AfriForum Uitsig-buurtwag red bejaarde man uit brandende huis


AfriForum se buurtwag in Uitsig het die afgelope Saterdagaand ʼn bejaarde man uit sy brandende huis in Bermudasingel gered.AfriForum se beheerkamer in Bloemfontein het hul noodreaksiespan gemobiliseer en die owerhede in kennis gestel ná inligting aangaande die brand ontvang is.
Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, sê dat die Uitsig-buurtwaglede met hul aankoms op die toneel die bejaarde man bewusteloos in een van die huis se vertrekke sien lê het.

“Ons is ook dankbaar vir die vinnige reaksie van al die betrokke nooddienste en die brandweer,” sê Gert Jacobs, voorsitter van AfriForum se Uitsig-buurtwag.

Soortgelyke plasings