swartsakke vullis in die dorp se strate opgetel.
  • Die tak het die plaaslike twee begraafplase skoongemaak.

Vryburg

  • Die buurtwag het 30 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het tien sonkragstraatligte voor die ouetehuis geïnstalleer as deel van sy sonkragstraatligprojek.
  • Die tak het ’n privaat funksie vir sy lede en sakelui saam met Kallie Kriel gehou.
  • Die buurtwag het ’n simulasie vir AfriForum-hoofkantoor gehou as deel van die plaaslike tak se #VegEnBou-maand.
  • Die tak het die konsentrasiekamp skoongemaak en gedeeltes daarvan nuut oorgeverf as deel van sy #VegEnBou-maand.
  • Die tak het die Voortrekkermonument buite die dorp skoongemaak én ’n nuwe hek geïnstalleer as deel van sy #VegEnBou-maand.
  • Die tak het ’n sportdag aangebied in samewerking met AfriForum Sport.

Christiana

  • Die tak se jeugvleuel het bome by die plaaslike hoërskool geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Hertzogville

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

Schweizer-Reneke

  • Die tak het ’n volhoubare groentetuinprojek by die plaaslike hoërskool van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het in samewerking met CB Sekuriteit en die plaaslike polisie altesaam 30 patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader.

Bloemhof

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die dorp se begraafplaas skoongemaak.  
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van talle brande tussen Bloemhof en Christiana.

Ottosdal

  • Die tak se skoonmaakspan het meer as 14 swartsakke vullis in die dorp se hoofstraat opgetel. Dit vorm deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die buurtwag het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vullis in verskillende gebiede in die dorp opgetel.
  • Die tak het verskeie waterlekkasies aan die munisipaliteit uitgewys.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor die ontwikkeling van ’n sportstadion.

Paulpietersburg

  • Die buurtwag het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Margate

  • Die tak het beplanning gedoen rondom gemeenskapsveiligheid.
  • Die tak was betrokke by voedselnoodverligting.
  • Die tak het gehelp met die opknapping van ’n plaaslike kleuterskool.

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n boom by die plaaslike polisiestasie geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.
  • Die tak het beplanning gedoen rondom gemeenskapsveiligheid.

Vryheid

  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vergader om ’n moontlike hofgeding teen die munisipaliteit te bespreek.
  • Die tak het bome by die plaaslike boeresakekamer geplant.

Newcastle

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het veiligheidstoerusting aangeskaf om sy buurtwaglede te bemagtig.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die plaaslike AfriForum Jeug-tak en ander rolspelers het die Paardebergmonument skoongemaak en sodoende gehelp met erfenisbewaring in hulle gemeenskap.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het gehelp met brandbestryding.
  • Die tak het deurlopend openbare gebiede in die gemeenskap skoongemaak.
  • Die tak het danksy volgehoue druk toegesien dat die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit deurlopend skoonmaakprojekte uitvoer.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Warrenton

  • Die tak het in gesprek met die Magareng Plaaslike Munisipaliteit getree om die rioolkwessie in die dorp aan te pak.

Kamiesberg

  • Die tak het deurlopend die dorp se strate skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande in en om Kathu en Kuruman.
  • Die tak het water en kos aangekoop vir diegene wat gehelp het met die bestryding van brande.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het ’n persoon betaal om daagliks die badkamers by die waterwiel skoon te maak.
  • Die tak het voedsel aan drie hulpbehoewende gesinne in die dorp geskenk.
  • Die tak het die park onder hande geneem en die gras gesny, bome gesnoei en skoongemaak sodat die gemeenskap dit weer kan gebruik.
  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoon en netjies gemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het tien witkareebome by die plaaslike skool geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande in en om Kuruman en Kathu.
  • Die tak het kos en water aangekoop vir diegene wat gehelp het met die bestryding van brande.
  • Die tak het handreiniger aan ’n kleuterskool geskenk.

Springbok

  • Die tak het die park en hoofstraat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.

Upington

  • Die tak het 2 100 brode aan behoeftige mense en sopkombuise geskenk.
  • Die tak het voedsel aan twee hulpbehoewende gesinne geskenk.
  • Die tak het ’n woonbuurt skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend aandag aan die rioolkwessie in die dorp geskenk en klagtes daaroor by die munisipaliteit aanhangig gemaak.
  • Die tak het deurlopend aandag aan die dorp se paaie en gebarste varswaterpype geskenk en klagtes by die munisipaliteit aanhangig gemaak.
  • Die tak het vier witkareebome voor die polisiestasie geplant en nege ou, droë bome uitgehaal.
  • Die tak het die polisiestasie se tuine mooi gemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het ’n strafregtelike saak teen die munisipale bestuurder by die polisie aanhangig gemaak oor die rioolkwessie in die dorp.
  • Die tak het die saak oor grondonteiening bygewoon.
  • Die tak het die middelman voor Volvo en Young Engineering skoongemaak.
  • Die tak het ’n gestremde skool help beveilig deur lemmetjiesdraad by die ingang daarvan op te rig.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het deurlopend druk op die munisipaliteit geplaas om rioolkwessies aan te pak.

Cradock

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en vyf bome aan die Laerskool Cradock geskenk.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vyf Kaapse essenhoutbome aan die Laerskool Verkenner geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.  

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het hulp aan ’n gesin verleen wie se huis afgebrand het deur verskeie bederfbare en niebederfbare goedere aan hulle te skenk.

Kaapstad-Noord

  • Die tak het in samewerking met Jesus in Aksie (JiA) 20 vrugtebome by die Brackenfell-polisiestasie geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Kraaifontein

  • Die tak het bome aan verskeie skole in Kraaifontein geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die tak het bome by die Laerskool Simonsberg gesnoei en meer as tien bakkievragte takke weggery.

Langebaan

  • Die Weskus-buurtwag – wat deel vorm van die organisasie se Weskus-tak – het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Weskus-buurtwag het ’n padblokkade in samewerking met die plaaslike polisiestasie en ander veiligheidsrolspelers in die omgewing opgestel.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die Groot Trek-monument skoongemaak en ’n nuwe tuin by die monument aangeplant.
  • Die tak het ’n vergadering gehou waartydens die takbestuur gereorganiseer is.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Stanford Garden Club 16 bome in Stanford geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Stellenbosch

  • Buurtwaglede het ’n buurtwagbestuur vir die nuutgestigte Stellenbosch-buurtwag verkies.

Vredendal

  • Die plaaswagte in Holrivier, Koekenaap, Vredendal, Spruitdrif, Lutzville, Kleinrivier, Nuwerus en Trawal, asook die buurtwagte in Lutzville en Vredendal het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vyf witstinkhoutbome by die Langerugskool geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. 

George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het tien bome aangeskaf wat aan die Voortrekkerbeweging op die dorp oorhandig is. Dit is op 14 Oktober aangeplant en sal deur die Voortrekkers versorg word. 

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kaap Agulhas

  • Die tak het 20 kusvaalbosbome aangeskaf, waarvan vyf op die terrein waar die nuwe vaardigheidskool binnekort open, geplant is. Talle bome is ook by verskeie skole in die omgewing, asook by albei ingange na Bredasdorp geplant.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit bome in die parkie in Heiderand geplant. Verskeie skole het ook by boomskenkings gebaat om hul onderskeie terreine te verfraai.         

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak was betrokke by ’n gholfdag wat die Hoërskool Robertson aangebied het; die tak het die 18de putjie geborg.

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Geen

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die tak het bome aan verskeie skole geskenk en gehelp om dit te plant.

Vanderbijlpark

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek in die dorp.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare padherstelprojek waartydens teer gebruik is om slaggate op te vul.

Heidelberg

  • Die tak het bome aan die dorp se Voortrekkers geskenk.

Vereeniging

  • Die tak het 13 bome aan die FAK geskenk wat by Vegkop geplant is.

Randfontein

  • Die tak het versigtig te werk gegaan om bome rondom kragdrade te snoei.

OOS-RAND

Springs 

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens:
  • ’n brand;
  • ’n gewapende rooftog;
  • twee motorongelukke; en
  • ’n klagte van huishoudelike geweld.
  • 38 buurtwaglede het 3 166 km in 378 manure afgelê.

Kempton Park

  • Die buurtwag en sy protospan het in samewerking met die SAPD aan ’n veiligheidsoperasie deelgeneem.
  • Die takvoorsitter en die portefeuljevoorsitter van die tak se plaaslikeregeringsake-afdeling het ’n slaggat in Palmlaan in die dorp opgevul tydens ’n demonstrasie van nuwe tegnologie om slaggate op te vul.
  • Die buurtwag het ’n groot deurbraak gemaak nadat informasie ontvang is dat diesel onwettig in Birchleigh gepomp word. Die buurtwag het dit aan die Ekurhuleni-metropolisie gerapporteer, waarna die metropolisie die takvoorsitter geskakel en ingelig het dat ongeveer 3 500 liter diesel agter in ’n erf gevind is tesame met twee voertuie wat heen en weer ry terwyl hulle besig is om diesel onwettig te smokkel. Die eienaar van een van die voertuie is werksaam by die hof in Germiston. Transnet en die Valke is gevolglik van die saak in kennis gestel en het die toneel oorgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het Erfenisdag saam met Adam Tas, die takbestuur, verskeie gemeenskapslede en AfriForum-lede gevier.

Alberton

  • Die tak het weer eens verskeie suksesse behaal, waaronder die verlening van hulp aan motoriste wie se voertuie onklaar geraak het.
  • Die tak het verskeie inwoners ingelig dat hulle hekke oopstaan.
  • Die tak het bystand aan die SAPD en sekuriteitsmaatskappye gelewer met die arrestasie van diewe wat sekuriteitsensors en kabels vasgelê het.
  • Die tak het ondersteuning gebied deur ’n vragmotor te bewaak wat sy vrag bier verloor het. Hierdie Facebook-plasing het 31 000 mense bereik.
  • Die tak het ’n kantoor begin huur, asook 20 koeëlvaste baadjies en 25 radio’s aangekoop wat reeds onder die patrolleerders uitgedeel is.
  • Die tak het altesaam 16 500 km gepatrolleer en sowat 996 ure op die pad spandeer.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die buurtwag het ’n oefening van stapel gestuur om buurtwaglede se optrede en reaksievermoëns te toets.
  • Die tak het spekbome aan die Hoërskool Rob Ferreira geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die buurtwag het bystand gebied met die bestryding van verskeie brande in die omgewing.

Nelspruit

  • Die tak het bystand aan We Care 4 Nelspruit gebied en ’n aantal projekte help befonds.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het in samewerking met Nkomazi Security Solutions twee nuwe kameras geïnstalleer.

Malelane

  • Die buurtwag het in samewerking met Nkomazi Security Solutions twee nuwe kameras geïnstalleer.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het sy eerste oes spinasie opgelewer, waarna dit aan die sopkombuis in die dorp geskenk is.
  • Die tak en Why wait skip it het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het twee stoptekens vervang wat deur kinders gebreek is.
  • Die tak het daartoe bygedra om waterverwarmers aan ’n tehuis in Morgenzon te skenk.

Dullstroom

  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van verskeie brande in die omgewing.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.

Belfast

  • Die tak het gereorganiseer en ’n nuwe bestuur verkies.

Piet Retief

  • Die tak het bome aan inwoners van die plaaslike ouetehuis geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die tak se jeugportefeulje het ’n projek van stapel gestuur wat die herstel van ’n wit kruis wat langs die N2-snelweg buite die dorp geleë is, behels.

Standerton

  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) 

  • Die tak het bome aan 13 skole in die omgewing geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Lydenburg 

  • Die tak het hand bygesit tydens twee skoonmaakprojekte wat in die dorp gehou is.
  • Die tak het die gebied rondom die duikweg skoongemaak sodat dit netjies bly.

LIMPOPO

Phalaborwa

  • Die tak het teer aangekoop sodat ’n pad reggemaak kan word.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het in samewerking met die organisasie se Phalaborwa-buurtwag verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.

Soortgelyke plasings